Foto’s: PTA-botsing eis man se lewe

netcare 911 ongeluk brooklyn 3

‘n Man is dood en een is beseer nadat twee voertuie Vrydag in Brooklyn gebots het. Foto’s: Netcare 911

ʼn Man is dood en nog ‘n man is in ʼn kritieke toestand nadat twee motors Vrydagoggend reg van voor in Brooklyn, Pretoria, gebots het.

Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het gesê die ongeluk het in Charlesstraat, naby Brooklynweg plaasgevind.

“Een van die mans was reeds dood toe paramedici op die toneel opgedaag het. Die ander man is kritiek beseer en moes met ʼn helikopter na ʼn nabygeleë hospitaal geneem word vir verdere behandeling,” het Steinmann gesê.netcare 911 ongeluk brooklyn 2

Die polisie ondersoek die oorsaak van die ongeluk.

netcare 911 brooklyn ongeluk

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.