[Foto’s] Pta-gebou Sondagoggend ingeplof

Die HG de Witt-gebou wat Sondag, 2 Oktober 2016, in Nana Sitastraat (voorheen Skinnerstraat) in Pretoria se middestad deur Jet Demolition ingeplof is Foto: ANA (Jonisayi Maromo)

Die HG de Witt-gebou wat Sondag, 2 Oktober 2016, in Nana Sitastraat (voorheen Skinnerstraat) in Pretoria se middestad deur Jet Demolition ingeplof is Foto: ANA (Jonisayi Maromo)

Toeskouers het Sondagoggend gejuig toe een van Pretoria se talle vervalle geboue ingeplof is en binne ʼn paar sekondes in stof en puin gelê het.

Die 15 verdieping hoë HG de Witt-gebou in Nana Sitastraat (voorheen Skinnerstraat), wat aan die regering behoort, is ingeplof as deel van die departement van openbare werke se strategie om ontslae te raak van ou en onveilige strukture, wat die einde van hul leeftyd bereik het.

Joe Brinkmann, besturende direkteur van Jet Demolition wat die inploffing hanteer het, het gesê die risiko van skade vir aangrensende geboue en mense was minimaal. “Die grootste gevaar in só operasie is mense. Ons doen alles in ons vermoë om mense te beskerm. Ons het ʼn blok tot ʼn blok en ʼn half rondom die gebou ontruim om seker te maak niemand is in gevaar nie,” het Brinkmann bygevoeg.

Hy het gesê die inploffing was baie suksesvol. Ingenieurs moes seker maak die gebou plof in om seker te maak skade aan omliggende geboue en strate is minimaal.

“Nou moet ons net skoonmaak, sodat die strate weer oopgemaak kan word. Van die puin het op die sypaadjie geval en ons moet dit opruim. Van volgende week af sal ons die groot puinstukke begin opbreek. Ons sal dit wegneem sodat dit weer gebruik kan word. Die beton sal weer gebruik word en die staal sal gesmelt word,” het hy bygevoeg.

Talle voertuie van die Tshwane-nooddienste en polisiebeamptes het by die versperrings gereed gestaan toe die hoë gebou met ʼn harde slag ingeplof het.

Die HG de Witt-gebou is in 1984 deur die departement van openbare werke aangekoop en gebruik as enkelkwartiere vir lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Ilze ·

Sou dit graag vroeer wou geweet het. Dis n belewenis om so iets te sien

Dirk ·

Het meer as ñ jaar daar gebly in vroë 90s. Wens ek kon sien. Moet sê, was al vrot gebou gewees in daai daë. Eendag vir 5 ure in hysbak vasgesit.

nicolene ·

Hoop daai bouval van Schubart Park en Kruger Park volg gou ….. Dis die seerste seer oog van die mooiste bekostigbare wooneenhede wat weens wanbestuur en korrupsie in ñ gevaarlike rommel struktuur verander is. Daai grond kan baie beter benut word….wel dis nou as die Plaaslike Regering die geld erenste vandaan kan kry…..EISH!!!!

Marietjie Miles ·

Self ook nou aan Schubart Park en Kruger Park gedink. Hulle lyk ook nie te goed op die oog nou nie. Ken mense wat daar gebly het, was n groot en gerieflike woonstel gewees, jammer dit het so verval. Hulle het getrek omdat dit ondraaglik daar begin word het.

Johan ·

Stem heeltemal saam met Nicolene. Dit was pragtige geboue voor 1994 wat totaal verwoes is in die nuwe Suid- Afrika.

Attie ·

As die gebou onderhou was sou dit nie nodig gewees het nie. Was SAP kaserne in die goeie ou dae. Arme Genl de Wit, wonder wat sou hy sê.

Max ·

Dit is presies hoe hulle Genl. de Witt se SAP in geplof het !

Johanna Botha ·

Die hele scummyside kan maar ook gesloop word …geen onderhoud aan woonstelblokke word gedoen nie …gebreekte vensters en seker laas in 1983 geverf met rommel wat oral verwaai is ….wat n gemors ! Sloop en verkoop !

Geskiedenis ·

Waar oor was die gebou gebruik voor 1984? Enigiemand hier Wat al in daardie gebou gewoon het?

t ·

Dit was ‘n hotel vroeër. Ek en my vrou het ons eerste aand van heuningmaand daar deurgebring voor ons vertrek het. Dit was in ’85.

J ·

Dis baie interessant. So het elke vervalle gebou in die land n storie.

franje van spanje ·

Generaal HG de Witt ( Oom Hennie) was my grootoom. Ek voel trots om die berig vir my kinders te wys. Die vakansie-oord, Weesgerus, is ook na hom vernoem. Ek eer die Polisiegenerasie waarvan Oom Hennie, my oupa, oom, ma en pa lede was.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.