Skade wat deur betogers by die Hervormde Kerk Wesmoot in Pretoria aangerig [11 April 2019]. (Foto: Verskaf)
Die gemeente se ds. Rudi Botha het aan Maroela Media gesê hoewel dit tans onmoontlik is om ʼn presiese beraming van die skade te gee, is dit “duisende en duisende rande”. Betogers het die palissade om die kerk oopgebreek om die perseel binne te kom.
“Ons is nog besig met die versekering, maar dit is groot skade wat aangerig is,” het Botha gesê.
Volgens Botha het betogers die kerkgebou aan die brand probeer steek, maar lede van die plaaslike sektorpolisie kon daarin slaag om die vlamme te blus nog voor ʼn brand regtig kon begin. Betogers het wel klippe deur die vensters gegooi, die binnekant van die kerk beskadig en die kerk se klanktoerusting gesteel.

Skade wat deur betogers by die Hervormde Kerk Wesmoot in Pretoria aangerig [11 April 2019]. (Foto: Verskaf)
“Dit is regtig chaos. Oral is daar klippe wat in die kerk rondlê soos dit deur die vensters geslinger is.”
Botha sê wetstoepassingsbeamptes is steeds op die toneel en die geklap van rubberkoeëls kan gehoor word soos beamptes probeer om betogers weg van die kerk af te hou. “Die kerkraad is hier en ʼn DA-raadslid is ook teenwoordig. Ons probeer nou ʼn plan maak om die palissade te herstel sodat ons die kerk ten minste vir die nag kan beveilig en sorg dat hier toesig is.”
Charles Mabaso, waarnemende hoof van die Tshwane-nooddienste, het die plundering van die kerk aan Maroela Media bevestig, maar gesê niemand is in die voorval beseer nie.
Volgens Mabaso is twee mense in verband met die voorval in hegtenis geneem. Botha het egter gesê hy verneem vier verdagtes is op heter daad in die kerk betrap en deur die polisie aangekeer.
Maroela Media het vroeër berig verkeer het vanoggend op verskeie plekke in die noorde en weste van Pretoria opgehoop nadat betogers in verskillende gebiede opgeruk en paaie versper het. Gebiede soos Soshanguve, Mabopane, Hammanskraal en veral Van der Hoffweg en Bremerstraat voor die Daspoorttonnel in die Pretoria Tuine-gebied is deur die betogings geraak.
Sr.supt. Isaac Mahamba, woordvoerder van die Tshwane-metropolisie, het aan Maroela Media gesê inwoners betoog oor ʼn gebrek aan dienslewering.
Botha sê hy meen die plundering van die kerk is bloot ʼn voortsetting van dié betogings. Die kerk het deurgeloop omdat dit ʼn “sagte teiken” is.
Hy sê hoewel die situasie by die kerk nog steeds nie opgeklaar is nie, meen hy die kerk sal wel sy dienste normaalweg voortsit. “’n Ou is maar emosioneel in so ʼn situasie en ek dink mens moet maar net eers kalmeer en tot verhaal kom, maar ek glo ons sal aangaan [met ons dienste]. Dit is volgende week ook Paasfees, so ons sal seker maak dat ons dienste voortgaan.”
- Skade wat deur betogers by die Hervormde Kerk Wesmoot in Pretoria aangerig [11 April 2019]. (Foto: Verskaf)

- Die toneel naby die Hervormde Kerk Wesmoot in Pretoria [11 April 2019]. (Foto: Verskaf)
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
100 Kommentare
EN dan moet n mens respek he vir mense wat so aangaan ? Hy respekteer my dan nie of my eiendom nie . Ek wonder wat se Me Sisulu van haar wtsgehoorsame landsburgers ?
Laat ek eerder nie se wat ek graag wil nie. Hulle lot is geteken.
Is nothing sacred? Work of the anti-Christ.
Wonder nog altyd oor die “so help me God” wat geprewel word wanneer hulle ‘n eed afle of dit enigsins vir hulle iets beteken? …en wat doen die kerk? Daar word weer na hulle uitgereik,gepamperlang en omvergifnis oor apartheid gesmeek en predikante versoek ledemate om uit te reik na hulle!
Geen respek eers vir n plek van aanbidding nie.