Foto’s: Pta-kerk loop onder betogers deur

Skade wat deur betogers by die Hervormde Kerk Wesmoot in Pretoria aangerig [11 April 2019]. (Foto: Verskaf)

Skade van derduisende rande is aangerig by die Nederduits Hervormde kerk Wesmoot in Booysens, Pretoria, toe betogers Donderdagoggend die kerkgebou binnegestorm, geplunder en gepoog het om die gebou aan die brand te steek.

Die gemeente se ds. Rudi Botha het aan Maroela Media gesê hoewel dit tans onmoontlik is om ʼn presiese beraming van die skade te gee, is dit “duisende en duisende rande”. Betogers het die palissade om die kerk oopgebreek om die perseel binne te kom.

“Ons is nog besig met die versekering, maar dit is groot skade wat aangerig is,” het Botha gesê.

Volgens Botha het betogers die kerkgebou aan die brand probeer steek, maar lede van die plaaslike sektorpolisie kon daarin slaag om die vlamme te blus nog voor ʼn brand regtig kon begin. Betogers het wel klippe deur die vensters gegooi, die binnekant van die kerk beskadig en die kerk se klanktoerusting gesteel.

Skade wat deur betogers by die Hervormde Kerk Wesmoot in Pretoria aangerig [11 April 2019]. (Foto: Verskaf)

“Een van ons groot luidsprekers is langs die pad gevind en iemand het dit teruggebring na die kerk toe. Dit lyk asof hulle die orrel probeer omstoot het, die mooi bekleedsel is van die kansel afgeruk, kruise is in die kerk rondgegooi. Hulle het tot die Bybel van die kansel afgegooi,” sê Botha.

“Dit is regtig chaos. Oral is daar klippe wat in die kerk rondlê soos dit deur die vensters geslinger is.”

Botha sê wetstoepassingsbeamptes is steeds op die toneel en die geklap van rubberkoeëls kan gehoor word soos beamptes probeer om betogers weg van die kerk af te hou. “Die kerkraad is hier en ʼn DA-raadslid is ook teenwoordig. Ons probeer nou ʼn plan maak om die palissade te herstel sodat ons die kerk ten minste vir die nag kan beveilig en sorg dat hier toesig is.”

Charles Mabaso, waarnemende hoof van die Tshwane-nooddienste, het die plundering van die kerk aan Maroela Media bevestig, maar gesê niemand is in die voorval beseer nie.

Volgens Mabaso is twee mense in verband met die voorval in hegtenis geneem. Botha het egter gesê hy verneem vier verdagtes is op heter daad in die kerk betrap en deur die polisie aangekeer.

Maroela Media het vroeër berig verkeer het vanoggend op verskeie plekke in die noorde en weste van Pretoria opgehoop nadat betogers in verskillende gebiede opgeruk en paaie versper het. Gebiede soos Soshanguve, Mabopane, Hammanskraal en veral Van der Hoffweg en Bremerstraat voor die Daspoorttonnel in die Pretoria Tuine-gebied is deur die betogings geraak.

Sr.supt. Isaac Mahamba, woordvoerder van die Tshwane-metropolisie, het aan Maroela Media gesê inwoners betoog oor ʼn gebrek aan dienslewering.

Botha sê hy meen die plundering van die kerk is bloot ʼn voortsetting van dié betogings. Die kerk het deurgeloop omdat dit ʼn “sagte teiken” is.

Hy sê hoewel die situasie by die kerk nog steeds nie opgeklaar is nie, meen hy die kerk sal wel sy dienste normaalweg voortsit. “’n Ou is maar emosioneel in so ʼn situasie en ek dink mens moet maar net eers kalmeer en tot verhaal kom, maar ek glo ons sal aangaan [met ons dienste]. Dit is volgende week ook Paasfees, so ons sal seker maak dat ons dienste voortgaan.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

100 Kommentare

Jacques ·

EN dan moet n mens respek he vir mense wat so aangaan ? Hy respekteer my dan nie of my eiendom nie . Ek wonder wat se Me Sisulu van haar wtsgehoorsame landsburgers ?

Sandrap ·

Vader, vergewe hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie.

Hulle weet ·

Hulle weet PRESIES wat hulle doen Sandrap . hulle word AANGESE om dit te doen .. moenie jouself flous nie.

M ·

Laat ek eerder nie se wat ek graag wil nie. Hulle lot is geteken.

Joe ·

M, ek stem, as ek hier se wat ek dink word ek lewenslank toegesluit. Hoekom sal jy ‘n kerk wil plunder??? Iets is en gaan drasties verkeerd gaan.

lewies ·

Weerwraak. Iets moes gebeur het om hierdie daad te pleeg. As hulle brand en vernietig is dit om n boodskap oor te dra.

Stan ·

Hey Debbie, your heart is sacred. What these people did is horrible but let me remind you that the people of Christ is the church.

Ore ·

Wonder nog altyd oor die “so help me God” wat geprewel word wanneer hulle ‘n eed afle of dit enigsins vir hulle iets beteken? …en wat doen die kerk? Daar word weer na hulle uitgereik,gepamperlang en omvergifnis oor apartheid gesmeek en predikante versoek ledemate om uit te reik na hulle!

StephanT ·

70 x 70. En ons word alleen vergewe tot die mate wat ons vergewe. En ons ontvang soveel genade as wat ons aan ander bewys.

anton ·

Ja Ore…..soos jy daar sê.
Daarom is ek baie jare gelede weg by die 3 susters kerke wat in my oë vals geword het!!!

Veritas ·

‘n Kerk is die Heilige huis van God. Die ouens is besig om met vuur te speel.

Maggie ·

Haai weet jy.Dat hul nou al ook die Christene se aanbiddingsplekke teiken.Eers universiteite en nou dít.Hul het net geen respek nie.

schalk ·

Onopgevoed en slegte maniere. Daar is geen verskoning vir misdaad nie.

Debora ·

Vroeër jare was die kerke skuilplek vir vroue en kinders met oorloë. Nou het hulle geen ontsag vir enige iets nie.

eRIKA ·

GEEN normale mens sal dit doen nie. ….Hulle is siek!!
Wonder wanneer Ramaphosa eendag sy mond gaan oopmaak om te sê dat hierdie rampokkery nou genoeg is! Sluit hulle toe en gooi die sleutels weg…

Hentie Smit ·

Jy praat van mense, Albert Sweitzer het gese hulle is n hoogs ontwikkelde sub spesie van die mens.

Willem ·

Hulle kan beswaarlik cope om op 2 bene te loop. Nog nie mens nie.

Bietjie baie ·

Dit maak my woedend. Maar een ding weet ek : Verskriklik is dit om te val in die Hande van die Lewende God. God laat Hom nie verneder of bespot nie. Hulle sal wens dat hulle nooit gebore was nie.

Weskusklong ·

Jy moet versigtig wees TN, die Christene hier is nogal geweldadig vandag.

Johan ·

As mense nie respek vir ‘n plek van aanbidding het nie, is die samelewing verrot. Hierdie bevestig die vermoede dat die misdadige element in Suid-Afrika sommer baie groter en gemener is wat die meeste mense dink. Miskien moet daar minder klem op die sogenaamde menseregte geplaas word om die ongekende chaotiese en kleptomaniese neiging te keer. Daar is swak opgevoede mense wat hulle vernielsug uitleef ten koste van ordentlike mense….

Jeremia ·

Die tendens is al ‘n geruime tyd aan die gang.
En word al hoe openliker gedoen.
Die boodskap is baie duidelik.

Mariaan Linde ·

Het nie woorde om hierdie anargistiese gedrag te beskryf nie en hulle wil ons land regeer?

Eléne ·

Ek wonder of ons naby n verkiesings lokaal sal kan kom op 8 Mei. Dit is tragies dat hulle die kerke takel en soveel skade aanrig
Ek glo die wiel sal draai!

Sandra ·

Vader, vergewe hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie.

Aster ·

Hoe hard moet jou hart nie wees om so iets te doen nie! Hoe kan ‘n mens dit reg kry om ‘n kerk so te plunder en te verniel. O jinne mense, die Here slaap nie en sien al hierdie dinge raak!

Papa G ·

Baie mense glo nie aan sulke dinge nie, en elkeen kan glo wat hy wil, maar hulle blyk demonies besete te wees. Ek is nie ń lidmaat van die NHK nie maar hierdie is nie ń betoging nie – dit is ń opstand teen die lewende God. Ek sal met oop oë slaap as ek hulle is; God laat hom nie bespot nie.

Gatvol ·

As jy my kerk teiken,teiken jy my God. As jy my God teiken verklaar ek oorlog in sy naam.

Erwee ·

RIGTERS 6:31
Maar Joas sê vir almal wat by hom staan: Wil júlle vir Baäl veg? Of wil julle hom help? Die wat vir hom veg, sal vanmôre nog gedood word. As hy ’n god is, laat hy vir homself veg, omdat hy sy altaar omgegooi het. – Dit was die gesprek nadat Gideon die altaar van Baal omgegooi het en die heilige boomstam afgekap het.
Hier het ons egter nie met ‘n god se aanbiddings-plek te doen nie, maar met ‘n lewende GOD, YHVH!! Ek dink al raak ons warm onder die kraag moet ons nie onverskillig raak nie. Miskien moet ons onsself, ons gesinne en ons eiendomme beveilig en dan so ‘n tree terugstaan en vra dat die lewende GOD vir ons wys wat HY aan hierdie saak gaan doen! Kyk wat het GOD vir Gideon bewerkstellig:
Rigters 7:22
En toe die driehonderd op die ramshorings blaas, het die HERE die swaard van die een teen die ander gerig, ja, in die hele laer;
Ek kyk uit met verwagting. Sela!!

Andrea van Vuren ·

Dankie Gatvol. Jy praat sin! Ek ondersteun jou stelling al die pad!

Basjan ·

Erwee, jy is mos nou besig met aanhitsing tot geweld! Gaan help eerder die arm mense in Gommorah.

Sorika ·

Die kerk was nie net “toevallig” beskadig omdat dit op die pad was en ‘n “sagte teiken” was nie. Hierdie was met opset gedoen met net een doel voor oe, vir uit tarting. Die vraag is egter liewe vriende van MM is dit uit tarting vir ons mense of vir ons Here? Die enigste probleem vir hierdie mense is dat ons Here nie slaap nie….verklaar oorlog teen die Here en jy SAL altyd verloor!!! As God vir ons is, WIE kan teen ons wees! Het hulle geen benul teen WIE hulle gaan probeer baklei nie? Here vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie.

Bigshow ·

Wel mense. Dit is nie die eerste keer wat so iets gebeur nie. Die geskiedenis herhaal hom weer. Gaan kyk hoe was die eerste Ware Christene behandel deur die Romeinse owerheid. Dan die gruwelike dinge wat in die ooste gebeur het. Europa self was ware Christene se plekke verbrand wat as ketters gebrandmerk was en self gebrand op ‘n stapel. Hitler, Stalin, en kommunisme het gesorg dat baie Bybels, Christene en kerke afbrand. So dit is niks nuut nie. Maar die goeie is dat almal sterker anderkant uitkom nadat hulle hokkie geskud is. Hou moed Jesus kom.

Bigshow ·

Wel mense. Dit is nie die eerste keer wat so iets gebeur nie. Die geskiedenis herhaal hom weer. Gaan kyk hoe was die eerste Ware Christene behandel deur die Romeinse owerheid. Dan die gruwelike dinge wat in die ooste gebeur het. Europa self was ware Christene se plekke verbrand wat as ketters gebrandmerk was en self gebrand op ‘n stapel. Hitler, Stalin, en kommunisme het gesorg dat baie Bybels, Christene en kerke afbrand. So dit is niks nuut nie. Maar die goeie is dat almal sterker anderkant uitkom nadat hulle hokkie geskud is. Hou moed Jesus sal kom.

Angelo ·

Die kan nie die nuwe Suid-Afrika wees nie. Die ANC is dan al vir 25 jaar in bewind. Dinge gaan net erger raak. Ons gaan nie kan wen as ons nie om hulp vra nie. Ons moet as n nasie begin saam staan en op hou om die son oor die ander een tegin nie. Hou op neer kyk op n ander, die wat gehelp wil word sal gehelp word. Ek sê weer, ONS MOET AS N NASIE BEGIN SAAM STAAN

George in Bloem ·

Dit is bitterlik laat in die dag vir hierdie land en al sy mense wanneer daar nie eers meer ‘n greintjie respek vir die Huis van onse Almagtige Vader is nie. Hierdie satansdrek moet kennis neem. God laat nie met Hom die spot dryf nie. Ek durf nie meer se nie,liewers nie.

Koos de Meyer. ·

Dis ons nuwe Suid-Afrika, geen respek vir niemand nie eers vir die huis van God nie. Waar is die polisie wat moet beskerm. Die hele spul is siek. Plundering onder die vaandels van dienslewering.

Andrea van Vuren ·

My vraag is: Wié gaan vir die skade betaal? Hulle of ons?

Hans ·

Die Here haat geweldenaars. Dit is satan en en sy bose magte wat sulke dinge doen

waarheid ·

Willem ek stem volkome saam – dit gaan ook nooit gebeur nie. Al die tekens is duidelik sigbaar.

Sanette ·

Ek dink God huil omdat SA stilsit en toelaat dat die gesante van die duiwel hierdié land vernietig. Ons is ‘n verleentheid vir ons voorsate en kinders.

werner ·

hulle dink as hulle ons kerke breek en plunder plunder hulle ons maar God is baie baie meer as n gebou . die mure van Jerigo gaan nog val

Angelo ·

Die kan nie die nuwe Suid-Afrika wees nie. Die ANC is dan al vir 25 jaar in bewind. Dinge gaan net erger raak. Ons gaan nie kan wen as ons nie om hulp vra nie. Ons moet as n nasie begin saam staan en op hou om die son oor die ander een tegin nie. Hou op neer kyk op n ander, die wat gehelp wil word sal gehelp word. Ek sê weer, ONS MOET AS N NASIE BEGIN SAAM STAAN

Charmaine ·

In ons kerkblaadjie vra hulle donasies vir Mozambiek wat deur die tornado getref is. Gaan hulle bydraes vra vir die kerk? Glo nie ons moet mos altyd kruip by die volk. Ons moet ophou gee kyk hoe lyk dit alreeds

Anita ·

Die ANC sit agter al hierdie dienslewerings betogings . Dit is in die Wes-Kaap, Tshwane en Johannesburg hulle het dit gisteraand op Kyknetverslag genoem. Hierdie betogings gaan aanhou tot by verkiesing.

Fonnie ·

Ek wonder wat die agbare President en sy melopers hiervan gaan se. As hy hom sal verwerdig om iets te se?

phillip duvenage ·

Hy sê niks en sal ook nie. Dit is hulle wat die DA beheerde vebiede onregeerbaar maak.

kolla ·

Betoog oor dienste waarvoor hulle nie betaal nie, hoe ironies.

vra net ·

wat word nou bereik om n kerk af te breek en te plunder?? dis seker n grooot prestasie nou…..sarkasties bedoel…..

Frans C ·

Die vervolging van Christene wêreldwyd word al hoe erger.Indien die statistieke vervat in https://www.christianitytoday.com/news/2018/january/top-50-christian-persecution-open-doors-world-watch-list.html,korrek is,
dan:
“Open Doors released today its 2018 World Watch List (WWL), an annual ranking of the 50 countries where it is most dangerous to follow Jesus. Approximately 215 million Christians now experience high, very high, or extreme levels of persecution; that means 1 in 12 Christians live where Christianity is “illegal, forbidden, or punished,” according to Open Doors researchers.”
Voeg daar by dat :ISIS Says It Was Behind Deadly Attack on Christians in Egypt, dan word dit duidelik die daar groter vervolging van Christene wêreldwyd is en dat Moslemgelowiges in baie lande die beskerming van regerings geniet, terwyl dieselfde nie van Christene gesê kan word nie.

Dee ·

Wettelose & geen respek…. En as hul straf kom vir hulle hande werk, mud almal vir hulle elende sorg. Verder plunder hulle voort… In die naam van politiek!!!

Willem Grobler ·

En almal dink die kerke wat die afgelope tyd afgebrand het is toevallig!? Word wakker mense – ons is onder aanval!

Se maar net ·

Lees Johannes 14.Hoop die mense se oë gaan oop dit is nie Vader se huis nie enige een wat met n valse leering kom is vals en die verkondig n leun so jou kerk lieg vir jou as hul se dit is Vader se huis word wakker mense die kerk lieg vir julle bid dat julle oë sal oop gaan

lizzy ·

Ek keur die gebeure nie goed nie…maar is tog dankbaar dat my God in harte van mense woon en VERSEKER nie in n kerkgebou nie!!!

Anoniem ·

Teveel mense sien die kerk as net n gebou. Die kerk is n Heilige plek van samekoms vir die kinders van God om mekaar te ondersteun, God te loof en prys en te leer. Gaan lees wat het Jesus gedoen hoe Hy n sweep gevleg het en die duiwe verkopers en tollenaars verjaag het uit die tempel ( gebou / kerk ) en self gese het die is My Vader Huis. Dit is hoekom die kerke vandag leeg staan omdat die mense homself wys maak dat dit nie meer nodig is om kerk toe te gaan want dit is maar net n gebou. Ja jou liggaam is die tempel van God maar hoeveel mense bereik jy met jou tempel en hoe weet jy hoeveel van jou mede broers en susters is wees en weduwees as jy jou Christenskap net in jou tempel ronddra. Die wereld is boos en vol van die werke van satan maar jy kind van God moet weet groter is Hy wat in jou woon as hy wat in die wereld is. Prys die naam van onse Here. Amen

Andre Stander ·

Die bejaarde Boere word steeds wreed op hulle plase vermoor – en steeds doen die Afrikaner nasie saam, niks.

Die Afrikaner se Kerk en kultuur word openlik verwoes, en steeds gaan die Afrikaner nasie saam, niks doen nie.

Daar is geen meer hoop nie, ons dae in Suid Afrika is min, en getel.

Kolskoot ·

Andre Stander, Kolskoot.
Die sogenaamde Afrikaner wil nie eens meer Afrikaans ordentlik praat nie, alles is ‘great’ en ‘amazing’. Laat hulle verengels en gaan. Net Afrikanders hoort hier.

Sandra ·

Vader, vergewe hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie.

TN ·

Ek het hulle klaar vergewe as hulle nie weet wat hulle doen nie !

ANNE-MARIE ·

Sandra hulle weet presies wat hulle doen…vergewe…vergewe en vergewe….baäl’s weet nie wat dit beteken nie en ja ek stem saam met Danien…Hoeveel mense bereik jy met jou tempeltjie?…net verskonings om nie kerktoe te gaan nie…daar kom almal immers saam om te vergader en gemeenskap met God te kan hê saam ander gelowiges ook…Ek is trots op my kerk al is dit ‘n gebou maar ek weet wat ek daar soek…in stilte en respek !!!!

Hu man ·

My hart kan nie meer breek nie al wat die duisende stukkies nog bymekaar hou is Genade.

Attie. ·

Daar is duidelik twee ANC groeperinge aan die werk. Die verligte en die verkramptes. Die een lot wil die blankes aan ‘n boom vasmaak om in die land te bly en die ander lot wil die blankes aan dieselfde boom ophang. Kom ons stem die slag reg en soos die afgelope 25 jaar nie. Kom ons word ‘n slag wakker.

André Basson ·

HULLE kom van ‘n “nedersetting” genaamd Gomorrah?
Weet HULLE wat daar gebeur het? Wonder maar.

Heksie ·

Ja, André, daar is niemand so blind soos die een wat nie wil sien nie! Duidelik weet hulle nie wat in Sodom en Gomorra gebeur het nie …

Oujongvrou ·

Ek is heel rustig hieroor. Gomarra gaan weereens met die aarde platgevee word nes in die bybelse tye. God van die aarde en alles daarin sal die wat boos is verslaan. Kom almal bid saam vir God om ons te verlos van die bose.

Alida ·

More kom soek hulle weer kos by die kerk en die kerke dink hulle doen die regte ding deur te help. Maak oop julle oë en jaag hulle weg. Enigiemand wat wil kan iets doen om ‘n inkomste te genereer maar hulle is te gewoond ons kerke dink hulle doen die regte ding. Jaag hulle eenvoudig weg en help die werklike armes wat verdien om gehelp te word.

charmaine ·

HAAT DIS WAT EK VOEL!! Hierdie is soos 3 bloke van ons huis af.
Mag die HERE hulle straf om SY HUIS so te plunder.

Tweetie ·

Onthou hulle breek alles af waaraan die Afrikaner vasgeklou het, sodoende word ons vernietig. Ons taal, kultuur, sport (rugby), boerderygemeenskap en laastens ons geloof.

Koos ·

Ons probeer weer. Wat word verkeerd verstaan met my stelling dat die onderhandelaars ons mooi land aan geweldenaars weg geteken het. Maak dit seer of is dit polities verkeerd?
Om die plek van aanbidding te plunder beteken dat jy God nie ken nie. Diesulkes wat hierdie duiwelswerk doen straal nie die geloof waarin ek bely uit nie. Die onderhandelaars was deeglik gewaarsku wat op ons wag sou die land weggegee word. Dit is nie geglo nie en beleef ons nou die resultaat.

Weereens sterkte aan die betrokke gemeente en ons sal nooit ophou om te bid en te bely dat ons die ware God aanbid en slegs in Hom vertroue het nie.

Rina Kotze ·

Dis so duidelik soos daglig! Net nog ‘n kerkgebou wat vernietig word en dit wat vir kinders vd Here kosbaar is, word verwoes.

Dis al ‘n geruime tyd aan die gang, dis maar net tekens vd eindtye. sulke mense het nie respek vir God nie en sal eendag self moet rekenskap gee.

Dr Braam Hanekom het onlangs iets gesê wat my bygebly het. Oorsee stap mense in kerke in om vrede en rus van die rotte resies te kry. Al is dit net vir ‘n uur. Dit behoort ‘n plek van rus en veiligheid te wees, nié ‘n teken van onrus en geweld nie!!!

Al is dit net ‘n gebou van aanbidding, dit bly ‘n plek van toewyding en gebed wat gerespekteer behoort te word.

Mag ons berusting vind met die wete dat God self sal vergeld.

JG ·

@ TN…jou gespottery staan my nie aan nie. Jy moet jou bekeer ou maat…

Stella ·

Ag toe,,julle wat se hulle weet nie wat hulle doen nie,Dan keur julle dit goed,m.a.w.hulle moet counselling kry? Wat van AL die ander goed wat die ou spul doen weet hulle ook nie wat hulle doen nie, asseblief word helder wakker toe?

Monster ·

Hoop julle het nou ‘n les geleer . dis DIESELFDE Mense vir wie julle geld instop wat julle plekke kom verniel, maar as ‘n lidmaat se kind sukkel om te studeer of hulp nodig het wys julle hulle weg . JY MAAI WAT JY SAAI.

MW ·

Buckle up! Gaan lees die Bybel. Baie erger dinge as diÉ oppad

ALLIE ·

My God bly nie in n Kerk nie…en Hy is my en my mense se God, nie hulle s’n nie…hulle het hul voorvader geeste.

Tannie Babs ·

Stem saam Allie. My God woon in geen Kerk nie. My God is nie die god van “vryheid, gelykheid en Broederskap” nie. My God is nie die god van Babilon nie.

Adam ·

Tragies om die wettelose boewe se wandade te aanskou. Ek merk die DA was daar: waar was die VF+?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.