[Foto’s] R5 miljoen in transitorooftog gesteel

Die geldwa wat aan die brand gesteek is. Foto's: Verskaf

Die geldwa wat aan die brand gesteek is. Foto’s: Verskaf

Sowat R5,4 miljoen is Dinsdagmiddag tydens ʼn transitorooftog tussen Stella en Mahikeng in Noordwes gebuit.

Kapt. Paul Ramaloko, provinsiale polisiewoordvoerder, het Woensdag gesê twee veiligheidswagte was op die N18 in die Setlagole-omgewing toe hulle noodgedwonge moes stop toe die geldwa ʼn pap band gehad het.

“Die veiligheidswagte is deur ses gewapende mans oorval toe hulle die band wou ruil. Die verdagtes het die wagte van hul vuurwapens en selfone beroof voordat hulle die wagte sowat 500m ver die veld in gesleep het.”

Die verdagtes het die wagte vasgebind en brandstof oor hulle uitgegooi. Hulle is glo met die dood gedreig as hulle nie hul samewerking gee nie. Die verdagtes het die geldwa aan die brand gesteek voor hulle met die geld van die toneel gevlug het.

Die Mmabathogeorganiseerde misdaadeenheid ondersoek die saak. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

DPJ ·

Ja, geld wat stom is het baie al tot groot ding gelei.
Het die ANC nou so baie geld noodig vir hulle verkiesings veldtog?
Lyk my elke 2de geldwa word beropf.

Ivan ·

Het die mense nog nie van “run flats” gehoor nie.
Of die algemene “Tyre Jack” wat jy deesdae tot in supermarkte kan koop vir n R 100.00.

Francois le Cochon ·

Vervoer die geld in Checkers sakkies ry met ‘n 1976 Datsun bakkie met ‘n “canopy”.
Niemand sal jou roof nie.

Realis ·

Francois. Jou keuse van ‘n voertuig is nie die beste nie. Hulle staan tou om die bakkie te steel.
Vergeet van die geld.

Dee ·

Dink jy ‘n bicycle met draadmandjie en carrier sal beter wees?
Op hierdie eerste bladsy van Maroela word vertel van 3 transito-rooftogte. Ek het reeds by een van die ander dit genoem dat daar baie lankal ‘n fasiliteit bestaan om geld, wanneer kluise oopgeforseer word, te vlek met ink en dus onbruikbaar te maak. Dit sal immers lewens spaar en àlle transito-rooftogte in die kiem smoor. Dit is so ‘n eenvoudige oplossing. Die feit dat dit om een of ander onverstaanbare rede nie toegepas word laat deure oop vir vele vrae en spekulasies.

Gesiggie ·

Hierdie klink vir my soos n Bonnie en Clide storie ?? nou die dag naby Malelane is n geldwae ook beroof? hoe gebeur so iet … te maklik”’ en is die band omruil, maar nie net n verskoning ? sodat die rowers maklikker kon toesak”’ dink dalk aan n Inside Job? sjoe 5 Miljoen is nie te versmaai… hierdie makkers kan mons n koning van n lewe geniet”’ en die wat saamwerk … kry dan ook maar hul cut”’ hoop maar vir hul part nie die geval”’ mag hierdie Rowers vasgevang word”’ voordat hul verdwyn, of al die geld blaas. hul verdien nie 5 MILJOEN””

Opinie ·

So waar? En NIEMAND is beseer tydens die “rooftog” nie? Boosdoeners ag ‘n lewe vandag niks werd, vermoor jou vir R5… Hier het hul in hule poging geslaag en met R 5,4 weggekom sonder om gewelddadig te raak?

johny ·

Vervoer die geld met n weermag Ratel voertuig.As een band pap is kan dit nog beweeg En ek wil sien water voertuig druk hom van die pad af. kan hom nie eers van die pad af skiet nie.My grootste bekommernis is as die rowers met van die geld onwettige wapens aanskaf..Maar dit gaan niks help as daar gekonkkel word dat die geld moet voete kry nie

Kobus ·

Ironies dat transito rooftogte meer en meer plaas vind net voor daar n verkiesing is. En die media berig dat die ANC in gedelike verknorsing is

SnuffelGids ·

Ai julle wat altyd die negatiewe sien dis nie altyd n inside job nie nie manne wat roof is georganiseerd en weet wat hulle doen 20 rowers teen 2 ek dink nie jy wil in daai stoel sit nie

Dee ·

Gaaf Snuffels, laat ons nie negatief wees nie en gee jou die voordeel van die twyfel. Nou, om voordeel van die twyfel te behou moet jy boontoe rol en reageer op my kommentaar van sowat ‘n uur gelede. Dit gaan oor ink om gesteelde geld onbruikbaar te maak. Lees my kommentaar hoër op sodat ons kan sien hoe ver jy kan snuffel. Dieselfde kommentaar is ook by die berig oor transitoroof by ‘n skool.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.