Foto’s: R59 gesluit ná gru-ongeluk buite Vereeniging

Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

Vyf mense is Woensdag beseer, waarvan drie kritiek, in ʼn ongeluk tussen ses motors en ʼn swaarvoertuig op die R59 buite Vereeniging in Gauteng.

Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die ongeluk het naby Kliprivier buite Vereeniging plaasgevind.

“Toe paramedici by die toneel opgedaag het, was drie kritiek-beseerde mense steeds in die motors vasgekeer. Die brandweer moes hulle uit die motors uit sny,” het Steinmann gesê.

Twee ander mense het ernstige beserings opgedoen en is op die toneel behandel. Twee van die beseerdes is deur ʼn helikopter na ʼn hospitaal geneem, terwyl die ander drie pasiënte per ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas is.

Steinmann het gesê dit is nie in hierdie stadium bekend hoe die ongeluk plaasgevind het nie, maar sy het gesê die voertuie het van agter teen mekaar gebots. “Die polisie sal die ongeluk ondersoek om vas te stel wat presies gebeur het,” het sy gesê

Die R59 is heeltemal vir verkeer gesluit terwyl die toneel opgeruim word. Motoriste word aangeraai om van alternatiewe roetes gebruik te maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Peet Schabort ·

Ek het die volgende op die R59 ondervind en maak dit NIE van toepassing op hierdie ongeluk. As jy teen 120km/h by voertuie verbygaan sit ‘n ander meneer op jou agterent.
Daar word vir jou vieslike vingertaal gewys omdat jy so stadig is.
Volgafstand is NUL want die geduld is ook NUL.
Dit geld egter ook vir ander paaie .
Onthou dat my mening NIE verband hou met hierdie ongeluk.

Peet Schabort ·

‘n Belangrike aksie is ook om in die regterbaan voort te jaag wetende dat jy die volgende afrit gaan gebruik. Nou op die laaste oomblik sny jy links in tussen twee voertuie, neem die volgafstand weg tussen die twee voertuie, trap die rem (want jy het ingedruk) en veroorsaak dat die voertuie agter jou met ‘n kettingreaksie rem trap en selfvoldaan oor jou paar sekondes gewen seil jy na links af op die afrit.
Die hartseer is dat jy ‘n paar kere daarmee gaan wegkom omdat die ander motoriste vaardig is om te sien wat jy gaan doen maar dan eendag gebeur dit dat jy té vêr gaan en dan is dit ‘n slagting op die pad.

Arend ·

Ek will net graag se ek was die bestuurder van die wit gwm dubbel kajuit. Ek ry nice net voor voertuie in nice en ek sal lank voor die tyd oorgaan na die linkerbaan as ek van voorneme is on n afrit the gebruik. Ek hou my spied volgens die spoedgrens. As by reg volgens jou spied ry en n vragmotor draai net voor jou in wat gaan by doen. Dit het hoevele mere al tevore gebeur dat die vragmotors wonder indikasie net oorgaan na die regterbaan.
Ek is net baie dankbaar dat die Hemelse Vader my last leef het. Ek was 35 date in ICU en altesaam twee maande in die Hospitaal. As gevolg van dit sit ek nou wonder werk aangesien ek kontrak werk gedoen het.
So asseblief voor enige iemand net hul meaning will lig key jou feite mooi agtermekaar.

sheila ·

Wow…2nd accident in what, a week? On the same road! Scary!

Bianca ·

Ek stem saam met Peet, mense is nalatig en dis waarom sulke dinge gebeur!!

CHRISTA ·

As dit so gereeld gebeur wil ek weet waar is die Verkeerspolisie of die Metropolisie. Dis dieselfde geval by Gilloolys-afrit – ELKE DAG IS DAAR ‘N ONGELUK!!

Amanda De Souza Dias ·

Mense is defnitief nalatig. Ek ry elke middag die R59 – en wat my baie beangs maak is die trokke – ek kyk op my spedometer en dan ry ek 110km per uur en dan jaag hierdie trokke verby jou – en dan dink ek net by myself Liewe Jesus gee tog dat daar nerens voor iemand beseer word nie. Want dit is een persoon se nalatigheid wat veroorsaak dat ‘n hele paar lewens geneem word.

Yvonne Stander ·

Ek en my man het in aparte motors seker 20 min voordat die ongeluk gebeur het dieselfde pad gery, ja daar was baie vragmotors en die verkeer het vinnig gevoel. Ek kan net alle Eer aan ons Vader gee dat ons nie betrokke was nie. Net ñ besluit wat ons geneem het om liewer te ry. My afspraak was by Unie hospitaal. my man het aanskou toe die helicopter land met die eerste pasient. Ek was daar toe die eerste ambulanse arriveer. Dit is so tragies. Niemand het geweet dit is wat met hulle gaan gebeur nie.

vicki ·

Lelike pad daardie, ek was self in n ernstige motorongeluk op die R59 n paar jaar terug. Iets omtrent die pad, lank en redelik reguit, maar tog verskriklik baie ongelukke.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.