Foto’s: R700 m. se dwelms op vragskip gevind

Foto: Valke

Dwelms ter waarde van meer as R700 miljoen is op beslag gelê tydens ʼn klopjag by die Ngqura-hawe in Coega buite Port Elizabeth in die Oos-Kaap.

Die klopjag was ʼn gesamentlike operasie tussen die Valke, Interpol, misdaadintelligensie, die honde-eenheid en verskeie ander wetstoepassingsagentskappe.

Volgens brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, is die klopjag gedoen nadat inligting van Interpol ontvang is rakende ʼn vragskip wat kokaïen van Brasilië na Suid-Afrika vervoer.

“Die vragskip is van 27 Desember af met die hulp van Interpol dopgehou. Dit is reeds vasgestel dat die vragskip by Coega sou vasmeer en dan na Singapoer sou gaan voor dit in Indië sou eindig.”

Foto: Valke

Die kokaïen was in 706 pakkies verpak in ʼn skeepsvraghouer op die vloer van die vragskip onder 3 669 ander skeepsvraghouers. “Daar is op die dwelms beslag gelê en die ondersoek duur voort.”

Lt.genl. Godfrey Lebeya, hoof van die Valke, het die ondersoekspan geloof vir die vonds. “Deur op hierdie vrag beslag te lê het ons die toevoerketting afgesny. Maar die oorlog teen dwelms is nie verlore of gewen nie. Ons sal nie toelaat dat dwelms die lewens van onskuldige mense verwoes nie.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Karolis ·

Fantastiese nuus.
Alle eer aan al die betrokke wetstoepassingsagentskappe.
Vatso al die druggies.

Johanna Botha ·

Nou gaan dit na die ”R” stoor …..oops daar is die helfte weg …… ????

Slang ·

Ek stem saam, dit is n kwessie van tyd voor ons korrupte polisie dit aan handelaars gaan gee en hulle smous dit weer vir n paar rand.

Snuffels ·

Ja en nou sit my dealer sy pryse op… Ag nee man wragtig

Maggie Joubert ·

Well Done Valke. Stunning foto. Mag julle alle eer en bewondering kry vir 5-stêrdiens

Alida ·

Mooi so Valke en 10 drukkies vir die slim hond X hopenlik word die gemors onder streng toesig vernietig.

tom ·

Ek wil graag weet waar is daai groot bek adj minister van polisie nou wat so gal gebraak het oor sekuriteit mense in die kaap .Hier is nou n sekuriteits firma wat nou die pilisie se werk doen. Ek wonder wat is sy kwalifikasies wat hy het

Nouja ·

In 2010 is ‘n soortgelyke hoeveelheid kokeine onder soortgelyke omstandighede by dieselfde hawe gevind. Wat het gebeur met daardie saak? Die einste valkies kon nie eers daardie saak suksesvol deur die hof voer nie, ten spyte van klinkklare bewyse en beskuldigdes wat deur Brasilië aan hul op ‘n skinkbord gegee is.

Chris du preez ·

Die skeepsvrag houer was afkomstig van Brasil. Nie Brasilië . Brasilië is die hoofstad van Brasil. As iets van Suid Afrika in n anderland gekonfiskeer word sê ons nie dit kom van Pretoria af nie. Goeie werk van die valke en ons hoop nie die goed word nou hier verkoop vir verkiesingsgeld nie.

Clem ·

Baie goeie nuus en uitstekende samewerking tussen al die betrokke sekuriteitsgroepe. My vraag is net, is die oorsprongpunt asook die afsetpunt van die dwelms nou ook vasgetrek? Anders is hierdie ‘n klein duikie in die hele operasie.

Stephen Namibia ·

Alle eer aan Interpol wat die Valke laat weet het. S A Polisie kon darem daarin slaag om dit nie op te neuk nie. Hulle kry nou die eer. Stem saam nou sal die grootste gedeelte daarvan wegraak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.