[Foto’s] R9.4 miljoen vir Dries Visser-koedoebul

Die opreggeteelde koedoebul, Hercules, van Dries Visser wat vir R9.4 miljoen verkoop is (Foto: TrophyBreeders.co.za)

Die opreggeteelde koedoebul, Hercules, van Dries Visser wat vir R9.4 miljoen verkoop is (April 2015) Foto: TrophyBreeders.co.za

ʼn Koedoebul is Saterdag by ʼn veiling in Thabazimbi, Limpopo, vir ʼn rekordbedrag van R9.4 miljoen verkoop.

Farmingportal berig die Dries Visser opreggeteelde koedoebul Hercules (66⅝”) is by die Trophy Breeders®-wildsveiling verkoop.

“Die koedoemark bied groot moontlikhede vir ontwikkeling,” het ʼn verheugde Dries Visser aan Farmingportal gesê. “Ons sal hernude belangstelling in dié pragtige dier sien, veral koedoes bo 60”.”

Hercules is ouer as 10 jaar. Klik hier vir nog besonderhede oor dié koedoebul.

Die veiling het by die Thabazimbi-skougronde plaasgevind.

Die vorige rekordbedrag vir ʼn koedoebul by ʼn veiling was R2.4 miljoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Ivan ·

Maar ek dog dan dat alle koedoes opreg is. Dit is vir my nuus.

Jacques ·

Inderdaat. My ook bygeval. Sal maar mooi mooi kyk in die toekoms. Wil nou nie kudu-blesbok per abuis skiet nie

SNEL ·

In my lewe sou ek nooit gedink het dis waarvoor n koedoebul kan verkoop nie!

Besorg ·

Belaglik. Huidige wildbedryf met hierdie soort van pryse is ‘n skande. Dit grens vir my net aan een ding, geldgierigheid. Die land is in ‘n enorme wanbalans, en mense is hiermee besig?!

Boer ·

Stem saam Besorg. Hierdie mark is n absolute bewys van hoe manipulering n daaglikse aktiwiteit can ons vestaan geword het. Hoe kan enige mens dit regverdig. Mooi of nie dis skreiend.

Lag ·

Wat het die balans van die land uit te waai met die verkoop van wild? Moet die mense nou hulle geld gebruik om die land better te maak? Moet hulle moeite in sit om die land better te maak? Biekie tyd om by te kom en te besef jy moet maar met jou lewe aangaan en ophou elke geleentheid te verdraai in een of ander dom storie oor die land.

As jy regtig dink die inwoners van die land kan ‘n verskil maak, dan het jy net nog nie realiteit aanvaar nie, dis al.

En jy praat van geldgierigheid, het jy enige idee hoe skaars is so Kudubul? Jy is heelduidelik nie aktief in die wild bedryf nie, om ‘n bloedlyn opreg te hou kos nie net ‘n paar duisend nie.

scalla ·

Die koper dink seker dit is n goeie belegging, dit is sy keuse en geld.

Dup du Plessis ·

….grappie….dink die verkoper is nogal bly dat die bul nie verder ge-evolusioneer het en net op 2 bene loop nie….daar sou dan baie minder betaal geword het vir die dierasie……

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.