[Foto’s] Raadsvergadering eindig met skoot, bloed en glasstukke

Foto: Facebook

Foto: Facebook

’n Raadsvergadering van die Nelson Mandelabaai-metro het Donderdag geëindig met ʼn skoot wat afgevuur is en twee raadslede wat na ʼn hospitaal vervoer is.

Daar het volgens berigte ʼn onderonsie tussen ANC- en DA-raadslede ontstaan waarna glase glo gegooi is. Chaos het hierna losgebreek en ʼn bebloede Rano Kayser, burgemeesterskomiteelid vir paaie en vervoer, en ANC-raadslid Rosie Daaminds, wat flou geword het nadat die skoot geskiet is, is hospitaal toe geneem. Albei is op draagbare uit die raadsaal gestoot.

Die polisie is intussen ook ontbied. Volgens berigte is Werner Senekal, die raad se hoofsweep, met ʼn skerp voorwerp in die rug gesteek. ʼn Veiligheidswag het glo die skoot afgevuur om die situasie te probeer ontlont.

Volgens African News Agency (ANA) het die ANC beswaar aangeteken rakende ʼn item op die sogenaamde groenskrif, ʼn vertroulike dokument wat nie beskikbaar is vir die publiek nie.

Kristoff Adelbert, uitvoerende burgemeester Athol Trollip se hoof van personeel, het gesê die metro sal later ʼn verklaring oor die aangeleentheid uitreik. “Die ANC het aggressief geraak waarna ʼn spesifieke ANC-raadslid ʼn glasbeker op Kayser se kop gebreek het.”

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, woordvoerder van die polisie, het bevestig die saak word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Jakobus ·

Intimidasie, geweld, brandstigting, moet voor die ANC se deur met hul afbrand voor “liberation” en die halsnoerbrande gelê word. Dit is die kultuur wat die ANC van daardie jare af in die land geskep het hoe hulle mense met hul getalle intimideer. Vandag is dit die Afrikaan se nasionale sport in die land. Kyk maar ook oral waar daar betogings is, studente.

Johannes ·

Ons wou dan so graag met mandela en hierdie terroriste organisasie onderhandel het…

Uys ·

Hier is vandag meer geweld, bloed en traangas in ons stadsrade as 94 toe die blanke vreedsaam fie leisels oorgegee het
Die anc wil nie verstaan dat die mense na Augustus se verkiessing hul stem dik gemaak het nie.

Kobus ·

Hierdie is nou ons leiers wat ons land moet regeer en n voorbeeld wees, weet hierdie mense hoe belaglik hulle hulself maak, ek kan sien dat die anc uiteindelik dood loop , hou aan bid vir die val van hierdie goddelose regering, Vrede in ons Vader, God !!

Aster ·

Ek stem saam met jou Kobus. Ons moet net aanhou bid dat hulle so ver val. Hulle dink hulle kan alles reg maak met geweld. Genade! Dis skokkend! Waar’s die self respek asook dié vir ander?

Andre ·

Geweld was nog altyd deel van die ANC se politieke mondering. ‘n Vrou staan n beter kans om prostraatkanker op te doen as wat die ANC van geweldpleging ontslae gaan raak

stephanus jesaja Heunis ·

Ek wil ook nog my laat bee het, maar is dit hoe crime bee lyk stel ek nie meer belang nie!!

callie ·

Dit sal nou al hoe meer gebeur. Soos n antwoord van my in n vorige rubriek, die ANC soek anargie. Hulle gaan voluit gaan, met Zuma aan die voorfront, om seker te maak dat daar genoeg rede vir hulle is om die weermag in te kry vir wet en orde. Dit sal egter net n front wees om die mag in die land totaal oor te neem voor die volgende verkiesing. Dit is nog net Ghordon wat nie in Zuma se kamp is nie. Die OB, Valke, NVG, SAP, Weermag ens is reeds in Zuma se mag. SA benodig n wonderwerk om die waansinnige magsbeheptheid en geldgierigheid van sekere faksies in die land te stop.

E.K. - ek sê net! ·

Dis hoe die ANC gaan maak, kon nie die setel wen so sal alles “disrupt” selfs met geweld. Ons gaan net al meer buitelandse vertroue/beleggings verloor as dit so gaan!

Nannie ·

Ons geagte 1ste burger het mos gese dit is demokrasie. Maar ANC is swak verloorders en dit is maar n probleem by al die DA rade.

E.K. (vra net) ·

Hoe gebeur dit dat hulle met vuurwapens na so ‘n vergadering gaan??

Georgette ·

Dit was sekuriteit wat skoot in die lug gevuur het om te probeer om mense onder beheer te bring.

Zumie ·

Dieselfde gebeure wat elke naweek in smokkelkroee en drankhuise regoor die land plaasvind – se baie vir die vlak van politieke debat in die land.

Antie Stienie ·

As die olifante baklei is dit die gras wat daaronder ly.

Louis ·

Die oorgrote meerderheid van verkose leiers het geen idee wat demokrasie beteken nie. Die konsep van “my argument is sterk en goed genoeg om jou te oortuig ek is reg en jy is verkeerd” bestaan nie. Nee hulle glo ” as jy nie saamstem met wat ek se nie sal ek jou moet intimideer”. Dit is die Afrika manier lyk dit vir my. Geen wonder die studente gaan so tekere nie. Dit isdie voorbeeld wat hulle leiers gee.

Wou mos ·

Die mense wat in die 1994 “ja” gestem het, kry nou waarvoor hulle gestem het. Totale chaos op alle regeringsvlakke. Jammer vir die wat na 1994 eers stemgeregtig geword het!. Julle het niks met die teenswoordige gemors te doen gehad nie, maar julle ly daaronder asook diegene wat al destyds die absolute onsin van “wigte en teenwigte” ingesien het.!

Koos1 ·

Wou mos, net ‘n regstelling, die referendum vir die ja en nee stem was in 1992. Die eerste algemene verkiesing was in 1994.
Nou ja, nou dat ek klaar my geskiedenis les gegee het, net ‘n opmerking. As in 1992 die nee stem gewen het was ons nou al klaar met ‘n burger oorlog wat sou uitbreek (dit is amper ‘n gegewe), lyk my die oorlog gaan nou eers begin, en dit etniese volke teen etniese volke. As daar een in 1992 uit gebreek het sou dit wit teen swart gewees het. Ek glo vas daarin dat God in beheer is en Hy weet wat hy doen, ons moet egter dit GLO en in Hom vertrou vir ons land se redding.

Elana ·

Wou mos, word groot en gebruik jou kop. Dink jy nou werklik dat as apartheid nog bestaan het ons ‘n goeie lewe sou gehad het? Duidelik vertaan jy nie die basis van ekonomie en hoe belangrik die “investment” van die buiteland is nie. Ten minste is hulle besig om hul self in die voet te skiet en sien die hele wereld dit.

Rieks ·

Dit is omdat alles deesdae met geweld opgelos MOET word anders as in die verlede waar daar respek onder mekaar geheers het. As die leier wetteloos is kan die volgers dit ook seker aanleer by die leermeester!

Rina ·

En dan wonder ons hoekom ons jong mense by die universiteite so optree. Wat van n voorbeeld is dit?

lizaan ·

Sies ek skaam my mors dood vir wat se gemors die Suid Afrika van ons geword het …

tom ·

Koos 1 ons is laankal in n oorlog kyk hoe word die mense dood gemaak

M ·

Hanteer hulle soos kinders en gee vir hulle plastiek glasies. Hoe kan sulke mense belangrike besluit neem.

Corentia Swanevelder ·

Dit is tipes die voorbeeld wat ons volwassenes skep dat die jeug so optree.

Jan ·

Dis vreeslik moeilik om hierdie soort goed oor SA te lees as jy in n land soos NZ kuier waar alles ordelik en beskaafd funksioneer. Magtag dit gaan swaar wees om huistoe te gaan en hierdie gemors saam met jou daaglikse brood in te kry. Geen salf aan te smeer nie. Dit is soos dit is. Tragies verby!

Lena Jonk ·

Ja ek voel jammer vir julle, dis die reine waarheid hier in NZ is ons veilig en rustig, so bly ons is hier, sterkte vir julle, ons bid altyd vir SA.

Jean ·

Dit is hoekom die studente so tekere gaan omdat die parlementslede en raadslede so tekere gaan. Die ANC bestaan uit aggressie, uit anargie, uit demands, uit rassisme, uit wanorde. Die ANC is soos ‘n stout kind. As hulle nie hulle sin kry nie raak hulle aggressief. Ek skaam my vir die land waarin ek woonagtig is. Dis nes in Zimbabwe, hulle kan dit maar net nie aanvaar as iemand anders ook ‘n sê het nie. Demokrasie in SA is ‘n GRAP!!

m ·

Die DA is een baie groot bedreiging vir die ANC so nou is die gemoedere so bietjie hoog ne…

Burger Fourie ·

nou kan mens deur al die geweld en optrede van die ANC sien hoekom en waarom apartheid daar was. Dit gaan baie vat om die mooi land van Ons weer te kry waar hy was voor 92. Help Here Help!!!

Michelle ·

Burger Fourie – ek myself super verbaas oor alles wat ek hoor wat in hierdie land van ons aangaan.
Dis asof ek dit nie kan glo nie – die universiteits geweld en nou gisteraand ook. ???
Nee o aarde.
Kan ook net bid en se – HELP HERE HELP ASB !!

Pieter ·

Dit gebeur wanneer mense verkies word wat se opvoeding bevraagteken word!!!!!!!!!!!!!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.