Foto’s: Ramaphosa en koningin gesels

Pres. Cyril Ramaphosa besoek Koningin Elizabeth by Windsor-kasteel in die Verenigde Koninkryk (17 April 2018). Foto: Elmond Jiyane, GCIS

Pres. Cyril Ramaphosa het vandeesweek met Brittanje se koningin Elizabeth vergader as deel van ʼn internasionale beleggingsveldtog waarmee die Suid-Afrikaanse regering aan die gang is.

Ramaphosa het ná afloop van die ontmoeting gesê die koningin het tydens hul gesprek teruggedink aan haar verhouding met wyle oudpres. Nelson Mandela. “Sy het met liefde verwys na gesprekke wat sy met hom gevoer het. Sy het ook vir my twee briewe gegee wat hy vir haar geskryf het,” het Ramaphosa gesê.

“Dit is wonderlike stukke memorabilia. So, ons het ʼn baie goeie gesprek gehad. Ons besoek hier het baie goed begin en oor die volgende paar dae sal ons voortgaan om die Suid-Afrika-storie te vertel om soveel moontlik beleggings vir ons land te verkry.”

Ramaphosa het ook met die Britse eerste minister, Theresa May, vergader. Volgens die president het die gesprekke grootliks oor ekonomiese aspekte gehandel.

“Ons het grootliks gefokus op die ekonomie en hoe die vennootskap tussen Suid-Afrika en die Verenigde Koninkryk verdiep kan word rakende ekonomiese kwessies [en] die ekonomiese groei wat ons probeer dryf,” het Ramaphosa gesê in oorsig van die vergadering.

Hy het May ingelig oor Suid-Afrika se beleggingsveldtog wat daarop gemik is om geld deur middel van beleggings in die land in te vorder. Die veldtog poog om $100 miljard in buitelandse beleggings oor die volgende vyf jaar te trek.

“[May] was heel entoesiasties hieroor en die VK wil graag ʼn manier of twee of drie vind hoe hulle ook ʼn rol kan speel om Suid-Afrika by te staan met hierdie beleggingsveldtog,” het Ramaphosa gesê.

“Op ʼn manier sal dit ons ʼn groot hupstoot gee soos ons deur die wye wêreld reis om beleggers te probeer aanmoedig om na Suid-Afrika te kom.”

Ramaphosa sal op 19 en 20 April die Statebond-leiersberaad bywoon, waarna die afvaardiging na nog lande sal reis as deel van die beleggingsveldtog. Trevor Manuel, voormalige minister van finansies, Mcebisi Jonas, voormalige adjunkminister van finansies, Phumzile Langeni, die uitvoerende voorsitter van die Afropulse-groep, en Jacko Maree, voorsitter van die Liberty-groep, vorm almal deel van die president se afvaardiging tydens die veldtog.

Pres. Cyril Ramaphosa hou ʼn vergadering met die Britse eerste minister, Theresa May, in Londen (April 2018). Foto: Elmond Jiyane, GCIS

Ramaphosa het gesê die groep sal na groot finansiële brandpunte reis in Asië, die Midde-Ooste, Europa en die VSA om met potensiële beleggers te vergader. Hulle sal ook met beleggers byeenkom in ander dele van Afrika, van Nairobi tot Lagos, van Dakar tot Kaïro.

“Dít [die afvaardiging] is mense met waardevolle ervaring in die sakewêreld en finanssektor en met uitgebreide netwerke oor groot markte. Dít is deel van ʼn groot dryfkrag deur die regering om ekonomiese integrasie in die Suidelike Afrika-streek en oor die kontinent te bevorder,” het Rampahosa vroeër gesê.

Die veldtog sal in Augustus of September vanjaar amptelik afgesluit word by ʼn beleggerskonferensie wat gehou sal word om die beleggingsklimaat tussen Statebondlande te bespreek.

Direkte buitelandse belegging in Suid-Afrika het afgeneem van R75 miljard in 2008 tot net R17,6 miljard in die afgelope jaar.

Ramaphosa het Dinsdag gesê Suid-Afrika het verhoudings met ʼn hele aantal Statebondlande en hoe meer daar met hierdie lande gesprek gevoer word, hoe meer word die waarde van hierdie verhoudings duidelik. “Daar is ekonomiese verbintenisse tussen ons as Suid-Afrika en baie van hierdie lande. Daar is politieke verbintenisse, maar daar is ook kulturele bande,” het hy gesê.

“Dit is iets wat ons nooit uit die oog moet verloor nie. Daar is sosiale verbintenisse ook, en die Statebond neem soms baie progressiewe beleidsposisies aan – en dít in ʼn wêreld wat ʼn baie, baie vreemde plek geword het om in te woon.”

Ramaphosa het beklemtoon Suid-Afrika het “ʼn wonderlike storie om te vertel” en wat beleggings betref, het die land ʼn hele aantal pilare waarop die veldtog steun. Volgens die president sluit die pilare in Suid-Afrika se vooruitstrewende demokrasie, die land se sterk politieke stabiliteit, die land se Grondwet en regstelsel en ʼn onafhanklike media.

“Ons het ʼn goed funksionerede finansiële sektor in ons land en ons vervaardigingsektor is onder die beste op die Afrika-kontinent. Bloot dít op sigself is goed genoeg en rede genoeg om beleggings na Suid-Afrika te lok,” het hy gesê.

“Ons het ʼn basis-infrastruktuur wat van die beste in die ontwikkelende wêreld is. Dit gee ons ʼn mededingende voordeel. Ons onderwysuitkomste raak al beter – so, ons het al meer geskoolde mense wat die mark betree.”

Ramaphosa het gesê die veldtog om beleggers na Suid-Afrika te trek is gegrond op ʼn “baie sterk fondament en nie op warm lug nie”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Spike ·

Al storie wat sa kan vertel is ñ derdewerêldse land wat deur dwase regeer word. CR die Weste kyk klaar deur julle en die Weste ( van die magtigste lande ) het in die eerste plek nie eens afrika nog om te bly bestaan nie.

mike ·

spike vir my lyk dit of die buitelande doen presies wat hulle sedert 1994 doen. pat die oulike onkolonialistiese mense op die koppe en sê well done.

Willie ·

At least lyk ons president darm beter as sy britse ewe knie…..sy klere is darm gestryk….

Sam Ludick ·

Ramaphosa as jy n man met inbors is sal jy ook die moord syfer bekend maak aan voornemende beleggers. Ook dat die grondwet niks beteken terwyl anc dit enige tyd kan verander soos nou met onteiening. Julle mission is n grap.

humor ·

En hy se wragtig niks oor die hoe misdaadsyfers en die voortslepende rassistiese kookpot nie.

Welp ·

Vertel seker dat die 149 plaas aanvalle opgemaak is, en dis net WMC en die witmens se skuld, en dat die VK nie hulself moet steur aan dit nie. Hoekom besoek jy daar, dis dan westers en kolonies?

rooikop ·

Hy het sy opdragte gaan kry vir za en natuurlik hoe en waar die Afrikaner bygekom moet word. Als onder die dekmantel van aalmoese vra

Eish ·

Twak!
Keelkartetse!
Kankerbestuur!
Storie wat te vertel is, moet tussen die lyne belees word:
Vooruitstrewende demokrasie – meerderheidsregering wat minderheidsregte misken.
Sterk politieke stabiliteit – Eenpartystaat wat elke 10 jaar van nar verander.
Grondwet? Onder konstruksie veral artikel 25.
Regstelsel – Diskriminerend indien jy van Europese oorsprong is.
Onafhanklike media – joernaliste sterf van gebrokehartsindroom. Jaques Pauw se lessenaarlaaie beloer.
Goed funksionele finansiële sektor – Eish! Ons moes net VSB bank onder kuratorskap plaas want die bestuur, wel die bestuur het nie bestuur nie.
Vervaardigingsektor die beste op die kontinent – want ons het so gemeganiseer vanweë swak skoolopleiding van werkers en die alewige gestakery om hoër lone.
Basis infrastruktuur wat die beste in die ontwikkelende wêreld is – slaggate oral, sinkgate maandeliks.
Ons onderwysuitkomste raak al beter – ons sit al meer mense wat 70% van die leerplan nie baas geraak het nie, deur op verdienste.
Terloops, ons vorige president was geskool, graad 5. Hy het ook die Guiness book of rekords gehaal. Hy hou die wêreld rekord vir die president wat die meeste geld ooit aan regskoste spandeer het.
Wat n verwydering van die werklikheid!

Potlood ·

Moet nie vergeet dat meerderheid van ons skole nie eers speol toilette het nie. Maar hulle wil Name verander, staats begrafnisse en parties hou…

Kiewiet ·

CR Moenie hulle probeer bluff met jou mooi praaitjies nie. Vertel hulle eerder wat regtig aan die gang is in hierdie land.

Genieve ·

As zuma en Molefe en wie nog almal al dai geld terug betaal was dit nie nodig vir n belegging nie hier is teveel skelms in SA wat met alles weg kom selfs hulle wat geskors is wat nog n salaris verdien terwyl hulle by die huise sit.

Paul ·

Dat daar verseker ekonomiese en kulturele bande met die statebondslande is, is natuurlik so. Die ANC regering wil net nie die woord koloniaal hoor nie. So, als in die verlede was tog nie net sleg nie, blyk dit nou te wees. Maar ons ander, a la Helen Zille, mag dit net nie sê nie. Voorspoed Cyril met jou veldtog.

Terug by die werklikheid in SA wat Cyril as ‘n sprokiesland aan die Britte voorhou, met ongelooflike vooruitgang ook in die skole, die kinders wat nie kan wag om met top kwalifikasies die arbeidsmark te betree nie.

En natuurlik is die Afrikaners nie deel van die bogemelde ekonomiese en kulturele bande nie, hulle stamvaders kom mos van Europa af, maar dan het die ANC regering ook ‘n byltjie met Jan van Riebeeck te slyp.

Spike ·

As hulle geld soek dan is die witmens goed. Engeland, hulle is skynheilig en kommunisties, als moet aan hulle behoort. Jaag hulle dadelik weg. Julle het hulle nie nodig nie.

Reguit ·

Hoe ironies. Die Kwien en haar land is bekend as een van die grootste Kolonialiste, maar die grynslaggende Rama maak as of hy hulle gaan “oortuig” het om in die wonderlike SA-hool te “belê” – dit, terwyl beleggings in SA geval het van 75 na 17 miljard – en tesame met die land is alles steeds in vryval – reguit ondertoe. Die syfers praat. Dit sê wat beleggers werklik van die wonderlike SA-hool dink. Lagwekkend! Almal weet ou Sir-ril het maar net by die Weste (die “bose en rassistiese wittes”) gaan doen wat die hele Afrika al vir dekades by die Weste doen, en dit is “bakhandjie staan”. Die “City of London” is nie verniet een van die hoofkwartiere van die Geldmag nie. Met dieselfde bakhandjie het einste Malema by Lord Renwick gaan staan. Tik maar “Malema Renwick” op Google Images in en sien die fotos. Tik sommer ook “Nelson Mandela Knights of Malta” by Google Images in en sien hoedat Mandela toe nie daardie “Saint” was wat almal gedink het nie – kyk sommer na al die fotos tot onder. Dit is baie insiggewend.

Elsa ·

Ramaphosa vee eers jou land skoon en gee aandag aan mpprde voordat jy oorsee geld gaan soek. wie sal bele in Suid Afrika as die land so swaarkry onder moored en optogte en vernielsugtigheid? ons moet dalk deurgee na die koniging van Engeland

Elizabeth ·

Hoekom waarsku CR nie die witmense by wie hy bedel dat hulle eiendom enige tyd onteien kan word sonder vergoeding nie? Hoe dom dink hy is die buitewêreld??? Dink hy dalk die moordsyfer, die diefstal deur hoogeplaastes wat alle perke oorskry, die belastingkoers, die verval van infrastruktuur, die feit dat elektrisiteit enige oomblik kan uitsny, die feit dat die staat aan jou voorskryf wie jy mag aanstel, ens. ens., ens. kom nie by die res van die wêreld uit nie. Natuurlik sal almal wat hom ontmoet, graag gesig wil behou, maar wat hulle gaan DOEN, is ‘n ander saak.

marous ·

Wonder of hy die grootste kolonialis saam met wie hy tee en koek , se hand gesoen het of haar aangespreek het as “My Lady” ? Wonder ook of hy haar gevra het of haar dierbare moeder nie dalk grond in SA of Zambie of Kenya of Swaziland of Botswana of Indie of Japan of Australie of die Falklande van die wettige inwoners gestroop het nie? Wonder of hy haar gevra het hoe haar ” empire ” ‘n bestaan maak vanaf ‘n modder eiland sonder enige natuurlike hulpbronne? Wonder of hy haar gevra het oor die “whites only” bordjies wat wereldwyd orals by treinstasies , parke , toilette , strande , besighede , kolleges , kerke opgesit was en wie dit gedoen het ? Wonder of hy haar gevra het hoeveel slawe haar voorouers wereldwyd aangehou het ? Wonder of hy haar gevra het oor “segregration” en wie dit ingestel het? Wonder of hy haar gevra het oor die swart en wit mans vrouens en kinders wat in konsentrasie kampe van honger en verwaarlosing gesterf het ? Wonder of hy haar gevra het of sy ooit wonder of daar bloed is aan die juwele wat sy seremonieel met trots dra? Wonder of hy haar gevra het of sy ooit gedink het haar liefdevolle land het ‘n aandeel gehad in Enola Gey se “Fat Boy” en ” Little Boy ” wat op Nagasaki en Heroshima geval het ?

Boerin ·

JA so tipies . die BRITTE het nog nooit betaal of om verskoning gevra vir die Anglo boere oorlog waarin derduisende ONSKULDIGE kinders en vroue gesterf het nie. So die Britte moet my niks kom vertel van apartheid en vergelding nie. Hulle was nog al die jare aan die kant van die majority .. hoeveel van die ANC manne het vandag grade wat hulle verniet in Brittanje verwerf het TYDENS apartheid en hoe lank stoot die Britte nie maar steeds geld onder deur die tafel na die ANC toe nie .. Ek trust hulle niks .. Al waaroor ek verheug is is dat hulle besig is om hulle eie medisyne te kry . die EMIGRANTE roer vir hulle . daar is gebiede in bv london waar NET uitlanders woon . en mense met ander gelowe en kulture wat alreeds daarop aanspraak gemaak het dat hulle HULLE WETTE ook wil laat geld .. WAG MAAR ou QUEEN BEE .. Terwyl julle troue hou, neem die Emigrante julle ou eilandjie oor … POND of te NOT! Wie was after all die COLONIALISTS???

Potlood ·

Ek kan net nie verstaan hoe so ‘n vergadering gaan nie. As daar NIKS gevra is oor ons probleme nie, dan is sy NET so skuldig.
Hoekom sal hierdie mense met ‘n komminus wil besigheid doen. Hulle sal tog net hulle eie land bevoordeel hier… Dis tegnies en moreel verkeerd of is ek die enigste een wat so dink? Dink ek verkeerd?

Oom Kalahari ·

Kuier die CR alweer te lekker oral rond en word die waarhede van SA versteek. Hy is net soos Zuma en wil net rondreis, maar het geen gevoel oor die plaasmoorde en korruote aktiwiteite in die land met sy asblik status nie. Seker weer ‘n groot diamant belowe en genoem dat SA vol ryk grondstowwe is en hul moet in ANC bele vir opkomende stem in 2019 en hul sal weer na hul ook kyk en is nie soos die witman wat die Britte beveg het nie. CR gaan staan weer bakhand sodathul weer salaris verhogings en sefverrykings programme kan instel. Dalk word paar van hul Presidensie met duur Britse voertuie vrylik ge-allokeer. Hy moet sommer ook gaan aanklop by antie Merkel in Duitsland.

humor ·

So handjies gevou en n effense kniebuiging is dit die lyftaal van iemand wat baie mooi vra of dan te wel bedel. Hy kon ook gemeld het dat hy nog by die boere in n vertrouenskrisis verkeer omdat hy nog nie daarin geslaag het om hom pertinent teen plaasmoorde uit te spreek nie, en dat daar geen eenstemmigheid in die anc is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.