Foto’s: Ramaphosa, Mkhize kry Covid-19-inenting

Pres. Cyril Ramaphosa kry die Covid-19-inenting. (Foto: Siyabulela Duda/ GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa het Woensdag eerste in die ry gestaan om die Johnson & Johnson-entstof teen Covid-19 te ontvang.

Ramaphosa en dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, is saam met ’n groep gesondheidswerkers by die Khayelitsha-hospitaal in Kaapstad, Wes-Kaap, ingeënt.

Inentings het by verskillende hospitale reg oor die land plaasgevind.

Dr Nomathemba Mokgethi, Gauteng se LUR van gesondheid, was die eerste om in dié provinsie teen Covid-19 ingeënt te word. Mokgethi het haar inenting by die Chris Hani Baragwanath-hospitaal in Johannesburg ontvang. Sy het later saam met die premier van Gauteng, David Makhura, besoek afgelê by die Steve Biko-hospitaal in Pretoria waar die eerste gesondheidswerkers van dié hospitaal ingeënt is.

Dr. Zweli Mkhize kry die Covid-19-inenting by die Khayelitsha distrikshospitaal in die Wes-Kaap. (Foto: Siyabulela Duda/GCIS)

Dr. Onnica Khobo Mpe, ’n narkotiseur by Steve Biko, was een van die eerste gesondheidswerkers om teen Covid-19 ingeënt te word. Sy het albei haar ouers weens die virus aan die dood afgestaan. Sy het gesê sy is opgewonde om die entstof te ontvang. “Ek dink dit is goed dat die entstof hier is. Suid-Afrikaners moet die geleentheid gegun word om die entstof te ontvang. Ons as gesondheidswerkers moet voor loop en aan ons mense wys dat dit veilig is om die entstof te ontvang en te wag vir die resultate wat sal bevestig dat die entstof werk en lewens kan red.”

Inentings word in die linkerboarm toegedien nadat die pasiënt sy of haar goedkeuring gegee het om die entstof te ontvang. Pasiënte word 15 minute ná die toediening van die enstof waargeneem om te verseker dat die enstof geen onmiddellike newe-effekte tot gevolg het nie.

Suid-Afrikaners wat die Johnson & Johnson-entstof ontvnag, hoef slegs een keer ingespuit te word.

Dr. Onnica Khobo Mpe, ’n narkotiseur by Steve Biko, word teen Covid-19 ingeënt. (Foto: Tania Heyns/Maroela Media)

Mpe het ná haar inenting gesê dit het nes ’n gewone inspuiting gevoel en dat sy hoegenaamd nie sleg of selfs anders voel nie.

Dr. Mathabo Mathebula, uitvoerende hoof van Steve Biko, en prof. Veronica Ueckermann, hoof van aansteeklike siektes by dié hospitaal, het ook vanmiddag die enstof ontvang. Ueckermann het aan Maroela Media gesê sy is “verheug” om die entstof te ontvang. Sy het geen newe-effekte getoon nadat sy ingeënt is nie.

“Ek dink voorkoming is in dié stadium ons enigste kans aangesien daar geen beslissende geneesmiddel is nie. Ek dink die data vir die Johnson & Johnson-entstof lyk goed. Ek dink voorkoming is wat ons nodig het om deur hierdie pandemie te kom en die kurwe af te plat.”

David Makhura en dr. Onnica Khobo Mpe voor haar inenting. (Foto: Tania Heyns/Maroela Media)

Makhura het tydens vanmiddag se besoek aan Steve Biko gesê die enstof is ’n spelwisselaar in die stryd teen Covid-19. Die premier is egter self nie ingeënt nie. Die rede hiervoor, volgens hom, is omdat hy nie ’n gesondheidswerker is nie. “Die res van ons moet ons beurt afwag. Ek is een van die wat entoesiasties in die ry wag.”

Volgens Makhura het Gauteng 16 800 van die 80 000 dossisse van die Johnson & Johnson-entstof ontvang. Altesaam 5 700 van dié dossisse is intussen versprei na Steve Biko-hospitaal en die res na Chris Hani Baragwanath-hospitaal.

Hoewel daar nie in dié stadium genoeg dossisse is om al 215 000 gesondheidswerkers in Gauteng in te ent nie, beoog die provinsiale wetgewer om alle gesondheidswerkers in die provinsie tydens die eerste fase van die regering se entstofplan teen Covid-19-in te ent.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

56 Kommentare

Chris dupreez ·

Hulle moet eerder met “praat bietjie die waarheid ” entstof ingespuit word

Anel ·

Kan maar net lag. Hoekom 15 min wag? So eintlik is hulle nie seker of daar newe efekte is nie. Wat gaan hulle doen as ‘n persoon newe efekte toon? Hou maar verby, dankie.

Theuns ·

Presies. Leuens, Leuens. Hoeveel ander dosisse is ook nie na gesondheidswerkers nie? Swak maar voorspelbaar. Geskok oor die arrogansie. Almal weet J@J se entstof is veilig die in res van wereld reeds aan miljoene toegedien. Sies.

Samuel ·

Het ook nie geweet CR&kie is gesondheidswerkers nie. Soos iemand tereg opgemerk het’it is showtime.

Colette ·

Waar is die entstowwe vir die privaat gesondheids werkers??

Danie ·

hoekom moet hulle handskoene dra,hulle saniteer hul hande na elke person ingespuit word of het jy n handskoen besigheid want hulle sal na elke person n nuwe paar hanskoene moet aantrek. Dink.

Karlahari ·

Politieke toneelspel.
Ramaphosa en Mkhize kry hulle inentings in die WesKaap……..
Of is die gesondheids werkers net beter opgelei….
Kyk video van Gauteng inenting vs WesKaap….
Voorbereiding en afvee na die tyd……

Androclus ·

Politieke toneelspel.Ja dis so,net om die Wes Kaap onder hulle beheer te kry.

BARNEY ·

Ek het nie geweet die President en minister is gesindheids werkers nie. ‘n goeie leier stel altyd sy mense eerste. Baie mense sal seker bly wees hieroor want as CR niks oorkom nie is dit veilig om te gebruik, indien nie gaan CR siek word. Ek sien uit na die kommentaar.

tweeling ·

Ja soos ‘n goeie kaptein sal sinkende boot laaste verlaat

annie ·

J&J-entstof gaan nòù eers in die EU getoets word. Sputnik-Russiese-tv-netwerk beweer daar is ‘n stertjie aan ons verkryging. CR skuld glo die vervaardigers na ‘n groot skening vir sy verkiesingsveldtog. Vandaar glo dat die prez negatief staan jeens ander entstowwe en op J&J aandring. Die vervaardiger doen ook navorsing oor die Ebola- en Zika-virusse.

Androclus ·

Politieke toneelspel.
Ramaphosa en Mkhize kry hulle inentings in die WesKaap.DIS OM DIE WES KAAP ONDER HULLE BEHEER TE WIL KRY,HOEKOM NIE IN DIE OOS KAAP NIE?

Hennie J ·

Soos deur my voorspel. Die hoofkaders regdeur die land sien toe dat hulle die eerste inentings kry. Soveel vir die uitrolplan……ons druk net in!!!

SwartBees ·

En toe word hulle almal met n dud gespuit….Wat ‘n historiese oomblik in SA. Weereens mors die narre van die sirkus geld op n middel wat niks help nie.

Fedup ·

Is it the vacvine or a vitamin?
Anyhoo, we just don’t care.

Anti-Verkramp ·

Deur ‘n goeie voorbeeld te stel van wat van verantwoordelike burgers verwag word om die virus te bestry.

Anti-Verkramp ·

Die liewe Vader gaan jou nie help as jy Covid kry nie, gebed gaan ook nie vir jou help nie. Jy’t Hom mos nou reeds bedank vir jou onverantwoordelikheid.

Dirk Mostert ·

“aangesien daar geen beslissende geneesmiddel is nie” Kinien (malariamiddel) en invermectin buite rekening gelaat. Asook natuurlike immuniteit.
Hoe weet ons of Ramaphosa en Mkhize nie placebo’s ontvang het nie.

Francois ·

Pateties Ramaposa en sy kabinet moes die laaste persone gewees het wat die inenting gekry het oor die laksheid wat hulle oor die virus getoon het. Net soos die kaptein van n skip die laaste persoon is om die skip te verlaat as hy sink. Danksy ANC regering is ons in die gemors

Yolandie ·

Wat ‘n geleentheid, kom ons maak dit ‘n groot gebeurtenis soos hulle doen reg oor die wereld heen. Elkgeval ek hoor selfs al word jy ingeent moet jy steeds masker dra ens. MAW woorde die inenting vrywaar jou nie daarvan dat jy nie Covid sal kry nie. Blykbaar is die inenting ook gratis, ek weet nie wie prober die regering bluf nie. Elke belasting betaler moes HOES om te betaal vd verkryging van die enstof. Dit was geensins verniet nie.

Francois Le Cochon ·

Yolandie, masker dra het nog nooit verhoed dat jy die virus kry, dit is SLEGS om te verhoed dat jy die virus kan versprei as jy dit moontlik het. Indien jy ingeent is kan jy nogsteeds die virus kry en versprei. Daarom moet jy nogsteeds masker dra om ander mense te beskerm. As almal almal beskerm, kan die virus nie versprei nie.

Francois Le Cochon ·

Fritz, jy is doodreg, en slaan die spyker op die kop. So moet ek en ander dan ook ons self verontrief om jou te beskerm.

Karel Kobus Kruger ·

Ek weet nou nie van Fritz nie, maar ek het geen ander persoon se hulp nodig nie. En beslis ook nie n regering se hulp nie, veral nie hulle hulp nie. Ek is ten volle daartoe in staat om vir myself te sorg. As jy immers iets ordentlik gedoen wil hê, doen dit self. Maar dankie vir die aanbod. Los my maar uit.

Anti-Verkramp ·

Korrek. Net so moet jy sorg dat jy nie 200km/h ry nie, sodat jy nie ‘n gevaar is vir ander motoriste nie.

Dirk Mostert ·

As jy ingeent is en nog steeds die virus kan kry, watter sin het die inanting?

Francois Le Cochon ·

Yolandie, masker dra het nog NOOIT gekeer dat jy die virus kry nie. Masker dra is SLEGS om te verhoed dat jy die virus na ander versprei as jy dit moontlik het. As jy ingeent is kan jy nogsteeds die virus kry en versprei. Covid is ‘n PMB, so diegene wat ‘n mediese fonds het, sal niks hoof te bepaal nie. Die koste word geheel en al deur die fonds betaal.

Fritz ·

En volgende jaar verhoog die premie net so effentjies om vir die onvoorsiene uitgawe voorsiening te maak.

Jakes ·

Jammer die enstof kannie korrupsie, nepotisme en kaderontplooying uitwis nie.

Theuns ·

Hoe anders? Hul het nie entstof betyds bestel nie. Miljoene suffer daagliks. Van ‘n druppel in die meer- ‘n minimale 80 000 dosisse – vat hul EERSTE!!- Entitlement op sy beste Wat van die gesondheidswerkers wat nou NIE dosisse gaan kry nie? Daar is nou 2 gesondheidswerkers wat nie die inenting gaan ontvang nie. Is dit Fair??? Gesondheidswerkers maak ‘n positiewe verskil…wonder of alle entstof wel na gesondheidwerkers is en hoeveel na die party ? Wanneer kry ONS ALMAL entstof?? Skokkende aksie.

Gert ·

Ek is nie verstom oor die toneelspel nie. Geen biljoener of iemand met helder denke sal n kans vat om sy lewe te verloor met n entstof wat nie beproef is nie. Daai kan selfs n viamiene C inspuiting wees om gerusstellende gemoed uit te lok vir miljoene om die entstof te gebruik wat jou nie teen die virus beskerm nie. Die vraag is wat is die agenda agter hierdie vertoning. Meer as n miljoen mense sterf jaarliks aan TB in SA wat op dieselfde manier oorgedra word as Corrona (verkoue en griep) wat so oud soos die mensdom self is. Noot was enige iemand verplig gewees om gesig maskers te dra of sosiale afstand te hou as gevolg van TB nie.

Anti-Verkramp ·

“Meer as n miljoen mense sterf jaarliks aan TB in SA .” Verstommende onkunde.

Karel Kobus Kruger ·

Daar is eintlik net so 89000 TB sterftes per jaar. Dis nou volgens meester Google. Maar ek stem saam. Dalk is hulle met die entstof ingespuit, dalk nie. Waarskynlik ja, maar ek sal nie geld daarop wed nie. Ek kan net eerlikwaar nie sien hoekom jy n entstof moet kry vir n virus wat so n lae sterftekoers het nie, ongeag of dit werk of nie. Ek stel ook geensins in die werkbare griep entstof belang nie.

Anti-Verkramp ·

Omtrent 40000 TB sterftes per jaar met laaste opname. Besig om drasties af te kom jaarliks. En sover Covid aanbetref – wie se vir jou daar gaan nie ‘n baie dodeliker variant uitbreek nie? Dis hoekom ons so gou moontlik die virus moet hokslaan om honderde variante te keer waarvan ons geen idee het hoe gevaarlik dit kan wees nie. Ons weet ook nie wat die langtermyn gevolge vir ‘n persoon kan wees wat herstel het van Covid nie. Ek weet dat daar sommige dokters was wat voorspel het dat die virus jou organe permanent kan beskadig en jy dan later gesondheidsprobleme as gevolg hiervan opdoen. So ons weet nie, te vroeg om te se. Beter om nie kanse te vat nie.

Tino ·

Interesant dat die wat die eerste miljoen ente van India af laat kom het nie van dit gevat het nie maar die J&J ene.

Het ons nou daai weg gegooi?

JohanR ·

Hulle het probeer om Kopdoek te spuit, maar die naald kon nie deurkom want die vel was te dik!

Danie ·

Net vir die ouens wat nou so huil oor die handskoene . Wat is die beste en goedkoopste om te doen. Ek dra n handskoen en na elke person moet ek die handskoen weggooi en n nuwe paar aantrek of ek saniteer my hande en spuit jou in. Hoe dink jy gaan dit lyk van rubber handskoene na net 20miljoen mense ingespuit is. Vra net. Dink net.

Regverdigheid ·

Wait and see, waar is die handskoene …. neus oop masker nie oor neus ???

Elméne ·

Nou hoekom is die “kopdoek” tannie nie ook in die ry nie???? Is sy bietjie bang???

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.