Foto’s: Ramaphosa ontvang eerste besending entstof

Die president en adjunkpresident David Mabuza (1 Februarie 2021) (Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa het Maandag die land se eerste besending Covid-19-entstof ontvang, wat die weg baan vir die eerste fase inentings.

Ramaphosa het die eerste besending van een miljoen dosisse van die Oxford-AstraZeneca-entstof in ontvangs geneem, wat deur die Serum-instituut van Indië vervaardig is.

Nog sowat 500 000 dosisse word later vandeesmaand verwag.

Die inentings sal aan ongeveer 1,2 miljoen gesondheidsorgwerkers toegedien word, die teikengroep in die eerste fase van inentings. Die inentings sal binne sowat twee weke toegedien word ná die entstof kwarantyn-, regulatoriese en gehaltebeheerprosedures ondergaan het.

Met minstens 1,45 miljoen gevalle en meer as 44 000 sterftes is Suid-Afrika die land met die hoogste getal gevalle en sterftes in Afrika.

Die regering beplan om minstens 67% van die bevolking teen die einde van die jaar in te ent.

Die regering, wat daarvan beskuldig is dat hulle voete sleep om die entstof te bekom, het oor die naweek ook aangekondig dat hy ʼn bykomende 20 miljoen dosisse verseker het – dié keer die Pfizer/BioNTech-formule.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

7 Kommentare

jongste oudste gewildste
Persheks Adri

Kopdoek het seker klaar jou speech reg gekry vir jou ne Cyril? Dis hoekom jy so rond skuur vandag gggmmmfff. Julle het beslis voete gesleep tot Argentinië wat 1 van die armste lande is was eerste! Sou my kop in skaamte laat sak het as ek jy was

Dirk Mostert

Tsk. Ek het die opskrif verkeerd gelees. Gedink hy kry eerste die entstof. Jammer.

Hennie J

Nou wonder ek maar net hoeveel entstowwe het gister uit daardie vrag uit verdwyn.

Janee

Mensig! wat ‘n grote dag vir die land!!!…net gewag vir die 20 kanonskote!!!!!!!