Foto’s: Ramaphosa veroorsaak opskudding op vlug

Pres. Cyril Ramaphosa aan boord ʼn vlug van Safair. Foto: Facebook via Safair

Passasiers op ʼn Safair-vlug van Johannesburg na Durban kon Vrydagoggend nie hul oë glo toe hulle sien dat een van hul medepassasiers op dié vlug van die laekoste-lugredery niemand anders as die president van Suid-Afrika is nie.

Ten spyte van pres. Cyril Ramaphosa se multimiljoenêr-status, sê hy klaarblyklik nie nee vir ʼn winskoop-vliegkaartjie nie. Reisigers kan vir so min as R599 ʼn kaartjie op Safair tussen Johannesburg en Durban koop.

Verskeie passasiers het van die geleentheid gebruik gemaak om selfies saam met Ramaphosa te neem en dié foto’s is deur verskeie mense op sosiale media gedeel. In elke foto glimlag die president breed terwyl hy geduldig saam met die ander passasiers poseer.

Safair het ook ʼn paar foto’s van Ramaphosa saam met bemanningslede op hul Facebook-blad gedeel. “Wat ʼn eer dat pres. Ramaphosa vanoggend saam met ons vlieg. Dankie meneer vir jou vriendelikheid en dat jy ons personeel en kliënte toegelaat het om foto’s saam met jou te neem. Ons wens jou en al die ander mense ʼn wonderlike vakansienaweek toe!” het die lugredery geskryf.

Die presidensie het nie op Maroela Media se versoek vir kommentaar gereageer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Hennie ·

Wel ek hou nie baie van hom nie maar ek moet se ek het nou n bietjie respek gekry vir hom want nog geen ander President het so gevlieg nie en die feit dat hy toe gelaat het dat daar “selfies” geneem is saam hom op die vlug wys net hy is saam met die mense en nie teen hulle nie! Well done

TLC ·

Nee Hennie hy wou maar net n paar punte score hier. More vlieg hy weer hoog tralala

SA ·

TLC en Hennie en al die ander mense wat so suur en negatief is dis as gevolg van julle wat die land so is

Gerhard ·

SA. Ja die misdadigers en onbevoegdes kan hulself nie help nie, dit is die mense wat nie malkoppie positief raak oor alles se skuld dat die land in so gemors is. As jy net positief raak oor alles dan verdwyn probleme soos mis voor die son.

Koos ·

Sjoe, lyk of die vliegtuig maar aan die leë kant was, of dalk sou sy lyfwagte die ander sitplekke vul? Of het Cyril vroeg aan boord gegaan om almal kans vir selfies te gee? Goed beplande publisiteit, en die vlug was seker vertraag nadat hy by die grondpersoneel ook poseer het.

Winskoopkaartjie? Asseblief Maroela, wie probeer julle breinspoel? Vra eerder hardop waarom hierdie biljoenêr nie sy plase en fortuin wat hy uit BEE gekry het vir die armes gee en vir homself “net” so R100 m uithou nie…

Wanda ·

Hy lyk so ordentlik en hartlik. Ek bid vir die Here om sy hart aan te raak indien als waar is wat almal kwyt raak oor hom. Hoe kan hy sulke wrede goed dan so wegsteek…….ai ek verstaan nie. Dis dalk hoekom die bybel ons waarsku teen valse mense.

Paul ·

It is easier to fool people than to convince them that they’ve been fooled. Ek is oortuig hy is n wolf in skaap klere

Gerrit ·

Die ou weet hy en sy party staan n sterk kans om die verkiesing te verloor en hy vlieg miskien ekonomiese klas nou maar hulle maak ook seker dat dit in elke koerant ,tv en radio is sodat almal kan sien,wag maar julle alewige naiewe glo alles wat julle sien sal soos gewoonlik as dit te laat is tot realiteit terugkeer.

Duitser ·

Ek vertrou hom glad nie , hy steek dit goed weg maar is nie so skerp nie .Hy praat aanhoudend van “our people “hy veroordeel nie die plaasmoorde nie , hy is net besig met sy verkiesing vir volgende jaar om dit eerlik te sê hy is besig met “damage control” monthly daar hy vandaan kom hy het onderhandel vir swart bemagtiging en daarna het hy by al die groot maatskappy die swart bemagtiging aandeel houer geword hy het nie een dag gewerk vir wat hy het nie.

Netso ·

Dankie Maroela vir “glimlag-nuus”! Ek dink persoonlik dis ñ rein gedagte van die president! Baie Dankie!

Ander Annie ·

Mnr President, my gesin en ek wens jou God’s rykste seën toe. Dit is goed vir ons on te sien dat ons President kan draf by die see en vriendelik met ander is. Dit is ook goed om te sien dat ons President saam met jan alleman kan vlieg. Baie sterkte met die groot taak.

M'Lady ·

Goeie genade, maar die Afrikaner is liggelowig. Hierdie man moet glad nie vertrou word nie. Ons is beslis nie deel van sy “our people” nie. Geen wonder ons is in hierdie penarie nie.

Gerhard ·

Baie mense dink die Afrikaner se probleem is dat hy nie kan saamstaan nie, ander dink dit is omdat hy ongelowig is. Die werklike probleem is dat hy alle bog wat hy vertel word soos soetkoep opvreet.

ertjie ·

Niks meer as n publisiteits foefie nie. Dit sal eers waarlik nuuswaardig wees die dag wanneer hy al sy vlugte so mee maak. Ek kry n gevoel hierdie was die eerste en laaste keer….

Andre ·

“A new suite maketh not the man…”
So hy vlieg saam met die mense, dis immers goed. Sou graag wil weet of hy vir enige iemand ‘n opinie gevra het oor die land se status uit hul oogpunt en wat gedoen kan word om te help? Sal so iets weer gebeur? Is jy regtig iemand vir die mense of net vir JOU mense? Jy is nogsteeds deel van die ANC so ek vertrou jou nie maak nie saak van die skaapskleed wat jy dra nie… Gee rede om jou te vertrou dan dalk…

Barnard ·

Het julle vergeet hy doen niks teen plaasmoorde nie.Het julle vergeet hy gaan grond weggee.Verniet! Sorry n jakkalas bly n jakalas!

swanna ·

Hy moes iets doen om sy aansien te verbeter na die gemors wat hy kwyt geraak het oor die grond storie wat hy kwyt geraak het. Nou dink al wat leef hy is goed. Wat ‘n mooi poletieke skuuf en al die blindes hom kan volg. Aai foeitog. Die blindes daarem. Eish!!!!!!

Wilma ·

Sjoe mense kom ons kyk eers wat gaan gebeur. Moeni nou histeries raak ni. God Is Altyd In Beheer

Oom Kalahari ·

Nogal ‘n slim ootrede van wilfie in skaapklere. Hierdie is advertensie foefies vir ANC aansien na die buiteland asook vir 2019 stemme lokking met die optrede en hou gerus maar Nuus24 dop hoe hierdie geleentheid weer mooi ge-politoer word. Vele strategiee sal aangewend word om aandag te trek, maar grond onteiening en plaasmoorde kry geen aandag van Pres (ANC), polisie of weermag nie. ‘n Biljoener wat as ekonomiese passasier reis vir R599.00 spesiale tarief is alles om ANC te bevorder. Hou hom maar res van die jaar dop met wat hy sal doen om die massas terug te lok. Ek vertrou hom glad nie en sy geskiedenis se baie van hom. Ook maar ‘n BEEE produk wat skielik verryk is soos die meerderheid van hul.

RIAAN ·

Atleast try hy n beter president wees. Alles wat al effens goedkoper geword het sedert hy ingetree het. Good for you. Hy laat Suid Afrikaners atleast beter voel as ons vorige President. En almal wat slegte goed hier se, ek wil sien hoe julle aangenaam is om hom te ontmoet en dan n ander mindset kry. Maklik om slegte goed te se as jy nie persoon persoonlik ken nie

Salie ·

Atleast is daar mense wat opinies moet opper en ander wat net moet luister en atleast weet ons watter moet net luister.

Koos ·

Riaan, kan jy nie “at least” ‘n tweedehandse HAT aanskaf en kies of jy Afrikaans of Engels wil praat nie? Lees ook wat Jono skryf.

Jonothan ·

Riaan i am sure no one will have a problem if you give your opinion in English it doesn’t sound like your mother tongue is Afrikaans atleast not how you express yourself.

Oom Kalahari ·

@Riaan, well I think Jonothan hasput it in a clear context that we all will respect and accommodate if you wish to put your comments in your mother tongue. Ongeag of ek CR ontmoet aldan nie, sal dit nog steeds nie my opinie namens hom verander nie. ‘n Opregte en waardige President van ‘n land sal as leier optree en almal se regte beskerm en respekteer en nie net sy eie party bo alles stel nie, ongeag van meerderheid, maar in regverdigheid en waardigheid optree en foute aanspreek. Hy sal alle middele oorweeg en toepas om misdaad vas te vat en anargiste wat net brand en skade veroorsaak en moord aanhits tot die reg bring. Duidelik is daar die vertouenswaardigheid en ontbreking van alle regte om in ag te neem oor die kleurspektrum. Wolf in skaapklere- punt.

Coen ·

As daar een ding is wat afrikaners is dan is dit om naïef te wees ,dit het begin by die boere oorlog sekere afrikaners het geglo om saam die engelse te staan sou hulle veilig hou .Die NP stemmers het geglo om by hulle party te staan sou hulle veilig hou, nou is dit die DA stemmers , en in al die gevalle is die mense gebruik en uitverkoop of in die proses om gebruik en uitverkoop te word en nog steeds kry jy die mense wat glo, hoekom sal ramaposa jou wil help hy sien jou as die onderdrukker van sy voorvaders nou hardloop hy saam met mense in die kaap en vlieg ekonomiese klas wat hy in elgeval moet doen want die belasting betaler betaal die rekening, en daar is reeds mense wat glo hy is die de la rey wat ons kom ly

Katvis ·

Verstaan nie die dat dit nuus is nie. Daar is baie mense wat baie baie geld het en nie besigheidsklas vlieg nie.

Wessie ·

Meneer die President, ons is meer bekommer oor wat jy te sê het oor Malema se opruiende en rassistiese uitsprake, as wat ons foto’s gewys word waar jy kwansuis tussen ‘gewone’ mense reis!! Dis onbenullig…

AH ·

Al die negatiewe mense! Gee die man tenminste ‘n kans om te bewys wat in hom steek! Hy kan beswaarlik ‘n swakker president as Zuma wees. Miskien verras hy almal en bring hierdie sh#@$hole country weer op die been.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.