[Foto’s] Reddingswerker se liggaam uit vloedwater gehaal

Foto: NSRI

Foto: NSRI

Die liggaam van die reddingswerker wat verdrink het toe hy Saterdag probeer het om ʼn vrou uit vloedwater by Kwaggafontein in Mpumalanga te red, is gevind.

Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het in ʼn verklaring gesê van sy bemanningslede is ontplooi om met die soektog na die man se liggaam te help. Lede van die polisie se duikeenheid, reddingseenheid en honde-eenheid was ook betrokke, in samewerking met die plaaslike brandweer en reddingsdienste en die provinsiale nooddienste. ʼn Polisiehelikopter het ook gehelp.

Foto: NSRI

Foto: NSRI

Maroela Media het vroeër berig Jerry Mogoe (31), ʼn lid van die brandweer, het tot die redding gekom van ʼn bestuurder en ʼn passasier nadat ʼn minibus-taxi by ʼn laagwaterbrug in vloedwater vasgevang is. Volgens die polisie het Mogoe eers die taxibestuurder gered, voordat hy teruggegaan het om die passasier, Engeline Msiza (26), te red.

Mogoe en Msiza is egter albei deur die vloedwater meegesleur en het verdrink. Msiza se liggaam is kort daarna uit die water gehaal, terwyl ʼn soektog na Mogoe se liggaam van stapel gestuur is. Sy liggaam is gistermiddag gevind.

Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

wilma ·

Onnosel taxi bestuurder wie dai vloedwater aandurf. Onskuldige passasier en reddingswerker daardeur hul lewe verloor

CHRISTA ·

Ek stem Wilma! Selfs op hierdie foto kan enigeen sien ‘n voertuig kan nie daardie brug oorsteek nie!! Ek hoop die reg sal hierdie taxibestuurder beetkry, maar ek betwyfel dit. Hulle kom mos weg met onoffisiële moord!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.