Duisende Afrikaners het Maandag verskeie byeenkomste bygewoon ter herdenking van Geloftedag.
Daar word beraam dat tussen 10 000 en 12 000 mense vandag se Geloftedagbyeenkoms by die Voortrekkermonument in Pretoria bygewoon het. Hennie Coetzee, wat die afgelope 18 jaar die reëlings vir dié byeenkoms tref, meen dit was die grootste opkoms nóg.
Volgens Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, is die saal by Wachtenbietjieskop in Bronkhorstspruit oorval deur sowat 300 mense wat die geleentheid bygewoon het. Dit word ook as ’n rekordgetal beskou.
Sowat 900 mense het Suikerbosrand buite Heidelberg in Gauteng se byeenkoms bygewoon.
Kyk hier hoe Afrikaners Geloftedag herdenk het:
- Geloftedag by die Voortrekkermonument in Pretoria. (Foto: Johan van Vuuren)
- Geloftedag by die Voortrekkermonument in Pretoria. (Foto: Johan van Vuuren)
- Geloftedag by die Voortrekkermonument in Pretoria. (Foto: Daniël du Plessis)
- Geloftefees by Lemoenfontein naby Gamtoosmond (Foto: Ben Saayman)
- Bokfontein se geloftefees (Foto: Hannes Noëth)
- Geloftedag by die Voortrekkermonument in Pretoria. (Foto: Johan van Vuuren)
- Geloftedag by die Voortrekkermonument in Pretoria. (Foto: Johan van Vuuren)
- Bothaspas-geloftefees in KwaZulu-Natal (Foto: Ernst Roets)
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
30 Kommentare
Gelofte dag sal gelofte dag bly
Netsó Barend, netsó!
Louis hoekom reageer? Skryf vir die Queen en sè jy vier nie haar verjaarsdag nie en kyk hoe huil sy of beter, vir Zume en vra of sy brandpoel vol water is. Hy sal jou straks oornooi.
Al die Eer aan onse Vader vir sy beskerming teen die vyand . Gelofte Dag is ook n Oorwinnings Dag. Ek le my Belofte Af.
Se ek ook Barend!!!