
Die wit diamant van 232.08 karaat wat in September 2014 by Cullinan-myn uitgehaal is Foto: Petra Diamonds
ʼn Wit diamant van 232.08 karaat is by die Petra Diamonds-myn in Cullinan, oos van Pretoria opgespoor, het die maatskappy Dinsdag gesê.
“Die steen is ʼn D-kleur Tipe II-diamant met ʼn uitsonderlike grootte en helderheid,” het die maatskappy in ʼn verklaring gesê. “Dit is ʼn merkwaardige voorbeeld van die groot en hoë gehalte diamante waarvoor die myn bekend staan.”
Die maatskappy sal na verwagting die steen in die tweede kwartaal van hierdie finansiële jaar te koop aanbied.
Tipe II-diamante het geen meetbare stikstof-onsuiwerhede nie, wat beteken dat die stene oor ʼn hoë gehalte kleur en helderheid beskik.
Die myn is bekend vir die ontdekking van die Cullinan-diamant in 1905, die grootste diamant wat nog ooit opgespoor is. Die twee stene wat daaruit gesny is, naamlik die Great Star of Africa en die Second Star of Africa, is deel van die kroonjuwele in Engeland.
Die maatskappy het in Junie ʼn seldsame 122.52 karaat blou diamant by die myn uitgehaal.
Petra het verlede jaar ʼn blou diamant van 25.5 karaat vir $16.9 miljoen (byna R183 miljoen) verkoop.
- Die wit diamant van 232.08 karaat wat in September 2014 by Cullinan-myn uitgehaal is Foto: Petra Diamonds
- Die wit diamant van 232.08 karaat wat in September 2014 by Cullinan-myn uitgehaal is Foto: Petra Diamonds
- Die wit diamant van 232.08 karaat wat in September 2014 by Cullinan-myn uitgehaal is Foto: Petra Diamonds
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
8 Kommentare
Wow! Dit beteken dat die 122.52 karaat blou diamant omtrent $81.1 miljoen werd is, as ek dit nie mis het nie.
Dis amazing. Maar ja – met alles wat in hierdie land aangaan wonder ek wat gaan van daardie diamant en geld word ??
Dit klink weer soos ‘n Brett Kebble storie – onthou die reuse diamant wat hy kammig in Lesotho ontdek het en toe het daar niks verder gebeur. Was net een van sy baie maniere om geld van beleggers in te kry en dan “lewer” die myn niks verder nie.Die goed word geplant. Al het die myn ‘n groooot diamant in die verlede opgelewer hoekom net omtrent nooit weer en dan weer skielik ‘n hengse grote en dan weer stilte… Ek glo net nie meer enigiets nie!
Al 25 jaar in area in besigheid in area.Baie met De Beers te doen gehad.Nooit in De Beers se tyd sulke diamant uitgehaal nie .Petra in 3 jaar knewels.Laat mens wonder.De Beers sou nooit so myn laat gaan nie- C cut of te niet.
Hi daar, my hart voel sommer weer trots op my klein dorpie, sy diamante word groter en beter by die dag!!! Ek is daar gebore groot geword en 4 keer weggetrek en terug gegaan, maar ek praat altyd met trots van my dorp met die GROOTSTE DIMAND ooit.