Foto’s: Reuse-diamant by Cullinan ontdek

Die wit diamant van 232.08 karaat wat in September 2014 by Cullinan-myn uitgehaal is Foto: Petra Diamonds

Die wit diamant van 232.08 karaat wat in September 2014 by Cullinan-myn uitgehaal is Foto: Petra Diamonds

ʼn Wit diamant van 232.08 karaat is by die Petra Diamonds-myn in Cullinan, oos van Pretoria opgespoor, het die maatskappy Dinsdag gesê.

“Die steen is ʼn D-kleur Tipe II-diamant met ʼn uitsonderlike grootte en helderheid,” het die maatskappy in ʼn verklaring gesê. “Dit is ʼn merkwaardige voorbeeld van die groot en hoë gehalte diamante waarvoor die myn bekend staan.”

Die maatskappy sal na verwagting die steen in die tweede kwartaal van hierdie finansiële jaar te koop aanbied.

Tipe II-diamante het geen meetbare stikstof-onsuiwerhede nie, wat beteken dat die stene oor ʼn hoë gehalte kleur en helderheid beskik.

Die myn is bekend vir die ontdekking van die Cullinan-diamant in 1905, die grootste diamant wat nog ooit opgespoor is. Die twee stene wat daaruit gesny is, naamlik die Great Star of Africa en die Second Star of Africa, is deel van die kroonjuwele in Engeland.

Die maatskappy het in Junie ʼn seldsame 122.52 karaat blou diamant by die myn uitgehaal.

Petra het verlede jaar ʼn blou diamant van 25.5 karaat vir $16.9 miljoen (byna R183 miljoen) verkoop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Dot ·

Wow! Dit beteken dat die 122.52 karaat blou diamant omtrent $81.1 miljoen werd is, as ek dit nie mis het nie.

Theresa ·

Dis amazing. Maar ja – met alles wat in hierdie land aangaan wonder ek wat gaan van daardie diamant en geld word ??

Elfie ·

Dit klink weer soos ‘n Brett Kebble storie – onthou die reuse diamant wat hy kammig in Lesotho ontdek het en toe het daar niks verder gebeur. Was net een van sy baie maniere om geld van beleggers in te kry en dan “lewer” die myn niks verder nie.Die goed word geplant. Al het die myn ‘n groooot diamant in die verlede opgelewer hoekom net omtrent nooit weer en dan weer skielik ‘n hengse grote en dan weer stilte… Ek glo net nie meer enigiets nie!

D Lombard ·

Al 25 jaar in area in besigheid in area.Baie met De Beers te doen gehad.Nooit in De Beers se tyd sulke diamant uitgehaal nie .Petra in 3 jaar knewels.Laat mens wonder.De Beers sou nooit so myn laat gaan nie- C cut of te niet.

Johann H Claassen ·

@ Elfie en D Lombard: nou doen tog maar jul eie navorsing en laat weet ons gewone siele oor die ware toedrag van sake, asseblief. Of laat julle negatiwiteit maar eerder skitter soos ‘n diamant!

Janet ·

Hi daar, my hart voel sommer weer trots op my klein dorpie, sy diamante word groter en beter by die dag!!! Ek is daar gebore groot geword en 4 keer weggetrek en terug gegaan, maar ek praat altyd met trots van my dorp met die GROOTSTE DIMAND ooit.

Elaine ·

Net so Johann! @ Elfie en D Lombard gaan lees die aanlyn artikel op Volsblad.

“Die myn, voorheen bekend as die Premier-myn voordat Petra Diamonds dit in 2008 oorgeneem het, het vier van die top-20 grootste hoëgehalte-diamante opgelewer.Dit sluit onder meer in die Golden Jubilee van 755 karaat (1985), Centenary van 599 karaat in die volgende jaar en die Cullinan Heritage-diamant van 507 karaat, wat in 2009 ontdek is. Ander is die Taylor-Burton en Premier Rose.”

The mine rose to prominence in 1905, when the Cullinan Diamond — the largest rough diamond of gem quality ever found — was discovered here. The mine has produced over 750 stones that are greater than 100 carats and more than a quarter of all the world’s diamonds that are greater than 400 carats. It is also the only significant source of blue diamonds in the world.[1]

Lees ook hoekom die Oppenheimers verkoop het.
http://www.miningmx.com/opinion/columnists/why-the-oppenheimers-sold-out-of-de-beers.htm. http://www.fin24.com/Companies/Mining/Oppenheimers-sell-stake-in-De-Beers-20111106
http://en.wikipedia.org/wiki/Premier_Mine
http://www.volksblad.com/nuus/2014-09-10-wit-knewel-ontdek-in-cullinan

Elfie ·

Johann en Elaine – kalm bly mense, ek is geregtig op my opinie net soos julle. Ek het sinies geraak oor baie dinge want ek het die Kebble dude se skelmstreke beleef en almal het ook gedink HY is so wonderlik en gee so om vir die kunste en blablabla…Toe nou nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.