[Foto’s] Reuse-wapenvonds in Randburg gemaak

Foto: SAPD.

Die polisie in Gauteng het Maandag ʼn reusevonds gemaak en beslag gelê op talle gevaarlike wapens in Randburg.

“Die polisie het meer as 60 bomme, AK47-aanvalsgewere, rewolwers, pistole en ʼn groot hoeveelheid patrone gevind,” het kapt. Mavela Masondo, woordvoerder van die polisie, gesê.

Volgens Masondo is dié vonds in die kelder van ʼn winkel gemaak. “Die winkel was nie in daardie stadium in bedryf nie, hulle was besig met aanbouwerk. Van die kontrakteurs wat besig was met die bouwerk het ʼn sak sien lê wat verdag gelyk het en die polisie in kennis gestel,” het Masondo verduidelik.

Dit het omstreeks 14:00 plaasgevind. “Die polisie se bom- en honde-eenheid is ontbied waarna ons op al die wapens afgekom het.”

Volgens Masonda is daar nagenoeg 60 mortierbomme in die sak gevind. “Nadat ons die res van die kelder deursoek het, is daar op sewe aanvalsgewere (wat AK47’s insluit), meer as 11 rewolwers, 16 pistole en ʼn groot hoeveelheid patrone beslag gelê,” het Masondo gesê.

“Beamptes het ook beslag gelê op baadjies waaraan bomme vasgemaak is wat glo in selfmoordbomaanvalle gebruik sou word.” Volgens Masondo was die meeste van die wapens se reeksnommers afgevyl.

Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie. Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Johann ·

Maar net een van hoogswaarskeinlik talle sulke depos dwarsdeur die land. Ingesluit die kluise en stoorkamers van die polisie. Een keer n terroris aanslag …altyd n terroris aanslag. Veral as goed soos regsbanke in jou pad staan om te ntand en breek en verwoes en moor. Wakker slaap mense!

Sw ·

Klink eerder na vuurwapens wat gesteel is, hetsy by die polisie en in plaasaanvalle. Sal my nie verbaas as dit linksgesindes is wat betrokke is by rowe en allerhande misdade nie.
Kyk hoeveel polisiemannemoorde en huismoorde en plaasmoorde het die afgelope tyd kommerwekkend toegeneem.
Dis asof die misdaadgroepe die land wil destabiliseer.

jennefer ·

Wat laat jul dink IS is nie in die land nie, hulle ” IS”

Bs ·

Wat laat jou dink dis nie n binnelandse terorristegroep wat polisiemanne en boere vermoor nie? Gewapende rowe pleeg nie?

Zeus ·

As mens kyk na die kondisie van die geweere is dit duidelik dat dit al jare daar le. Ek dink die dit was beplan vir onlangese gebruik nie wat die moontlikheid van n terroristiese aanval skraal maak.

Oosie ·

Stem met jou saam. Dis oud en geroes. Sal my nie verbaas as hierdie nog voorraad was van die destydse beplande terreuraanvalle nie. Wonder of hulle iets wys sal word as hulle op die vorige eienaars/huurders fokus? Hulle het die winkel dalk as front gebruik of bloot die stoorplek beskikbaar gemaak.

Sw ·

Die humiditeit en eksterne faktore kan seker ñ faktor gespeel het met die toestand vd vuurwapens?

Japie ·

Stem saam. Sal nie verbaas wees as van ons huidige politici hierdie in die 90s reeds hier begrawe het nie.

Patmor ·

Seker maar “struggle” era wapens. Sal nou direk museum toe gaan en verheerlik word.

Te oordeel aan die verroeste toestand van die wapens is die
“Baadjies waaraan bomme vasgemaak is en glo in selfmoordbomaanvalle gebruik kan word”
waarskynlik ou chest webbings met handgranate (en waarskynlik magasyne), nie selfmoord-vest nie.

SAPD weet eintlik bitter min van wapens, vra eerder die weermag vir opinie daaroor.

Johann ·

Dankie Patmor. Waardeer die ooglopende ingeligde kommentaar baie. Johann

Jorie ·

Goeie punt. Sal nie verbaas wees as hierdie sedert 90s al daar lê nie.

Grotman ·

Verdomp jammer ons het nie lankal van dit geweet nie. Eish!

san ·

Dalk nog van die wapens en ammunisie vat uit polisie kluise verdwyn het,?

david ras ·

60 mortiere in ‘n sak ?Aikona, daai een glo ek nie…..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.