[Foto’s] Reusebotsing toe veldbrand se rook sig verswak

Foto: Verskaf.

Nagenoeg 20 motors was Vrydagmiddag in ʼn reusebotsing in die Springs-omgewing betrokke as gevolg van swak sig wat deur ʼn veldbrand veroorsaak is.

Nick Dollman, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die voorval het op die N17-snelweg naby die Tonk Meter-afrit in Ekurhuleni plaasgevind.

“Dit blyk die veldbrand langs die pad het veroorsaak dat daar ʼn groot hoeveelheid rook oor die pad gehang het. Motoriste kon skielik nie sien nie en het aan beide kante van die snelweg teen mekaar gebots,” het Dollman verduidelik.

Volgens Dollman was daar twee hooftonele, een aan elke kant van die pad.

“Verskeie nooddienste het op die talle noodoproepe reageer.”

Volgens Dollman is talle motoriste in die ongeluk beseer.

“Ons het na verskeie pasiënte omgesien, insluitend ʼn vrou (48) wat in haar bakkie vasgekeer was. Die brandweer is ingeroep en het meganiese toerusting gebruik om haar uit die bakkie te bevry.”

Volgens Dollman was haar toestand van so ’n aard dat die mediese helikopter al ontbied is toe sy nog in die bakkie vasgekeer was.

“Sy het ongelukkig aan haar beserings beswyk toe die paramedici haar op die draagbaar plaas. “

Ander pasiënte is na nabygeleë hospitale vervoer vir verdere mediese behandeling.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

magda ·

Ja hkm? Mense gooi stompies by ruite uit en mense wat niks beters het om te doen as om velde aspris aan die brand te steek nie!

WitBlits ·

Velde aan die brand steek is al vir jare Gauteng se mees gewildste wintersport en waar mens ookal ry is die meeste velde vir weke net pikswart!

Francis Linstrom ·

Twak man. Mens kan rook km ver sien. Mense pas nie aan by omstandighede nie en jaag voort.

LB S ·

Ek stem volkome saam. Jy ry nie net deur digte rook, hopende dat almal aanhou ry nie. Ek was self in so situasie baie jare gelede toe ek vir my eks man sê om te stop, maar nee, hy ry en gaan stop in die middel van die rook toe hy nou besef hy kan nie sien nie! Die allervreeslikste geluide om ons soos selfs ‘n bus ook in die motors vasgery het. Ons was wonderbaarlik gespaar en nie een voertuig het ons geraak nie. Sedert daardie dag trek my keel sommer toe as ek net rook in die verte sien!

A. Mac ·

Ek gaan nou onsimpatiek reageer op die berig. Kyk hoe ry ons motoriste op die paaie. Meeste dink dit is ‘n renbaan. Ligte word geflits as jy te stadig ry, ligte word geflits om ander motoriste te waarsku daar is verkeerspolisie, druk voor mekaar in. So, almal het hierdie rookwolk oor die pad gesien, en sekerlik van ver af, en hoeveel het onmiddelik spoed verminder en stadiger gery? Of selfs van die pad afgetrek om te bepaal of dit veilig is? Spoed en die bestuurder se “ek is onsigbaar en onaantasbaar en alleen op die pad”-houding het tot baie van die ongelukkig bygedra. Ek was jare terug in dieselfde situasie maar het opgetree toe ek die eerste rookwolke sien en het veilig daarvan afgekom. (My persoonlike opinie)

Daan Erasmus ·

A Mac. Jy is nie onsimpatiek nie. Net realisties en op die man af.

Ramkat ·

Mense, mense, Onthou tog asseblief dat as daar.n oormaat rook aanwesig is is daar n oormaat suurstof te kort. Jou kar se enjin werk met petrol EN met SUURSTOF (bekikbaar in suwer lug).
n Oormaat rook is soos digte mis – dit vesper die uitsig erger as mistigheid.

ZJ ·

Ek hoop die persoon wat die brand veroorsaak het sien wat hy gedoen het en dat hy skuldig is aan moord. Baie jammer vir die vrou wat oorlede is se naasbestaandes en al die ander beseerdes.

Sparkie ·

Ek hoop NIE hy sien dit nie, want hy kan net sowel ‘n “kick” daar uit kry en die hele wêreld aan die brand steek, dan lyk die hele wêreld soos wat dit op Knysna lyk

Antjie ·

My grootste vraag: Hoekom was die brandweer nie vóór die ongeluk al daar nie? Dis mos húlle verantwoordelikheid om sulke digte rook te voorkom! En die verkeer te waarsku as dit nie kan gebeur nie! Wat was hulle reaksie op die media se vrae?

Mari ·

Eks daar verby net na die 1e motors inmekaar gery het en glo my, op daardie stadium was dit gevaarliker om te stop as om eerder aan te ry. Dis asof mense dit as n uitdaging sien om so vinnig as moontlik deur die rook te jaag as om jou noodligte aan te sit en stadiger te ry en n veilige plek te soek om te wag vir die rook om op te klaar. Die 2 ongelukke was ook baie naby aan mekaar aan weerskante van die hoofweg en die toeskouerwaarde dink ek het ook bygedra tot die hoeveelheid voertuie betrokke

Deon ·

Antjie die brandweer was heel moontlik op die toneel. Hou in gedagte dat die brandweerwaens wat die brande bestry net minimale reddingstoerusting op het. Die “Jaws of life” en ander noodsaaklike reddings/mediese toerusting is op ‘n voertuig wat spesiaal daarvoor ingerig is . ( Dis ook bygese as die brtandweer van die brand in kennis gestel was)

Oorsaak ·

Die oorsaak van die vuur is natuurlik moedswilligheid want hierdie tyd van die jaar is dit weer wintersport(s). Gewoonlik brand dit net die dag as die wind waai.
Die oorsaak van die botsing is om net vorentoe te duiwel want die pad is mos reguit, dan voor jou (of jy ) trek kleinkoppie en trap rem vir ‘n vale en die ou agter jou met meer moed en minder verstand as jy foeter in jou vas en die res is geskiedenis.
Ja, jy mag nie stilhou op ‘n snelweg maar ook hierdie is ‘n nood-/doodsituasie. Gebruik dus jou verstand want die vuur/rook het nie ene nie.
So het ook ek al stilgehou vir ‘n paar minute om verder te kan leef.

Gerhard ·

Dit kan net so wel die aas voels wees wat die verd aan die brand gesteek het om besigheid te kry , n paar jaar gelede hetdie selfde op die N1 gebeur en n man en vrou is ge aresteer wat dit gedoen het .

Aknot ·

Rokers is in meeste gevalle die besoedelaars en brandstigters op hierdie aarde

Boeta ·

Ek sal jou ń stompie gee Dan wys jy my hoe steek jy ń veld aan die brand met dit asb tog

LB ·

Ai Boeta! : ) Brandende stompie, droë gras, windjie wat waai en siedaar…rokie en vuurtjie. so maklik!

Aknot ·

Boeta , kyk op tv maak die ouens n vuur met n baie kleiner kooltjie, as die van n stinkende sigaret.

MeisieMens ·

Sjoe Aknot. Dis ‘n reuse aantuiging. ‘n Glas skerf, wat deur ANDER besoedelaars deur ‘n ruit gegooi is saam met die KFC sakkie, kan ‘n brand beroorsaak as die son dit tref. Die ander brandstigters wat vuurtjies langs die pad begin terwyl hulle wag vir vervoer, is in my oe meerskuldig as ek wat ‘n roker is. Ek het vir seker nog nooit ‘n veldbrand veroorsaak wat iemand se lewe gekos het, want my stompie word nie soos almal se rommel by ‘n kar ruit uitgegooi. Dink maar eers voor jy so DISKRIMINEER.

Sparkie ·

He julle al gedink hoe woderlik God moet wees, as hy die ‘rook’ deel v ‘n vuur kleurloos en reukloos moes gemaak het, sou mense net ongesteurd in n area met ( kleurlose en reuklose )’rook kon ingaan en jy sou waarskynlik versmoor het omdat die suurstof so laag is in daardie gebied, maar nou kan jy die ‘rook’ sien, net soos as water kook kan jy gewoonlik die warm stoom sien, verbeel jou jy kon nie die stoom sien nie

Cheryl ·

Aknot weet nie watter naam dit is nie maar toemaar….Kom ek kom tot die punt LOS DIE ROKERS UIT!!!! Dis hul wat vir dit betaal nie jy nie…jy weet duidelik nie waarvan jy praat nie NEE ROKERS is nie die besoedelaars van die aarde nie…nie naasteby nie kyk al die veldbrande onwetige materials end wat gebrand word….EK kan nog noem….rokers is die kleinste probleem van besoedeling…jy doen seker niks wat ook deel is van besoedeling nie ne???

Aknot ·

Cheryl. As jy ooit weer by die see kom kyk hoeveel stompies le op die strand. In die straate parke. Noem n plek en jy kry stompies of half gerookte stink sigarette. Weet nie of jy rook nie maar in dien wel, hoeveel stompies het jy al opdie grond gegooi? Is dit nie besoedeling nie?

Cheryl ·

Aknot Ja ek rook…en weet jy ek hast soos in haat ñ stompie op die grind ek loop en skiet nie oral my stompies rond nie ek maak soos ñ beskaafde en maak dit dood in ñ asbakkie of as ek in iemand anders se jaard is maak dood en gooi in asblik….in teendeel ek loop ook nie in die publiek en rook nie….so ek kan trots sè ek is ñ ordentlike rooker.

Aknot ·

Cheryl. Jy is een uit n duisend baie geluk.! Maar in my werk sien ek teveel elende verdriet kanker jamerte spyt wat te laat kom , om op enige manier die rook van stinkende sigarette goed
te praat. Sterkte.

A. Mac ·

Die mense wat sê dat stompies dalk die brand kon veroorsaak het net die volgende, deesdae se sigarette gaan dood as jy die nie suig nie, so steek ‘n sigaret aan, sit hom neer en kyk wat gebeur. Het jy sal gesien hoe ‘n gebreekte bottelstuk wat reg lê ‘n brand kan stig? Het jy al daaraan gedink dat iemand dalk bottels uit hulle karvensters in die bosse gegooi het, dat dit gebreek het en dat die son teen ‘n sekere hoek deur die gebreekte glas die gras aan die brand kon steek? En nee, ek is nie ‘n roker nie.

MeisieMens ·

Jy is vandag my nie-rokende HERO, A Mac…. Alle rokers is nie brandstigters nie. Ek is een van die “ordentlike” rokers, wat soos ‘n skelm moet voel orals waar jy gaan. My stompies word nerens gegooi nie, en dis vir seker nie enigste manier hoe brande veroorsaak word nie….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.