Foto’s: Reusebrand by winkelsentrum

Die winkel in ligte laaie. Foto: Verskaf

Brandbestryders van die Ekurhuleni-nooddienste is op die toneel van ʼn reusebrand by ʼn winkelsentrum in Boksburg.

William Ntladi, woordvoerder van die nooddienste, het aan Maroela Media gesê die brandweer is omstreeks 08:30 na die toneel ontbied toe ʼn brand vermoedelik by ʼn meubelwinkel by die East Rand Retail Park uitgebreek het.

“Die brand het na omliggende winkels versprei en verskeie spanne is besig om die brand te bestry. Die brand is aan die een kant onder beheer gebring, maar dit versprei nog na die ander kante toe. ʼn Mens kan ontploffings hoor in die winkels wat brand,” het Ntladi gesê.

Ntladi het gesê daar is tot dusver geen beserings of sterftes aangemeld nie. Die oorsaak van die brand is nie bekend nie en sal ondersoek word sodra die brand geblus is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Letta ·

Snaaks hoe al hoe meer brande begin uitbreek. Laat my nogal dink.

Penellope Jones ·

Ek stem 100% saam – was oppad om dit ook te skryf.
Die land is nou letterlik en figuurlik aan die brand. . . .

Chris ·

Dit is nogal kommerwekkend, die betrokke winkel het my net oor die naweek n sms gestuur van hulle “specials” nou wonder ek ook maar.

Sophia ·

Ek wonder hoe kan dit moontlik wees dat ‘n brand so snel kan versprei – alle winkels, kantore ens is toegerus met brandblussers. Ek dink ‘n brand kan suksesvol geblus word indien die toerusting dadelik en rg gebruik word.

Nettie ·

@Sophia – jy het reg om te wonder. Hierdie lyk na ‘n redelike “upmarket” winkelsentrum. Daar moet dus (1) rooksensors, (2) rook alarms en (3) voldoende brandbestrydingstoe-rusting wees in elke winkel en in die algemene areas van die sentrum.

PJ, al het die brand in ‘n meubelwinkel ontstaan waar daar meer vlambare materiaal sal wees en groter voorraad-vlakke as in ander winkels sou wees, geld presies dieselfde.

Gestremde ·

Die winkelsentrum is langs die brandweer. Is daar nie nalatigheid van hul kant af nie. Hoe kan die brand sover versprei het as hul binne 5 minute op die toneel kon wees?

Ag asseblief ·

Ag asseblief, ons kan so misdadig wees as wat ons wil, korrup, mekaar haat en die wet in eie hande neem, laat ons tog asseblief NET NIE rook nie!! Liewe Hemel wie dink die mens en sy trawante is hulle om vir ander so ‘n besluit te neem. Ons water is so besoedel, daaraan word niks gedoen, Ag nee dit wat ek verder dink sal ek eerder vir myself hou.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.