Brandbestryders het gisteraand en regdeur die nag gespook om ʼn reusebrand in ʼn pakhuis by die Durbanse hawe onder bedwang te bring en mense in ondernemings moes die gebied verlaat.
“Die polisie het almal in die omgewing aangemoedig om vir hul eie veiligheid die gebied te verlaat. Alle sakeondernemings is gevra om bedrywighede te staak en ʼn gedeelte van die M4-snelweg, Southcoastweg en M7 was vir verkeer gesluit om verkeersprobleme te vermy,” het Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care, gesê.
Die brand was teen Saterdagoggend grootliks onder beheer maar nie heeltemal geblus nie. ʼn Digte rookwolk het oor die pakhuis langs Southcoastweg in Rossburgh, wat ondermeer kunsmis en ander vlambare stowwe gestoor het, gehang. Brandbestryders is steeds op die toneel om te verseker dat die smeulende brand nie weer opvlam nie.
Jamieson het gesê volgens brandbestryders was dié brand een van grootstes wat hulle nog moes beveg. Die pakhuis van nagenoeg 200 000 m² is byna heeltemal verwoes. “Teen 06:30 was die brand nog nie heeltemal geblus nie, maar dit was minder erg as wat die omstreeks middernag was.”
Maroela Media het vroeër berig die brand het Vrydagoggend uitgebreek. Twee mense, ʼn werker in die pakhuis en ʼn brandbestryder, het geringe beserings opgedoen en is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir behandeling.
ʼn Stormsterk wind het die brand aangewakker.
Dit is nog onduidelik hoe die brand ontstaan het. ʼn Behoorlike ondersoek sal gedoen word sodra die toneel veilig verklaar is.
Deesdae hoor jy van brande wat orals floreer en dat dit opsetluk gestig word.Jy hoor nooit van enige arrestasies nie! Is die doel van al die brande oor land om chaos te skep??
Ek is redelik seker die N4 is nie naby Durban nie. Maroela Media bedoel seker N3.
Dagsê Regofweg
Dankie vir jou valkoog. Die berig is gewysig.
Groete
Phillip Bruwer, nms. Maroela Media
Jy is reg, hulle bedoel die M4
Dit moet seker die N2 wees, en nie N4 nie? Drukkersduiwel! ?
M4 is wat dit is, Wessel. Die sogenaamde drukkersduiwel kry skuld vir operateursfoute.
Boere moet voorbrande tref en digte weiding sny en omsit in kuilvoer omsit of verkoop want plase met digte gras gaan oor die volgende paar maande afgebrand word. Laat weet asb almal met plase en plotte.
Speel jy nou siener? Dit was bloot ‘n verdomde nalatige fout deur ‘n onkundige met ‘n sweismasjien. Nou probeer jy ‘n kettingreaksie skep.
Daar was seker n ford kuga langs die fabriek parkeer haha
Daar bestaan bewerings van vonke vanaf ‘n sweismasjien.