[Foto’s] Reusebrand woed in Durban

Foto: Twitter via @kznems.

ʼn Reusebrand het in ʼn gebou naby die Durbanse hawe in KwaZulu-Natal uitgebreek.

Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care, het gesê die fabriek is aan Suidkusweg geleë. “Toe ons op die toneel aankom het rook uit die gebou geborrel. Daar was talle lede van die plaaslike brandweer ook op die toneel.”

Jamieson het gesê die brand het groot skade aan die struktuur van die gebou veroorsaak. “Volgens die SAPD op die toneel is daar waspanele in die gebou. Dit en die stormsterk wind wat waai maak dit baie moeiliker vir die brandweer om die brand onder beheer te bring.”

Volgens Jamieson is een persoon beseer tydens die voorval en deur Rescue Care na ’n nabygeleë hospitaal vervoer. Hy het ligte brandwonde opgedoen.

“Dit is nog onduidelik hoe die brand ontstaan het, maar die saak sal ondersoek word,” het Jamieson gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Cherokee ·

Om ± 11 uur vanmôre het groot rookwolke begin opstyg en oor die hawe getrek na die oseaan. Om 1 uur vanmiddag het ek fotos geneem vanaf my woonstel op die strand en die rook het donker en krullend oor die stad beweeg. Verbasend genoeg, ten spyte van die wind het dit in ‘n soort van draaiende kollom bly beweeg met ‘n donker skaduwee op die grond. Sowat ‘n halfuur gelede het dit begin reën en dit behoort te help om die vuur te blus. Daar is biljoene rande se waarde besig om vernietig te word. Die skure is masief groot. Gelukkig was daar geen ernstige beserings nie.

Cherokee ·

Dit is nou die volgende oggend en vanmôre brand dit steeds. Hoeveel versekeraars daar betrokke is weet ek nie maar die skade gaan versekeringsmaatskappye seermaak indien nie ruïneer nie. Na bewering veroorsaak deur vonke vanaf ‘n sweismasjien. Dit het gereën laas nag maar dit het nie die vuur geblus nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.