Foto’s: Riana en Bobby maak skoonskip by die Ghoema-toekennings

Bobby van Jaarsveld

Bobby van Jaarsveld

Riana Nel en Bobby van Jaarsveld het tydens Dinsdagaand se Ghoema-toekennings die pryse behoorlik ingeryg.

Nel het met vier toekennings weggestap: vrouekunstenaar van die jaar, beste pop-album deur ʼn vrouekunstenaar vir Die regte tyd, beste liedjieskrywer en beste verkoper. Onder die mans was Van Jaarsveld die groot wenner met drie toekennings: album van die jaar vir Maak ʼn wens, manskunstenaar van die jaar en beste pop-album deur ʼn manskunstenaar.

Adam is aangewys as groep van die jaar en hul liedjie, “Sal oorlog vir jou maak”, is as liedjie van die jaar aangewys.

Riana Nel

Riana Nel

Steve Hofmeyr het toekennings ontvang vir beste musiekvideo vir “Sit die ligte aan” en beste kontemporêre album deur ʼn manskunstenaar vir Toeka 3.Laurika Rauch is vereer  vir haar lewenslange bydrae tot die Afrikaanse musiekbedryf terwyl Mynie Grové die Baanbreker-toekenning ontvang het.

Riana Nel, Bobby van Jaarsveld, Elizma Theron, Nadine, Adam, Dewald Wasserfall en Nicholis Louw was van die kunstenaars wat tydens die glansgeleentheid in die Staatsteater opgetree het.

Hier volg die volledige lys van wenners. Nog foto’s volg onderaan die berig.

ALBUM VAN DIE JAAR

Bobby van Jaarsveld – Maak ’n wens

MANSKUNSTENAAR VAN DIE JAAR

Bobby van Jaarsveld

BESTE POP-ALBUM DEUR ‘N MANSKUNSTENAAR

Bobby van Jaarsveld – Maak ’n wens

VROUEKUNSTENAAR VAN DIE JAAR

Riana Nel

BESTE POP-ALBUM DEUR ‘N VROUEKUNSTENAAR

Riana Nel – Die regte tyd

BESTE LIEDJIESKRYWER

Riana Nel

BESTE KONTEMPORêRE ALBUM DEUR ‘N MANSKUNSTENAAR

Steve Hofmeyr – Toeka 3

BESTE MUSIEKVIDEO

Steve Hofmeyr – “Sit die ligte aan”

GROEP VAN DIE JAAR

Adam

BESTE LIEDJIE VAN DIE JAAR

Hugo Ludik/Joe Foster/Johan C Venter – “Sal oorlog vir jou maak” (opgeneem deur Adam)

NUWELING VAN DIE JAAR

Vegas

BESTE KONTEMPORêRE ALBUM DEUR ‘N VROUEKUNSTENAAR

Laurika Rauch – Wals, wals Willemien

BESTE ALBUM DEUR ‘N DUO OF GROEP (POP/KONTEMPORêR)

Eden – Nooit oud raak nie

BESTE GEESTELIKE ALBUM

Hennie Maritz & KrissTel – Duis:Lig 2

BESTE KINDER-ALBUM OF -DVD

Hanna Grobler en Hendri Myburgh – Buster die Brak – Almal het ’n gawe (DVD)

Die MK-toekenning vir BESTE ALTERNATIEWE ALBUM

Die Heuwels Fantasties – Ja.Nee.Lekker

BESTE BOEREMUSIEK-ALBUM

Die Penkoppe – Lekker man lekker

BESTE HUMOR-ALBUM

Wicus van der Merwe – Popster

BESTE INSTRUMENTALE ALBUM

CH2 Guitar Duo – Soos in die ou dae

BESTE VERVAARDIGER

Juan “Floors” Oosthuizen

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

sproetjies ·

Veelsgeluk aan al die Wenners. Julle maak ons trots op ons Afrikaanse Moedertaal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.