[Foto’s] Rolene Strauss se grootste dag

Rolene en D'Niel Strauss beloof trou aan mekaar op 6 Februarie 2016 by Laurent op die Lourensford-wynlandgoed Foto: Rolene Strauss, Facebook

Rolene en D’Niel Strauss beloof trou aan mekaar op 6 Februarie 2016 by Laurent op die Lourensford-wynlandgoed Foto: Rolene Strauss, Facebook

Rolene Strauss, voormalige Mej. Suid-Afrika en Mej. Wêreld 2014, en D’Niel Strauss het Saterdag trou aan mekaar beloof.

Rolene en D’Niel se groot dag het by die skilderagtige Laurent-trouvenue op die Lourensford-wynlandgoed in Somerset-Wes plaasgevind.

Die paartjie het in Desember 2014 verloof geraak en die troureëlings het dadelik begin. ʼn Professionele span onder leiding van Aleit Swanepoel, stigter en voorsitter van die Aleit Group, het gesorg dat alles seepglad verloop.

Die span van Okasie het gesorg vir die blomme en dekor en hulle is glo geïnspireer deur die “tydlose skoonheid” van die bruid. Rolene se vriend, die ontwerper Casper Bosman, het gesorg dat sy dié dag op haar mooiste lyk.

Rolene het in ʼn koets, wat deur ʼn perd getrek is, opgedaag en die plaaslike fotograwe, Vivid Blue en Joe Photography, het die geleentheid op film vasgelê.

Die gaste het gesmul aan ʼn viergangmaaltyd wat deur sjef Gustaaf Boshoff van STIR Food voorberei is. “Dit was ʼn gebalanseerde mengsel tussen tradisionele Suid-Afrikaanse happies en ʼn mengsel van Asiese en Mediterreense geure.

ʼn Asemrowende vyflaagtroukoek deur Wade van der Merwe is as die nagereg aangebied.

“Ons gaan bou op die vaste basis wat ons geskep het in ons geloof, familiewaardes en passie vir die lewe,” het Rolene gesê.

Lees alles oor die verloop van die troue en sien nog foto’s op Rolene se webwerf.

“To everything there is a season and a time to every purpose under the heaven”~ Ecclesiastes 3:1This is our time…Follow my Wedding Love Story on www.rolenestrauss.comXxx

Posted by Rolene Strauss on Saturday, 6 February 2016

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

JoeV ·

Pratig, daar was beslis baie meer troues op dieselfde dag, hoekom is daar net oor die troue berig?
Mis ons iets, hoekom sou persoonlike goed nou hier berig word?

Gerhardt ·

Baie geluk julle! Mag die huwelik ware en standhoudende geluk bring!

Freud ·

Maroela Media,
Ek wil maar net vra asseblief. Word ‘n koets deur ‘n perd getrek of gesleep? Gesleep sou tog beteken dat die koets geen wiele gehad het nie. Ek het spesifiek gekyk na die fotos en gesien dit het tog wiele.

Sune van Heerden ·

Dagsê Freud

Ons vra om verskoning vir die oorsig. “Trek” is inderdaad in hierdie geval die beter woordkeuse.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Nico ·

Omtrent al die celeb huwelike waar Huisgenoot op een of ander manier betrokke was het nog gevou.
Vir hulle gaan dit net oor skinder en sirkulasie syfers

Susan ·

Ai tog, daar gaan ons alweer!
‘n Goeie begrip het ‘n halwe woord nodig.
So vreemd dat so baie Maroelanuus se lesers net sit en wag om negatiewe kommentaar te kan lewer. Ook nie die son oor ander kan laat skyn nie. Wonder wat het jy met jou tyd gedoen voordat Maroelanuus op die toneel verskyn het.
Indien enige berig nie die soort ‘nuus’ is wat jou interesseer nie, hoef jy dit nie te lees nie. Die opskrif bied jou die geleentheid om dit oor te slaan.
Dit is ‘n jammerte dat slegs moord en doodslag deesdae in meeste Maroelanuus se lesers se oë as nuuswaardig beskou word.
Rolene, baie geluk met jul huweliksbevestiging. Mag julle ‘n lang en geseënde huwelikslewe beleef!

Elize ·

Dankie Maroela, dit is pragtig en en baie nice van julle om dit te plaas. Heerlike sprokie gewees

willie ·

Mooi so so Susan. Stem saam. Kom ons wees meer positief oor dinge. Geniet hierdie berigte ook

Elizabeth ·

Pragtig – ‘n vars briesie en ‘n duisendmaal beter as al die fotos van opgefrommelde motors en berigte oor moord en doodslag!

Jeanette ·

Baie, baie geluk aan julle 2, dis n sprokies troue ,jy lyk fantasties ek ek volg alles van julle ,vandat jy Mej Suid-Afrika is en toe Mej Wereld , jy is n fantastiese mens van binne en buite, God seen julle!!!!!

Testertjie ·

Baie geluk, julle ‘n pragtige paartjie. Als wat mooi is vir die toekoms.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.