[Foto’s] Rondloper Sylvester nou tuis

Sylvester. Foto: Verskaf

Sylvester. Foto: Verskaf

Sylvester, die Karoo se rondloperleeu, is by sy nuwe tuiste, net minder as ʼn jaar nadat hy vir amper ʼn maand lank op vrye voet was.

Sylvester het Vrydagmiddag by sy nuwe tuiste in die Addo-olifant Nasionale Park buite Port Elizabeth aangekom. Fayroush Ludick, woordvoerder van SANParke, het gesê Sylvester is Vrydagoggend in ʼn boma in die Karoo Nasionale Park, waar hy sedert sy laaste ontsnapping aangehou is, verdoof voordat die rit van vyf uur na sy nuwe tuiste aangepak is.

Die drie en ʼn half jaar oue Sylvester sal vir die volgende paar maande saam met twee leeuwyfies, albei omtrent twee jaar oud, in ʼn boma in ʼn omheinde area van 200 ha bly. Volgens Ludick hoop hulle dat Sylvester en die twee wyfies hul eie trop sal vorm. Die twee leeuwyfies het in Mei 2015 in die park aangekom nadat hul ma deur ʼn slang gebyt is.

Sylvester het op 5 Junie vir die eerste keer ontsnap en was vir langer as drie weke op vrye voet voor hy weer gevang is. Hy het op 28 Maart vanjaar weer ontsnap, maar is drie dae later gevang.

Lees alle vorige berigte oor Sylvester op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Joann ·

Sooo bly hy het nou sy eie plek saam met twee pragtige dames. Ek bly naby die park en sal vir hom gaan dag se.

johann cb ·

Hi Joanne, versigtig net dat casanova nie by jou ook aanlê nie! Die ou gaan nou die dames besig hou. Groet hom namens my ook. (^_-)

Karma ·

O vloek, kyk, as Sylvester by mý kom aanlê …. hol ek so vinnig weg jy sal net die stoffies so van my voetsole sien afdwarrel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.