Foto’s: Rower doodgeskiet tydens Vereeniging-huisbraak

Foto: SAPD

Foto: SAPD

ʼn Vermeende rower is doodgeskiet tydens ʼn inbraak by ʼn huis in Vereeniging.

Volgens die polisie het die eienaar van die huis en sy gesin reeds geslaap toe hulle geluide onder in die huis gehoor het. Die eienaar het vier verdagtes in die huis aangetref en onmiddellik die buurtwag in kennis gestel.

ʼn Skietgeveg het tussen die verdagtes, die eienaar van die huis en lede van die buurtwag uitgebreek. Een van die verdagtes is tydens die skietgeveg geskiet en deur paramedici op die toneel dood verklaar.

Volgens die polisie het die drie ander verdagtes van die toneel gevlug en word daar na hulle gesoek. Een van die drie verdagtes is ook tydens die skietgeveg gewond. Die polisie het op ʼn ongelisensieerde rewolwer, ʼn 9 mm-magasyn, ʼn skootrekenaar en ʼn sak met gereedskap beslag gelê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Piet Pompies ·

In die aangesig van sy eie bloed het die rower die duurste prys betaal vir sy optrede.

Jan ·

Klink my die buurtwag is vinniger as die SAPD. Buurtwagte moet oral ingestel word sodat ons, ons kan beskerm. Die enigste probleem is dat die SAPD nou die mense se vuurwapens gaan vat vir die tydperk van die ondersoek en dan is hulle weerloos. Tipies sal wettige vuurwapens gevat word terwyl daar duisende onwettige vuurwapens in omloop is en gebruik word in soortgelyke gevalle.

zahn ·

Hoekom kry ons nie ook ongelisensieerde wapens nie, verdedig ons self daarmee, en as die polisie opdaag, wel, dit was die rowers wat op mekaar begin skiet het. Probleem opgelos.

peet ·

Ek se weer as jy gevang word met ongelisensieerde vuurwapen moet jy lewenslank kry sonder enige parool, dit sal n einde aan baie misdade maak. Hoekom het jy so wapen net vir een doel moor en roof. Die wet moet so streng wees oor dit as jy so wapen sien of van hoor moet jy al hardloop.

J.Z ·

Nee nie lewens lank nie maar wel die doodstraf,dit is al oor en oor bewys dat lewenslank nie meer n afskrik is nie,word vroeg vry gelaat en dan weer vir die selfde oortreeding gevang.

jacques ·

Mooi man dit gee my weer hoop vir die land.Gelukig bly ons nie in die UK nie waar jy nie jou self mag verdedig nie.

Nie naam ·

Moet asb nie dat ons president dit hoor nie, hy verander dalk die wet!

MavusiKenpachi ·

Toemaar, hy’s te besig met ander goed om oor die wet to worry.

carel ·

SAP – wat van vinger afdrukke op die goed in die sak wat agtergelaat is? Ek sien n flits – wie het sy batterye ingesit? (finger afdrukke?)

Deon ·

Die week raak net beter en beter, as dit so aangaan is daar een van die dae nie meer n probleem met “rowers” nie

Cathy Kotze ·

Ek kyk na die foto’s van die huis met al die tralies en ek kan nie glo dat dit is hoe mens vandag in Suid-Afrika moet leef nie. Is elke huis dan nou ‘n mens se persoonlike tronk?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.