Polisiebeamptes moes Maandag rubberkoeëls afvuur om betogers naby Rustenburg in Noordwes uitmekaar te jaag.
Dié betoging was een van ʼn vlaag betogings wat die provinsie al sedert verlede maand teister. Dit blyk egter dat dié betoging nie soos die ander verband hou met eise dat premier Supra Mahumapelo bedank nie, maar dat betogers eerder oor ʼn gebrek aan behuising ontevrede is.
Die betogers het die R565 tussen Rustenburg en Sun City by Boshoek naby Ledig met brandende buitebande, klippe en boomstompe versper. Toe die rubberkoeëls afgevuur is, het hulle in die veld in die rigting van die Rasimone-myn gevlug.
Brig. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, het gesê niemand is in hegtenis geneem nie.
Daphney Semakane, leier van die gemeenskap, het gesê inwoners wag al sedert 2014 vir laekoste-behuising. “Ons is moeg vir die leë beloftes van die regering. Ons is huise en grond belowe, maar het tot vandag toe nog niks ontvang nie. Die hof het gesê die munisipaliteit moet onderneem om skuilings aan ons te voorsien,” het sy gesê.
Volgens Semakane woon die gemeenskap sedert 2013 in tente nadat die Koninklike Bafokeng-volk hul huise gesloop het nadat hulle beweer het die grond wat die inwoners beset is deel van die etniese tuisland van die Bafokeng-volk.
Semakane sê die Rustenburg-munisipaliteit het destyds onderneem om vir die inwoners huise te bou. “Die munisipaliteit het in Maart met ons vergader en gesê hulle sal ontwikkelings hierheen bring. Maar hulle is glad nie spesifiek nie. Ons soek grond en ons soek huise,” het sy gesê.
Lyk bekend of hoe pres Trump afrika nou weer gedoop ####”hole”
Maroela Media
Moet die opskrif nie dalk wees: “… tydens nog ‘n Noordwes-betoging” nie?
Dagsê André
Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.
Groetnis
Tania nms Maroela Media
Dis darem lekker. “Hulle wil grond en huise hê”.
Sommer net hê!!!!!!!
En dis snaaks wat dis juis die mense wat gebreek en gebrand het met al die demands wat n staatspensioen gaan kry ….en die ene wat belasting betaal het kry net mooi niks ! Nie medies veiligheid pension n huis …nee al wat jy sal hoor is hoe verdompt sleg jy as n minderheid is
Nou gaan eis by die royal bafokeng huise en grond en water en elktrisiteit en en en
He, he, he, ons wil net he. Ons wil alles he, maar wil nie ‘n sent vir enigiets betaal nie.
Wel ek het slegte nuus vir julle. Ek bly in Rustenburg, en laat ek julle nou mooi vertel. As hierdie Muisipaliteit nie eers die kennis en nodige hulpbronne het, om die mees basiese van die basiese Infrastruktuur in stand te hou nie, waar dink julle gaan die huise vandaan kom?
Die vreemdste verskynsel is dat witmense oor die algemeen nie opgemerk word waar hulle betoog om ‘n gratis huis en dienste van die regering nie. Vandat ek kan onthou was daar vir my vertel, as jy dit of dat wil hê, moet jy werk daarvoor. En ons het daarvoor gewerk, dit self betaal en nou word ons daarvoor verag deur die meerderheid.
Ek soek ‘n huisie by die see. Met al die ‘perks’ wat die ander ‘demand’. Vir wie moet ek stem om dit te kan kry?
Vir Old Mutual, GM.
“in 2013 het die Koninklike Bafokeng volk hul huise gesloop” – Nee dit is nie regtig ‘n ander protes as die onlangse voorvalle in Lichtenburg en Mahikeng nie, weereens is daar spanning en konflik tussen die tradisionele leiers en die bevolking, iets wat ook onderliggend is aan die vorige protes.
Hierdie foutlyn tussen tradisionele leiers en die ANC populiste asook revolusionêre elemente na links word geheel deur die hoofstroom media ontken, iets wat my laat wonder hoekom dit sou wees?