[Foto’s] Ruiters lê meer as 200 km te perd af vir erfenis

Die ruiters het verskeie erfenisterreine besoek. Foto: Verskaf

Die burgerregtewaghond AfriForum en Kraal Uitgewers het vanjaar as borg opgetree vir tien ruiters en hul perde wat die afgelope week van Bloemfontein na Kimberley gery het om die Anglo-Boereoorlog te herdenk wat van 1899 tot 1902 plaasgevind het.

Die ruiters van hierdie herdenkingsritte het reeds die afgelope ses jaar soortgelyke ritte na ander gebiede in Suid-Afrika onderneem en nagenoeg 1 700 km te perd afgelê.

“Ons is trots om hier te kan wees en hoe dan beter as op die rug van ʼn perd; ʼn vertroueling,” het Theunis van Staden, ruiter en sameroeper van dié herdenkingsritte, gesê.

Verskeie erfenisterreine insluitend die Vrouemonument in Bloemfontein, historiese bakens op Petrusburg en Jacobsdal, asook die slagvelde van Paardeberg en Magersfontein is tydens vanjaar se rit besoek.

“Ons het nie net ons eie geskiedeniskennis opgeskerp nie, maar het ook bewus geword van die groot behoefte aan die instandhouding en bewaring van hierdie terreine en monumente. Talle van die monumente en terreine waarby ons gekom het, is ongelukkig tans in ʼn swak, vervalle of beskadigde toestand,” het Mareli Rall, ’n AfriForum-bemarkingsbeampte wat ook die rit meegemaak het, gesê.

Volgens Van Staden het die plaaslike gemeenskappe op die roete se betrokkenheid en ondersteuning aan die ruiters en hul perde ʼn belangrike rol in vanjaar se herdenkingsrit gespeel. “Lede van die gemeenskap het daagliks vir skoon water, kampe, lusern en tef gesorg. Hierdie rit het weer bewys dat ’n gemeenskap mekaar kan ondersteun en bystaan,” het Van Staden byevoeg.

Die afskop van vanjaar se rit het saamgeval met die bekendstelling van Kraal Uitgewers se nuutste publikasie, Wes-Transvaal: Militêre brandpunt van die Anglo-Boereoorlog, 1899 1902. Die historiese gebeure van verskeie van die terreine waarby vandeesweek besoek afgelê is, is in detail in dié boek opgeteken.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Johanna Botha ·

Vir erfenis …..tot seker voor 94 …want niemand wil iets erf soos die land en al sy huide gemors nie!

Elize ·

Ek sal glo talle van die terreine ens is in n vervalle toestand. Ons belasting geld word gebruik om dit wat ONS ook opgebou het en wat nou afgebrand en vernietig word WEER op te bou. Daar is nie geld oor vir die instandhouding van ons monumente. Skuus, ekt eintlik vergeet, ons het mos nie n verlede of n toekoms in die land nie. Alles wat vernietig word het mos vanself daar gekom. Van hulle haat alles rakende die blankes, maar kyk hoe geniet hul die westerse lewenstyl. Wil hul brood aan albei kante gebotter hê. Eintlik soooo lagwekkend.

Juffrou ·

Deel asb jul kennis so ver en wyd as moontlik. Reël praatjies by skole.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.