[Foto’s] Rustenburg-juffrou erg aangerand tydens uur lange ontvoeringsdrama

Marlene Hurford in die hospitaal. Foto: Verskaf

Marlene Hurford in die hospitaal. Foto: Verskaf

Waarskuwing: Die foto onderaan die berig is grafies van aard en mag sensitiewe lesers ontstel.

ʼn Onderwyseres van Rustenburg in Noordwes en ʼn vriend is Woensdagmiddag erg aangerand tydens ʼn kapingsvoorval wat nagenoeg ʼn uur lank geduur het.

Barend Hurford (28), die gr. 3-onderwyseres Marlene Hurford (40) se stiefseun, het Donderdag aan Maroela Media gesê Marlene het tydens die voorval ernstige beserings aan haar gesig opgedoen en haar vriend, Grant Short, in sy laat 40’s, is nagenoeg 20 keer met ʼn yspen gesteek.

“My ouers woon op ʼn plaas in die Kroondal-omgewing buite Rustenburg. My ma ry daagliks met my pa se bakkie na die dorp om skool te gee, terwyl my pa op die plaas bly,” het Hurford gesê.

Hy verduidelik dat Marlene elke oggend haar kleindogter by ʼn plaaslike kleuterskool aflaai en weer oplaai as sy in die middae terugkeer huis toe.

“Die bakkie het gistermiddag naby Hyperslaghuis in Proteapark onklaar geraak. Aangesien my pa sonder vervoer op die plaas sit, het sy vir Grant gebel om haar te kom help. Hulle het toe die bakkie daar gelos en was in Grant se bakkie op pad om my susterskind by die kleuterskool te gaan oplaai toe drie mans by die T-aansluiting, buite die begraafplaas, agterop Grant se bakkie gespring het.”

Die mans het die yspen teen Grant se nek gehou en hom gedwing om na Rustenburgkloof, sowat 5 km daarvandaan, te ry.

“Daar naby het hulle my stiefma aangerand en aangedring op haar selfoon, juwele en kontant. Sy het egter geen kontant by haar gehad nie, waarna hulle haar nog meer geslaan het. Hulle het haar daar gelos en Grant beveel om kilometers verder aan te ry. Hulle het hom iewers langs die pad uit sy bakkie gegooi nadat hulle hom nagenoeg 20 keer met die yspen oor sy hele lyf gesteek het. Hulle is weg met my stiefma se besittings en Grant se bakkie, die geld wat daarin was, en sy selfoon en juwele.”

Marlene het intussen na die pad gestap waar sy hulp van verbygaande motoriste probeer kry het. “Baie motors het net verbygery sonder om te help, voordat twee ouerige ooms uiteindelik stilgehou het.”

Marlene is na die ongevalle-eenheid van die Life Peglerae-hospitaal gehaas. Haar een oog is toegeswel en haar oogbank gekraak. Haar wang- en kakebeen is ook beseer en haar neus bloei aanhoudend. Sy wou nie in die hospitaal opgeneem word nie en het verkies om huis toe te gaan om daar aan te sterk.

Motoriste het ook tot Grant se redding gekom. “Hy het ʼn pasaangeër en hulle het dit met millimeters gemis. Hulle het hom ook in die rug gesteek en vir sy rugwerwel gemik, maar dit is ook met millimeters gemis, anders was hy dalk verlam.”

Grant is ook na die Peglerae-hospitaal geneem waar hy steke ontvang het. Hy is later die aand ontslaan en is daarna na die Rustenburg-polisie om die voorval aan te meld. Hy sterk ook by die huis aan.

Na wat verneem word, is Grant se bakkie nog nie opgespoor nie en niemand in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Waarskuwing: Die foto wat volg is grafies van aard en mag sensitiewe lesers ontstel.

Marlene se bebloede beursie. Sy is erg aangerand aangesien sy nie geld daarin gehad het nie. Foto: Verskaf

Marlene se bebloede beursie. Sy is erg aangerand aangesien sy nie geld daarin gehad het nie. Foto: Verskaf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

96 Kommentare

Corrie ·

Ons moet ons maar beroep op Amerika. Pres Trump verstaan waarmee ons te doen het. Amerika het al baie plekke ingegryp. Dalk het die Here hom op ons pad geplaas. Ons kan net bid dat die Here die koppe van ons leiers draai. Ek kan sien dit is stadig besig om te gebeur.
Vertrou op die Here en glo.

Denise ·

Dit is skokkend ek het nie woorde ek is siek van al die moorde verkragtings, aanradings ,kapings inbrake teen ons wit mense dit raak nou net T ERG. Sterkte aan die man en vrou en familie!!!!

Elize ·

Goeie genade, waarheen is ons land oppad!!! Kan die regering se oogklappe asb tog net af val. Niemand is meer veilig. Sterkte aan die betrokke persone wat beseer is.

Frederik ·

Al die dinge is jare gelede voorspel. Sal nie sê deur wie nie, want dan plaas Maroela nie my kommentaar nie.

Skokkend ·

Elize? Regering? Oogklappe afval? Frederik, die siener was en is n boodskapper van God.

Piet ·

Frederik, dit was voorspel deur Jaap Marais. Maar ek sal op my rug val as hulle dit plaas. Nog elke maal as ek iets van Oom Jaap se is dit nie geplaas nie. Destyds is mens nie tot die Broederbond toegelaat as jy in die HNP was nie. Die kragte wat aan die werk is haat die waarheid en dit is ook waarom die detail van hierdie aanvalle, wat op ‘n daaglikse basis plaasvind, grootliks toegesmeer word.

VERKLAAR OORLOG TEEN HIERDIE AANVALLE! ·

Watter soort varke doen so iets.. ek wil eintlik nie eens die arme pragtige diere vergelyk met hierdie monsters nie!!
Ek glo hier kom binnekort oorlog as dinge so gaan aanhou! Hul gaan eendag die verkeerde man en vrou aanrand en dan is die hel los! Ek glo ons moet ons begin gereed maak vir ‘n burger oorlog.. van blikkies kos tot mediese behoeftes en medikasie en natuulik ‘n roer of 2 met baie voorrade!

Natuurlik sal daar niemand vasgetrek word nie.. skuldiges het net weereens verdwyn in die skare…

Cherokee ·

Jy behoort strokiesverhale te skryf. As burgeroorlog sou uitbreek sou dit lankal gebeur het.

Hugo ·

Ek is oor hierdie land. ek is oor hierdie moordenaars en skelms. ek is oor die feit dat ons afrikaners leierloos een vir een uitgemoor word. ek is oor die feit dat net ek as witman ‘n rassis is. ek is moeg om sulke artikels te lees., ek is oor dit. ons almal praat dieselfde rigting van – genoeg is genoeg. maar wanneer gaan ons reageer? wanneer gaan ons ophou skapies wees wat wag vir slagting? Ek is oor blankes wat onder mekaar baklei, ek is oor dit om die heeltyd moeg te wees want mens moet jou agterent af werk om vir Zuma en sy klomp trawante te sorg en dan nog in die aande wakker lê en wag. Sterkte aan die familie is al wat ek kan sê.

Jean ·

Arme arme mense .. so bly julle het oorleef, BAIE STERKTE en onthou julle het niks verkeerds gedoen nie, en ‘verdien’ absoluut niks daarvan nie. Die regering en polisiediens het heeltemal beheer oor misdadigers verloor. Hoop regtig jy herstel gou en baie jammer dat wetsgehoorsame burgers nie meer veilig is in SA nie.

Alida ·

Hugo ek stem met alles saam wat jy se maar wat staan ons te doen? Dit klink verspot maar ons kan werk skep deur mense aan te stel om ons snags op te pas anders weet ek nie. Die SAPD kan nie 24/7 oral wees nie. Die fotos van AL hierdie gruwelike dade moet die HELE wereld ingestuur word dan kyk ons hoeveel toeriste wil SA besoek.

GATIEP ·

Ons witmense moet nou besef , of jy is 100% agter n swaard vir die behoud van die witman , of jy staan reg voor die swaard. Geen meer “ek stem nie volkome saam” twak nie..

Ons kannie meer iemand bekostig wat nie saamstem nie, raak ontslae van hierdie dwarstrekkers…ons moet oorleef, en oorleweing het nie perke nie.

Joh. 3:16 ·

Aaaag Gatiep. Jy is ‘n groot ek… Jy deel nou houe asof Afrikaners verskoning soek om op te tree. Ek vra die vraag wat jy as dwarstrekkerig beskou… “maar wat kan ons doen?” Jy weet ons het geen mag oor in die land nie. Hierdie mense het soos die meeste mense hulle produktief uitgeleef deur te gaan werk en huis toe te gaan. Hulle het nie beplan vir jou oorlog praatjies nie. Ek is bitter jammer om jou reguit te antwoord : jy kan môre niks aan die saak doen nie. Gaan werk en gaan huis toe. Bid vir jou en jou geliefdes se veiligheid en ons almal beter begin bid dat hierdie regering hulle werk ernstig sal opneem. Jy dink ek is belaglik? Daar is jou antwoord, waarom God ons in die posisie geplaas het. Ons dink baie dat vertroue in Hom belaglik is. Gaan maak jou oorlog teen die wind, want jy weet as dit kom by daaglikse misdaad kan jy nie die swaard trek teen enige een wat jy nie vertrou nie…

Mel ·

Ag Vader!!!!! Wat nou nog!!!!!! Regtig hoe lank gaan dit nog so aangaan, di trauma wat hulle moes deurgaan, sorry maar di haat word by di dag net groter en groter, ons blanke mense is nou maar di teiken, baie sterkte aan di 2 mense wat so seer moes kry, dink aan julle!!! Wens net geregtigheid kan seëvier in SA, genoeg is genoeg

ouma ·

Nee dit is mos nou die nasionale sport deesdae vir sommige mense!!!

mari ·

Oorlog moet nou maar kom want so kan dit nie aanhou nie!! Ons moet begin terugskiet!!

Andre ·

Hi Mari dit is lankal oorlog dit is wat jy noem stil oorlog en dit kom net van een kant af.

Sannie ·

Wyse woorde ouma maar eendag is eendag gaan hulle hul g@t sien sonder n spieël. Daardie dag is nie meer baie ver nie. Genoeg is genoeg. En dit is al die kleure wat so voel nie net die wittes nie.

Rina ·

Dis die EFF se leier wat sy mense opstook, want hul is nie geleerd nie…..so hy laat sy vuilwerk oor aand die nie geskooldes……Dreig mos altyd ons gaan die witmense doodmaak, maar dis nog nie die tyd nie. Mense ons is in die eindtye, sorg net dat jul lewe reg is mer Yahshua (SY hebreeuse Naam. Die woord se dit gaan weer wees soos in die dae van Noag, ek dink ons is nou daar….

Christelle ·

Bring liewer die doodstraf terug…wit mense is al vir ‘n paar jaar die teiken. Een vraag wat ek wel het hoe moet jy jou kinders nie rasisties groot maak maar jy moet aanvaar dat daar rasisties teenoor jou en jou hele familie opgetree word.

Eddie ·

My vraag is?????? Hoekom word hierdie slagtings nie op die nuus om 7 gewys nie. Maar wel die ou wat in n kus gedruk word en na die tyd nie n skraapie aan hom het nie( nie dat ek se dit is reg nie) Maar vrek deur waste tramma moes hierdie mense en duisende ander gaan wat so sinneloos gemartel en dood gemaak word vir n paar rand of n selfoon. Hierdie land van ons is siek en dinge ruk nou heentemal hand uit. Genoeg is nou genoeg!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!1

MADSIE ·

Dis verskriklik en die ergste is probeer jy jouself verdedig en hul kom iets oor of kry seer word die storie verdraai of . Die geval sal ook maar net weer doodloop Ons staan gee kans teen hulle nie al wat ons kan doen is om aan ons geloof vas te klou want die regering kan ons nie beskerm nie. Sterkte aan die slagoffers

Johann Barnard ·

Al uitweg,ons moet ons goeie maniere vergeet.ELKE KEER as n blanke aangeval word moet ons 20 of meer van hulle aanval.Al uitweg!!!!

MADISON ·

Ag Petoors is dit die eerste en slimste gedagte wat by jou kan opkom????

jaco ·

Alle wit mense in SA wat nie met dubbele burgerschap of n definitiewe kans op werk in Europa of Amerika n escape hatch het nie, moet uiters dringend by die ANC en die EFF op twee goed begin aandring: deportasie na ons lande van herkoms of gedwongen verskuiwing na n wit tuisland. Ek maak nie n grap nie. Eks ernstig.

Lida ·

Ek is regtig bang. Watter kans staan ek as 40 jarige enkel vrou sonder kind of kraai in hierdie land? Daar was al 3 inbrake by my, en verlede week nog ‘n poging. Dit is nie normaal om so te moet lewe nie. Kyk net hoe word ons gemartel en een vir een uitgemoor!

Alida ·

Lida jy kan verhuis. Niks keer jou nie want daar is nog veilige plekke in SA. Ek weet nie waar woon jy nie maar Gauteng is nie die alfa en omega nie.

Lida ·

Alida waarheen? Ek woon in Overstrand area. Ons het verlede week optog gehou. Waar is dit veilig? Ek is daar binne ‘n oogwink.

Rln ·

Lida, Dit is presies hoekom ek die land uit is… Geen kans vir n enkel vrou sonder kinders.

Dianne ·

Petoors dis uiters swak om sulke aantuigings te maak! Ek dink regtig ni dt is gevraagd ni. Ek glo ni hulle sou enigsens sulke dinge op di brein gehad ht na di aanval ni.

Skokkend ·

Sjoe alida! Oogklappe af vir jou as jy dink NET gauteng is die alfa en omega!? Openbaring 22: 13 “Ek is die Alfa en die Omega, die Eerste en die Laaste, die Begin en die Einde”.

Melanie ·

Ek lees die berig en dit is skokkend hoe die geweld toe geneem het en jammer as ek dit noem maar vir my is dit asof die haatspraak reenoor die blankes die geweld aanhits.Byvoorbeeld wat Malema genoem het en met sy toespraak die plakaat wat gewys het “kill white”.Die tiepe rasisme is nie nodig elkeen verdien ‘n plekkie in die son.

Cacophony ·

Cry vir die beloved country want die kriminele is besig om die goeie mense (van alle rasse) te verswelg.

emma ·

Dit is n feit wat ons blankes vergeet, daar is NET SOVEEL geweld teenoor ander rasse! Ons land as GEHEEL moet se : GENOEG IS GENOEG!! Lees jou bure ken en raak betrokke sodat as vreemdelinge in die area is, laat die Polisie weet.

Cherokee ·

As jy kyk wat Maimane se reaksie was oor die twee witmans wat hy wil hê ingewag moet word om ‘n hoek met klippe, moet julle sien wat Maimane nòu gaan doen nadat hy hierdie berig gelees het…. hy gaan VF+ draai..! (en al die witmense wat DA stem net daar los.)

Paul ·

Gelukkig kan jy dit net sarkasties bedoel, onthou die man is maar net die leier van die anc lite en hy maak maar soos voorgeskryf deur sy seniors.

Maud ·

Ai hoeveel vrouens is die afgelope tyd vermoor en byna doodgeslaan ?????As hulle nie deur hulle eie mans vermoor word dan word hulle deur vreemdes vermink of doodgemaak .

Johan ·

As hulle gevang word 3 kiste, 1 blikDoom dan tronk toe……hulle sal dit nooit weer doen nie

Johann Barnard ·

Geagte Alida,waarheen moet ek verhuis,vertel ons asb.Sal nou begin pak.

Lance ·

Dit is regtig vreeslik dan wonder sommige nog of die doodstraf n goeie ding is …wag tot die tiepe ding jou tref ….so baie kinders en vroue het al presies so deurgeloop en gaan nog in die toekoms en dit onder die hatigheid van die booswigte ….bring ASB die doodstraf terug dit sal n einde maak aan die gebeure ….50 moorde n dag in SA …..Botswana byna niks moorde vir die jaar ja want hulle het die doodstraf …

Dries ·

Goeie genade, iemand sal moet begin met ‘n petisie of ‘n ernstige poging aanwend om die doodstraf terug te bring. So kan dit nie aangaan nie !

Ellie ·

Dit breek my hart dat weerlose mense so verniel en seergemaak word! Dit is ‘n uitermatige wrede aanval en ek wens julle ‘n spoedige herstel toe. Dink aan julle en bid vir julle!

theo ·

hoeveel mense gaan nog geteister/beseer/geskiet word deur booswigte wat soos diere reageer. Dit is wat die anc in hierdie land gebring het. Vanoggend gehoor dat al 500000 mense vermoor is in hierdie land na 1994.
groete

ag toe ·

at asseblief sannie gaan jy hulle doodskree op sosiale media dood skree.

Skokkend ·

En wanneer mense oor die realiteit hiervan praat en wat werklik aangaan (ek dink sommer aan Steve, Sunette en Daan), word hul deur ons eie mense aangeval. Die arme mense moes huistoe gaan en kon nie in die hospitaal bly nie, want daar, eerder as tuus, kan hul moontlik doodgaan: dis die ander realiteit! Baie sterkte aan hulle.

M'Lady ·

…en so arriveer Suid-Afrika se eie uhuru so stil-stil aan.

Anton Treurnooit ·

Ek dink dis tyd dat ons ontwaak en oog vir oog eis. En lewe vir lewe. As hulle bloedbad soek, kan dit gereel word. Met selle bloed as wat in bloedrivier gevloei het.

Johanna Botha ·

Lida ons gaan slaap ook bang so ons weet hoe jy voel …die polisie kan mens ook nie op staatmaak nie …eintlik is die skelms en moordenaars gladnie eers bang vir die polisie nie. Die nuwe SA …n mislukking en n groot gemors !

Dan ·

Eergister is ‘n blanke onderwyseres daar by Brits gekaap en vermoor, gisteraand is ‘n blanke man by Broederstroom gekaap en vermoor, en gister is hierdie twee blankes in Rustenburg gekaap. Die aanslag neem nou ‘n nuwe vorm aan. Maak nie saak wie jy is of waar jy is nie, hulle kaap jou helder oordag en vermoor of vermink jou. Maar die liberaliste sal wel een of ander verskoning kan uitdink vir hierdie aanvalle en vir ons kom vertel van die kapers en moordenaars se “menseregte” wat eerbiedig moet word.

Ben ·

Vergeet van die doodstraf – “hulle” weet 98% sal hul eie mense wees, dus sal dit nooit gebeur nie. “Ons” mans, vroue en kinders moet uit ons gemakzone van ouds (ons goeie reg) uitkom en nou ten alle tye van die dag of nag verwag dat dit jou laaste uur mag wees en uiters paraat wees met oombliklike verdediging in die ergste graad. Kry ‘n skokstok, pistool, mes, panga of whatever en wees reg om terug te veg tot die ergste graad op enige gegewe oomblik. Christene in die bybel het ook teruggeveg in benarde situasies.

jannie ·

Ben, jou antwoord slaan die spyker op die kop. Dit help nie om te sanik oor die doodstraf nie – dit sal nie terugkom nie. Dit help nie iemand kerm oor swart rasisme nie, want wêldwyd wil niemand dit hoor nie.

Sue ·

Dis okay om doodstraf terug te roep…maar vir watter rede as die hele justice system van die eerste SAPS ondersoek beampte tot uiteindelik in die hof…7 jaar later…en dan 2 jaar gevonnis word? Waar is die justice?

Renee ·

Hierdie is alles die eff hulle moet julius malema aan kla genoeg is genieg

prodoodstraf ·

Mari, ek stem saam met jou, maar ongelukkig het baie mense hul wapens ingehandig, omdat die regering dit so moeilik moontlik vir die wapeneienaar maak om ‘n wapen te besit. Nie lank terug nie was daar ‘n man deur die SAPD gevang wat van hierdie ingehandigde wapens aan skurke op straat verkoop. Ek bid dat die doodstraf teruggebring sal wordm Sterkte aan die familie

popeye ·

Skokkend en baie swaar om te sluk…dis baie wreed! Ou Jeep- man…ons is klaar in ‘n lae intensiteit burger oorlog, gaan kyk maar die definisie daarvan op met al die middelle tot jou beskikking.

popeye ·

Skokkend en baie swaar om te sluk…dis baie wreed! Ou Jeep- man…ons is klaar in ‘n lae intensiteit burger oorlog, gaan kyk maar die definisie daarvan op met al die middele tot jou beskikking.

stev ·

Ai dis hartseer om te lees.
Kom nou MM ons soek fotos van die mense wat dit gedoen het sodat die wereld kan sien. Ons soek dieselfde lugtyd as die doodskis video.

Ek wil ook graag weet wat MM het om te berig van die boer wat byna doodgeslaan is op is plaas in KZN, Mnr Lynton Mclean.

Want al ons Liberale nuus bronne sal mos nou nie dit wys nie. Ons wil sien hoe lyk die aanvallers en wie hulle is.

Koekie ·

Miskien moes julle ook die besonderhede van die voertuig geplaas het. Ek het gister n baie noue ontkoming gehad met n wit Tata bakkie in daai omgewing en dit sal my nie verbaas as dit die voertuig was nie!

elizna ·

Ek het n eenvoudige oplossing. Die grondwet sê almal het die reg op veiligheid en sekuriteit. Dagvaar die polisie vir elke aanranding en moord. Ons word dan nie beskerm nie en is nie veilig in ons eie woon of werkplek nie of in die openbaar nie. Ongelukkig sal dit beteken dat daar om elke hoek en draai n polisieman moet staan. Ek gee nie om nie. Ek betaal genoeg belasting en die regering besteel ons vrot. Ons land word gestroop. Dagvaar hulle.

Maria Van Dieweeck ·

Dankie Maroela. So afgrysklik as wat die fotos is, is dit n deurbraak. Dit beeld die GRUSAME WERKLIKHEID van die lewe van die witmens in Suid Afrika korrek uit. Mag die arme mense vinnig herstel, ek bid vir jul.

monique swanepoel ·

Ek en punte, kommas en so meer is nie vriende nie maar ek gaan beslis nie dat dit keer om my se te se nie. Ek is Marlene Hurford se tannie en glo my nie een van julle fotos is grafies genoeg om die horror te wys waardeer daai arme vrou is nie. Die fotos wat jul het van Marlene is na sy skoon gemaak is en steke gekry het. Daar is omtrent nie n been in haar gesig wat nie gebreek is nie en sy is net regs van haar
linker oog in haar oogbank en ook haar handgesteek met dieselfde “ice pick” waarmee Grant 20 keer gesteek is. So lees ek nou al die kommentaar oor hoe ons witmense nou sal moet saamstaan en dan voel ek hoe die beroerte my haastig bekruip. Waar was die saamstanende witmense toe Marlene n kilometer ver geloop het en al daai saamstanendes by haar verby gery het terwyl sy gesukkel het om nie in haar eie bloed te verdrink nie. Gelukkig het daar n WITMAN in die teenoorgestelde rigting gery haar gesien, omgedraai en haar na my huis toe gebring. Daai man in sy blou bakkie is my held en sal altyd in my gebede wees hyt voor ons hek gesit tot ons Marlene hospitaal toe gevat het. Ongelukkig het ons nooit sy naam of enige besonderhede van hom gekry nie want Marlene se toestand was net n te groot skok

WW ·

Jy maak ‘n baie goeie punt, Monique. Baie sterkte vir julle almal. Net so terloops, jou gebruik van leestekens lyk vir my heel goed genoeg!

Doodstraf ·

Doodstraf moet terugkom, dit sal werk, kyk Botswana – hul het nie eens 1 so saak nie, hul weet doodstraf is hul voorland!

Onaanvaarbaar! ·

Net alleenlik as die blankes van Suid Afrika as een opruk en daadwerlik optree sal dit n verskil maak. Miskien staak , belasting terug hou ,nie werk vir n paar dae totdat lewe begin moelik raak vir die lot wat dink dinge kom sommer maar net van selfsprekend na hul toe.Ek persoonlik dink die blankes moet n fonds stig en dit malema hof toe sleep elke keer hy sulke uitlatings maak!!!!,Hy propageer mos en hits moord en geweld aan op die blankes!!!.Dink mense daars mos baie slim blankes in Suid Afrika kom help dink aan n idee maak n datum maak mense bewus mobilliseer en voer dit uit!! Ons beweeg nou in n fase waar uitwissing n feit is en blaf maar nie byt houding maak dat ons n stille uitwissing aanvaar..
. Dit malema weet ons enkel n maklikke teiken!Hul die Eff die anc wil elke blanke of in n plakkerskamp sien of uitgemoor,hul voer n skrikbewind, dis tyd vir dat ons na onself begin kyk en vir ons eie optree die een een man lone ranger besigheid mentaliteit van blankes in Suid Afrika is tot ons eie ondergang!!!! Ek bedoel iets wat die sleg regering gaan maak wys ons praat besigheid en staan as een sal iets miskien gebeur andersins ja ons sal een uitgemoor word en die wereld sal niks daarvan hoor nie…

Dan ·

Malema Hof toe sleep? Wat dink jy gaan hy oorkom? R100 boete kry AS daar ooit teen hom opgetree word en AS hy ooit skuldig bevind word. Die Hof is daar om teen “blanke rassiste” op te tree, nie teen Malema en Kie nie

Jaco Prins ·

wanneer gaan ons ons eie polisie en speurdiens op die been bring? Die tyd het gekom dat ons maar self die kriminele moet uitsorteer. Enige vrede liewend mens ongeag sy kleur en nasie sal ons dankbaar wees!

foxi ·

MOET NOOIT N LEEU AANHOU TART IN N HOK NIE! As daardie leeu uit daardie hok kom………SAL JY NIE WEET WAT JOU GETREF HET NIE!!!!!!!
Hoe langer hierdie aanvalle aanhou teenoor onse mense, hoe bitterder word dit in die harte.

KS ·

So, Suid Afrika, wanneer begin ons terugveg??? Of sal ons maar een vir een val….

dan ·

Hi Frederik, ja dit is jare gelede deur Siener voorspel en is besig om te gebeur. Feit is dit gaan nog erger word. Maar op die einde gaan ons tog as oorwinnaars uit die stryd tree. Dit weet jy dan ook. Gaan net tyd neem. Ons moet net vasbyt en glo en almal wat so swaarkry ondersteun want dit kan met enige-iemand gebeur. My hart gaan uit na die Juffrou toe en ek hoop sy herstel vinnig en dat sy genoeg ondersteuning in haar gemeenskap kry. Dankie ook dat sy familie by haar het. Dink aan jou Juffrou!! Sterkte vorentoe.

Ada ·

MM sal julle asb al die foto’s wat julle van die laaste twee weke van aanvalle op blankes het op MM vertoon? Net waar ;n Blanke iets verkeerds doen word dit voorbladnuus , maar waar ons mense aangeval en vermoor word kry dit nie voorblad nie. Sal julle dit asb van nou af altyd HOOFNUUS maak? Daar is baie buitelanders wat ook MM lees en hulle het nodig om dit te sien en so die nuus kan versprei.

Swanna ·

Ada daar stem ek met jou absoluut saam. Oook sos in die berig word daar net genoem van drie mans. Ek sal graag wil weet watse drie manse en soos jy se die berig word eintlik op die agterblad geplaas want dit is mos ‘n allerdagse ding waar wittes aangerand en vermoor word en as rassisties gesien nie.

gerbrandt ·

KS daar is swart faksies wat aanmekaar gaan spring – nie meer oor baie lank nie.

giep ·

Frederik jy is reg. Siener het dit voorspel en dit is ongelooflik oor hoe akkuraat hy was.

Willie ·

Daar is wel iets wat elkeen intussen kan doen. Gaan vir opleiding, bewapen jouself. Stig ‘n buurtwag groep. Begin by jou bure rondom jou en begin na jou buurman se belange omsien. Dit het ‘n rippel effek, want dan is daar ‘n buurman wat weer na jou omsien. Word paraat en moet niemand vertrou nie, al lyk hulle hoe vriendelik.

Piet ·

Name van die boere persone wat dit voorspel het word automaties delete as mens dit intik. Nogal ironies dat jy Robert Mogabe of Julius Malema ‘n 1000 keer kan aanhaal dan plaas hulle dit.

Piet ·

Frederik het die persoon dalk ‘n boek geskryf met die titel “waarheid en werklikheid”?

Veg? ·

Niemand gaan terugveg nie want almal is te bang om as ‘rassiste’ uitgekryt te word en is bang om in die tronk te beland vir die geringste oortreding terwyl ander wegkom met moord. Solank dit jou nie direk raak nie, tree jy maar terug en laat die ander die houe vat .. ongelukkig maar ‘n ou wit houding, solank dit my nie direk affekteer nie, neem ek nie deel nie. Almal kla oor die onregverdigheid maar hoeveel mense ondersteun Afriforum, Outa, Solidariteit wat probeer om vir jou regte te veg? O nee, hulle is weer te ‘naief en rassisties’ het ek al gehoor . so ja . as niks vir jou werk nie, fight maar jou eie fight, net jammer soveel mense word aangerand en doodgemaak en GEEN KLEUR van die oortreders word ooit genoem nie. As jy na ‘n Amerikaanse program kyk word daar verwys na African American of Caucasian of Asian .. net in SA word die ras genoem as die oortreder WIT is .. dit gaan nooit verander nie want die REGERING laat dit toe.

Sharon ·

Ek stem saam. Ons probeer n Afriforum-tak in ons dorp begin en in gesprekke is almal vuur n vlam…maar hoeveel daag op? 10. So waar le die probleem eintlik? Daars bruin…swart en blankes wat beslis n verskil wil maak….. maar betrokkenheid bestaan in min mense se woordeskat.

Sharon ·

Ek dink dis tyd dat ons die regering of menseregte kom direk begin dagvaar en hoof toe sleep. Dit werk oorsee…. hoekom nie hier nie. Hulle is DIREK verantwoordelik vir n stelsel en probleem in ons land. Hulle laat toe dat ons ALMAL… swart en wit… in vrees lewe en dat ons nie eens meer SAP en ons SOGENAAMDE Regsstelsel vertrou nie.

KK* ·

Ek dink Donald Trump moet bietjie sy insette hier kom lewer hy is ook mos al mooi gatvol vir die ras probleem en dat ons wit mense die rede is dat alles in Afrika so gevorderd is en was en nou dat hulle in bewin is nou is dit n totale ramp.!

Jason ·

Ek lees al die komentaar wat begin het rondom hierdie voorval, en later begin daai het rondom geloof.
Ek wil nie te voel se nie, want ek sit nie Meer daar nie. Ek het be sluit geneem om Ander heenkome en toekoms vir my gesin te soek.
Ja, dit is elke dag moeilik, maar so die moeite werd!
Ek voel uit my Hart uit jammer vir mense wat daar vas gevang sit, met geen Ander uitweg nie.
Rondom die bid en geloof kwessie: word asseblief wakker! Jy kan bid en glo dat die spoeg spat, maar as daar geen daad by die woord is nie, my mens; mors jy jou tyd! God het vir ons gesonde verstand gegee, en nie gese dat hy alles vir ons gaan doen nie. Lees julle bybel, en sien dat alhoewel hulle gebid en geglo het, het God nog steeds vir hulle die werk laat doen. Sonder ‘n daad, Sal geen woord lewendig word nie.
Ek Los julle met die vraag. As jy elke dag dieselfde doen, en ‘n Ander uitslag verwag. Wie is dan die regdenkinde persoon.

Wingmaster ·

Elke aand bid ek: “Liewe Vader beskerm my en my geliefdes teen hierdie aanslag van barbaarsheid, dat dit my nooit sal oorkom nie…..” Die dag wat dit met my gebeur sal hulle my rede om verder te lewe van my ontneem en ek se vandag…..julle sal my nie lewend kry maar ek sal n duisend van hulle saamvat.

Robert Peter Pretorius ·

Solank as wat ons gaan bid vir ” die liewe vader of liewe jesus ” gaan niks gebeur nie. Julle sien, “liewe” verkleineer MY GOD. God Was en Is en SAL ALTYD GOD WEES. GOD IS DIE GROOT EK IS. Gaan LEES julle BYBELS ORDENTLIK. En dan leer julle die ou kinderkies ook nog van “liewe jesus “. STOP DIT MAN. JESUS SAL EN GAAN ONS HELP, want HY SE, ALLES WAT julle DIE VADER IN MY NAAM VRA, DIT SAL DIE VADER VIR julle doen. NERENS MAAR NERENS, lees ek van ” liewe jesus of liewe vader nie ” Solank as wat julle HOM GAAN VERKLEINEER, SAL DIE VADER NIE ANTWOORD NIE. Vat dit wat ek vandag vir julle se op net soos julle wil, maar onthou, julle is gewaarsku. Begin solank die 16 de Des se GELOFTE DEUR TE BID TOT DIE VADER, GOD hoor my vandag, HY SAL ANTWOORD,

Sean ·

Die ding wat my die meeste pla, is dat hulle meer regte het as wat jy wat aangeval word het, verdedig nou jou self teen die drie en skiet 2 dood, dan word jy toegesluit, jou vuurwapen word weg geneem en jy word ‘n rasis genoem. Dit is die wetgewing wat veroorsaak dat almal negetief is, ‘n misdadiger moet nie regte hê nie, aangesien hy die ander persoone se regte wil ontneem.

Wingmaster ·

Robert Peter Pretorius, moenie my vertel wat se verhouding ek met my God het nie, as jy aanstoot neem hoe ek dit doen moet nie my kommentaar lees nie. As jy dink ek verkleineer jou god is dit jou en jou god se saak. Dis mense soos jy wat op die rusbank sit en voud vind met alles en almal kritiseer en jy sal Sondag in die kerk sit en oordeel wie die beste aangetrek is en voud vind daarmee omdat jy n minderwaardigheids kompleks het. Jy sal met die bybel onder jou arem loop en jou geloof en beginsels op ander afdwing maar sodra jy jou rug draai lag hulle vir jou. Haal die balk uit jou eie oog uit en hou op om die splinter in ander se oog te soek. Onthou dis die kindertjies wat aan “liewe Jesus” glo wat nie verhoed moet word om na die Vader te keer nie.

Skoemies ·

Julle is hard op mekaar!! Omdat iemand jou tereg wys, neem dit as “broeder-liedfe” en leer daaruit. Te veel mense verkleinneer JHWH met hul ” Liewe Jesus” -storietjies, maar ken nie Sy naam nie! Johannes het op die eiland Patmos soos ‘n dooie neergeslaan toe hy die Verhese Messiah aanskou het, ek glo van harte hy sou nie die woorde “Liewe Jesus” oor sy lippe kon uiter nie! Ons ken nie die Woord, nog minder ons Elohiem nie! “daaroor gaan My volk ten gronde aan ‘n gebrek aan kennis” Hos. 4:6……

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.