[Foto’s] SA’ner wen gesogte toekenning met skokfoto

brent-stirton-renoster.

Algehele wenner: Natuurlewefotograaf van die jaar. Foto: Brent Stirton

Die Suid-Afrikaanse fotograaf en joernalis Brent Stirton is vandeesweek vir die soveelste keer deur die Natural History-museum in Londen aangewys as die natuurlewefotograaf van die jaar.

Sy foto van ʼn swartrenoster wat onthoring is deur stropers het gesorg dat Stirton weer met die louere wegstap. Stirton het sy toekenning tydens ʼn gala-geleentheid by die museum in Londen ontvang.

Die foto is by die Hluhluwe Imfolozi-natuurreservaat in KwaZulu-Natal geneem. Volgens Stirton is dit geneem as deel van ʼn ondersoek na die onwettige handel in renosterprodukte. Hy sê hy glo die renoster is deur plaaslike stropers aangeval.

“Vir my om te wen [met hierdie foto] en vir die beoordelaars om hierdie soort foto te erken, illustreer dat ons nou in ʼn ander tyd leef, en dat dit ʼn regte kwessie is,” het Stirton aan BBC News gesê. “Renosters is net een van die dierespesies wat teen ʼn hoogsversnelde koers uitgewis word en ek is dankbaar dat die beoordelaars hierdie foto gekies het, want dit gee die kwessie nog ʼn platform vir bespreking.”

Wenner: Jong natuurlewefotograaf van die jaar. Foto: Daniël Nelson

Lewis Blackwell, voorsitter van die beoordelaarspaneel vir die kompetisie, sê die beeld van die renoster op die foto het ʼn groot impak op die paneel gelaat. “Mense mag dalk gewalg of geskok wees deur die foto, maar dit trek jou in en jy wil meer weet. Jy wil weet wat is die storie agter die foto. Jy kan nie daarvan ontsnap nie, want dit konfronteer jou met wat in die wêreld aangaan.”

“My eerste kind word in Februarie gebore – ek is 48. Ek dink ek het ouerskap vir so ʼn lang tyd agterweë laat bly omdat ek tot ʼn mate deur die aard van my werk as fotojoernalis geloof in die mensdom verloor het,” het Stirton gesê.

ʼn Meer vreedsame foto van ʼn jong westelike laagland-gorilla wat aan ʼn vrug vreet, is die onderwerp van die wen-foto in die jong natuurfotograaf van die jaar-kategorie. Dié foto is deur die 18-jarige Nederlandse fotograaf Daniël Nelson geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Denise ·

Die foto is net wat die wereld nodig het om te sien en dit is nie net diere wat so wreed vermoor word vir n simpel stuk ivoor nie . Nee mense word net so wreed vermoor en net die moordenaars sal weet hoekom ???????

Jakoba ·

Renoster horing is nie ivoor nie, Dit is keratien. Olifant tande is ivoor

Leahim ·

Baie geluk met die die toekenning net jammer dat dit so n treurige hartseer foto moes wees

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.