Foto’s: SA’ners skeer heerlik gek met ‘ontmaskering’

Kort ná die aankondiging dat maskers voortaan nie meer in die openbaar gedra hoef te word nie, het Suid-Afrikaners hul skerpste humorsin uitgehaal om dié nuus in grappe en memes vas te vang.

Suid-Afrikaners sien nou al vir langer as twee jaar uit na hierdie dag en talle memes het kort ná die minister van gesondheid se aankondiging die lig gesien.

In een van die memes word die masker “begrawe”, met die woorde “Rus in Vrede 28 Maart 2020 – 23 Junie 2022”.

In nog ʼn skreeusnaakse meme word die “terugkeer van die lipstiffie” gevier met dié dat maskers nou iets van die verlede is.

Mense het ook met memes snaakse (dog kreatiewe) idees gedeel oor wat hulle nou met hul oorblywende maskers kan doen.

Verbruikers het ook op sosialemediaplatforms hul opgewondenheid te kenne gegee daaroor dat hulle nou sonder ʼn masker in die openbaar kan verskyn. Een gebruiker het Donderdagoggend geskryf dat sy winkel toe wil gaan, nie omdat sy enigiets nodig het nie, “maar om almal weer in die gesig te kan kyk”.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Anel ·

Suid Afrikaaners is die mees kreatiewe mense in die wêreld. Kan ook van die mees aaklige situasie ‘n grap maak! Sien die komiese in elke situasie. Ek lief dit!

Maggies ·

Ek sal maar eerder nog steeds by sekere plekke (veral waar dit baie besig en vol is) my masker dra.

Lourens CFG ·

Nee dankie, ek is KLAAR met hom.
Ek en my vrou het baie gesukkel met ons asma.

piet ·

Ek sal dit in klein spasies met baie mense dra soos ‘n bus of taxi.

Miskruier ·

Die dood is oral, sorg dat jou saak met God reg is en leef sonder vrees.

piet ·

Verantwoordelikheid, tree verantwoordelik op. Niks met vrees te doen nie.

Snuffelgids ·

Ek sit met nog 3000 maskers…as iemand nog wil koop lol

Nettie ·

LOL. Dankie MM, lekker lag ons gesin nou. Watte verligting vir almal!

Johan ·

Ek hoop net dat ons, na al die grappies, ons maskers op ‘n verantwoordelike wyse gaan weggooi! Sny tenminste net die toutjies af want dit is waarmee Birdlife die meeste oor bekommerd is, is dat dit talle voëls se lewens gaan bedreig as hulle in die gemors verstrengel gaan raak…….

Robert ·

Week hulle in sanitizer… maak uitstekende vuuraanstekers vir ‘n kaggelvuur.

ABDP ·

Mens kan maar weet dat ons SAners weer net hoe om iets negatiefs in iets positiefs te verander. Ek kon nie wag om te sien waarmee almal vorendag kom nie.

piet ·

Vir my persoonlik was die masker dra nooit rerig ‘n issue nie. Ek het dit net opgesit wanneer ek in die winkelsentrum ingaan wat rerig waar nou die minste moeite was. Ek kan verstaan as mense die masker vir ure aaneen moes dra.

Swerwer ·

Ten spyte van die wetteloosheid en negatiwiteit in on land verloor die Suid Afrikaners nooit hul humor nie.l

piet ·

Kom nou van ‘n groot winkelkompleks af. Ek sou se 50% dra nog masker.

Willem ·

Nóóit weer nie – dis al wat ek sê. Dit was ‘n totale geklikheid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.