[Foto’s] SAUK: Honderde in protes; tugverhore uitgestel

Gqubule, Krige en Venter stap na die konstitusionele hof. Foto: @SolidariDirk/Twitter

Gqubule, Krige en Venter stap na die konstitusionele hof. Foto: @SolidariDirk/Twitter

Honderde mense het Vrydag by die SAUK se kantore in Johannesburg en Kaapstad byeengekom om mediavryheid te eis terwyl ses van die openbare uitsaaier se werknemers voor tugverhore verskyn het.

Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het gesê die SAUK wou aanvanklik nie dat verteenwoordigers van die vakbond die tugverhore toespreek nie aangesien hulle nie eksterne regsverteenwoordiging toelaat nie. “Hulle het toe egter aan ons eis dat die verhore uitgestel moet word, gehoor gegee.”

Foeta Krige, uitvoerende regisseur van Monitor en Spektrum, Suna Venter, ʼn senior verslaggewer en Thandeka Gqubule, ʼn sakeredakteur, se verhore is tot 11 Julie uitgestel. Busi Ntuli, uitvoerende vervaardiger van Special Assignment, Krivani Pillay, uitvoerende vervaardiger van SAfm se aktuele programme, en Jacques Steenkamp, senior ondersoekende joernalis, se verhore is tot 8 Julie uitgestel.

Foto: @DanniTwiet/Twitter

Foto: @DanniTwiet/Twitter

Talle mense het intussen buite die SAUK se kantoor in Auckland Park ʼn protesoptog gehou terwyl hulle gewag het op die werknemers wat voor die tugverhore verskyn het. Die groep mense, wat joernaliste en politici ingesluit het, het protes aangeteken teen sensuur by die openbare uitsaaier.

Die werknemers wat voor die tugverhore verskyn het, het hierna saam met hulle kollegas en ander optoggangers na die konstitusionele hof gestap met kleefband in die vorm van kruise oor hul monde en plakkate.

Volgens Hermann eis die vakbond steeds dat die werknemers regsverteenwoordiging moet hê wanneer hulle voor die tugverhore verskyn. “Die saak gaan oor ʼn instruksie wat gegee is en ons gaan daarop fokus. Volgens ons is die instruksie onwettig en dus hou dit met grondwetlike kwessies verband. Die joernaliste moet dus regsverteenwoordiging hê aangesien hierdie implikasies vir almal inhou.”

Hermann het gesê hy sien die uitstel van die verhore as ʼn oorwinning. “Ons weet dat ons uiteindelik gaan wen want ons is aan die regte kant van die morele argument. ʼn Mens kan net vir so lank die morele argument onderdruk.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Koos ·

Mors van tyd ons moet ons eie Afrikaans en Engelse SAUK bou onafhanklik van die regering se inmenging en met bekwame bestuur .

ora ·

Ek is in gees ook by die joernaliste. Dis totaal en al absurd dat hul aangekla word.

Vos ·

Wa is die politieke partye wat ons verteenwoordig en moet verdedig teen Hlaudi “ONS EIE DUITSE FUHRER” . Hoekom verdedig hulle nie die demokrasie nie.

Theuns ·

Ons kan sommwr ook ons eie sateliet fasiliteit beding met die VSA en VK en beheer verkry oor ons eie media. Ons moet wegkom van Dstv af want hulle diskrimineer teen die Afrikaner. Kyknet dink ook hulle kan ons besig hou met swak programme en her uitsendings. Die ander kannale word deur die Afrikaner gesubsidieer sodat die meerderheid goedkoop snert kan kyk.

pat aldrich ·

Anc wil nie kritiek toelaat en dstv dink hulle kan ons aanhou boelie. Kyk die gemors wat 7de laan geword het..

Outop ·

Koos, ons het ons eie radiostasie. Skakel in 104.2 en luister na Pretoria FM. Dit is ook beskikbaar op DSTV as jy buite die Pretoria area is.

elize ·

Pretoria FM die beste.beste musiek.beste programme.Pretoria FM BO.Julle kook.

Shannon ·

Besonder slim. Kannie copy-n-paste nie. Want onse hoof evangelis is bang vir `n oortreffende stap ..

Piet Piper ·

Hlaudi Motsoeneng is die enigste en Vrotste Appel in die SABC. Hy moet waai…………Kan een mens? almal so rond foeter?

Sune van Heerden ·

Dagsê Piet

Ons moes ongelukkig die funksie wat mens toelaat om teks op die webwerf te kopieer of dat iemand kan regsklik en dan die dokument te kan uitdruk, deaktiveer, aangesien sommige webwerwe ons inligting onregmatig gebruik het.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

SAUK ·

Dit is SABC, nie SAUK nie. SABC het dekades laas SAUK as amptelike naam gebruik.

Sune van Heerden ·

Dagsê SAUK

Die openbare uitsaaier staan steeds in Afrikaans as die SAUK bekend, maar programme word op SABC 1, SABC 2 en SABC 3 uitgesaai.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

KP ·

Alle adverteerders moet eenvoudig hulle advertensies ontrek. Die wat nog adverteer steun maw die SAUK so di publiek moet net ophou om daardie produkte te koop.

Santjie Stoof ·

Koos ek stem…….
Ek ondersteun als wat Afrikaans is… soveel ek kan …..
N eie “Privaat Afrikaanse Uitsaaier” PAU…?

Jan maak n Plan ·

Ja ‘n eie Afrikaanse uitsaaier sou lekker wees maar hulle sal nie ‘n uitsaai lisensie toestaan nie. Die ANC regering beheer mos alles – amper soos in China of Noord Korea.

Quin ·

Piet jy vra n goeie vraag bo. As mens kan copy en paste sal spelling n helse verbetering toon. Mens moet ook die thumbs up/ down opsie kan kry. Watter criteria Maroela media gebruik om self kommentaar te sensor wonder ek maar ook- Praat van vryheid van spraak.

Sune van Heerden ·

Dagsê Quin

Ons moes ongelukkig die funksie wat mens toelaat om teks op die webwerf te kopieer of dat iemand kan regsklik en dan die dokument te kan uitdruk, deaktiveer, aangesien sommige webwerwe ons inligting onregmatig gebruik het. Bly egter ingeskakel, die kommentaarfunksie gaan binnekort baie meer opsies bied op Maroela!

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Drikus ·

Maklik. Stop eers advertensies en betaal van TV lisensies. Ons mening word ignoreer, daarom moet ons die opsie uitoefen. Ek is beïndruk met die mense wat voor die verhore gaan betoog het. Dit help.

Adam ·

Hoekom bly almal stil oor die bevindinge van OB se ondersoek teen hom Moet daar nie uitvoering aan gegee word soos in die Nkandla geval soos deur die Grondwetlike hof bepaal is nie dan is die “probleem” mos opgelos Daar is tog uitspraak gegee dat die OB se bevindinge bindend is of verstaan ek maar net verkeerd

Andrevanderbank ·

Honderde, waarom nie duisende nie. Waarom?? Ons kyk rugby liewers, braai vleis, verwag van buurman om dalk te gaan stap. Maar kla, jis, verseker. Makliker. Niks gaan en sal verander nie. Nie nou nie, geensins volgende jaar. Hou in Vadersnaam dan net op om te kla!!!!

Veritas ·

Andrevanderbank, die probleem met die protesaksie, is dat die reëlings op die ingewing van die oomblik getref is. Die tydsberekening was totaal verkeerd. Hoeveel mense kan sommerso, op ‘n Vrydag, van die werk wegbly? Ek is beslis nie bereid om my werk in die gevaar te stel om ‘n ander se werk te help red nie.

Theuns ·

Dit is juis die probleem Andre vd Bank. Die Afrikaner het nooit gekla, ge-toytoy of goed vernietig of gebrand nie! Nou vra ek jou wie dink jy het al die aandag gekry? So my raad aan mede Afrikaners is kla oor wat verkeerd is volgens ons regte in die Grondwet! Kla kla kla kla Anders verloor ons alles!

John ·

Hierdie SAUK-storie is totaal polities-gefundeer. Hlaudi en belangrike persone bo-op die politieke leer is hewig beswaard oordat die pers hul vuil wasgoed op die SAUK & kie se wasgoedlyne uithang. Dit wapper vir almal om te sien. Die broeders uit Indie se skamele wasgoedjies kom toe ook mos by. Af dus met die waslyne en weg met die werkers en hul wasgoedpennetjies… Wat die oog nie sien nie en die ore nie hoor nie, sal niemand mos kan skaad nie… ‘n mens wil darem slaap ok, of hoe? Kyk hoe rooi is ons ogies al van al die wakker le…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.