Foto’s: Seeskilpad by Yzerfontein gered

Foto: William Lubbe, NSRI

Foto: William Lubbe, NSRI

ʼn Reuseseeskilpad is Saterdag by Rooipan se Klippe in Yzerfontein aan die weskus deur die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) gered.

“Die seeskilpad het op die rotse beland met ʼn beseerde vin en kraak in sy dop,” het Rudi Rodgers, stasiebevelvoerder van die NSRI in Yzerfontein, gesê. Die span is omstreeks 15:20 na die toneel ontbied toe ʼn lid van die publiek die skilpad opgemerk het.

“Lede van die publiek en ons span het die skilpad na ons reddingsvoertuig gedra en die departement van omgewingsake is in kennis gestel,” het Rodgers bygevoeg. “Die Suid-Afrikaanse Stigting vir die Bewaring van Kusvoëls in Milnerton het hom na hul fasiliteit in Tafelbaai geneem voordat hy na die Twee Oseane-akwarium oorgeplaas sal word vir verdere behandeling.”

Foto: William Lubbe, NSRI

Foto: William Lubbe, NSRI

Foto: William Lubbe, NSRI

Foto: William Lubbe, NSRI

Foto: William Lubbe, NSRI

Foto: William Lubbe, NSRI

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Elizabeth ·

Dis hoekom ons NSRI altyd ondersteun met skenkings – hulle doen SULKE goeie werk. BRAVO aan die NSRI ouens!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.