Foto’s: Sementtrok ploeg in nege motors in

Die vragmotor wat sement vervoer het. Foto: ER24

Die vragmotor wat sement vervoer het. Foto: ER24

Vyf mense is beseer nadat ʼn vragmotor Vrydagoggend tydens spitsverkeer in nege voertuie op die N1-snelweg in Johannesburg ingeploeg het.

Een van die motors wat in die slag gebly het. Foto: ER24

Een van die motors wat in die slag gebly het. Foto: ER24

Na verneem word, het die vragmotor sement vervoer toe die remme glo onklaar geraak het voordat die ongeluk op die N1-noord naby die 14de Laan-afrit in die weste van die stad gebeur het. Die vragmotor het langs die pad aan die onderkant van ʼn steilte op sy sy tot stilstand gekom. Drie bane moes vir verkeer gesluit word.

Een van die motors wat in die slag gebly het. Foto: ER24

Een van die motors wat in die slag gebly het. Foto: ER24

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici van verskeie nooddienste het hulle na die toneel gehaas. “Gelukkig het net vyf mense geringe beserings opgedoen. Hulle is op die toneel behandel en na verskeie hospitale geneem vir verdere behandeling en waarneming,” het Meiring gesê.

Beamptes van die brandweer en snelwegpatrolleerders het die sement wat op die hoofweg gemors is, opgeruim.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Berhalet Beukes ·

Jinne maar dis omtrent die week van die trokke! Ek is baie bly om te hoor niemand is ernstig beseer nie!

MM ·

Wanneer gaan hulle tot aksie oorgaan en al die swaarvoertuie in spitsverkeer van die pad afhaal. Dis hoekom ons so veel tyd in die oggend en middag op die pad spandeer, want hulle ho die verkeer op.

Ilze ·

Ek se ook gee hulle n sekere tyd op die pad maar nie in spitsverkeer nie

kobus ·

Die bevolking het in die afgelope 22 jaar so verdubbel dat daar meer as 9 miljoen voertuie op die pad is. 22 jaar terug was dit n plesier om op enige pad te bestuur,vandag n nagmerrie. Haal alle swaervoertuie van snelwee af onmiddelik voordat mense gaan seerkry daar is ander roetes.

CHRISTA ·

22 jaar gelede was die wette op ons paaie ook BAIE BETER toegepas, daarom was daar minder ongelukke. Kyk net na hoeveel onwettige bestuurders op ons paaie is!!!

Stella ·

Die ongeluk het my 2 ure in die verkeer laat sit. So bly soos ek is niemand het seer gekry nie , so geirriteerd is ek met hierdie flippen trokke op die pad. Spitsverkeer en dit is nie asof hulle stadig ry nie. Twee weke terug het ek eintlik fotos geneem van twee RTT courier trokke wat “dice” op die N12.Dan in die vinnge baan en dan weer in die middel baan en so het dit aangegaan. Maklik teen 140km/ph. Dis belaglik. #TRUCKSMUSTNOTDRIVEINPEAKHOURS

thelsa ·

Mense om swaarvoertuie an die pad te probeer haal is so onprakties as wat jy sifdraad as ‘n badprop gebruik. Met ons kruppel en onpraktiese spoorwegstelsel is padvervoer die enigste oplossing om ars kos betyds by Woollies, Checkers, Pick and Pay en Spar te kry. Ek sal graag die huisvrouens wil sien kerm as die brood, melk, vleis ens nie betyds by die Supermarkte is nie. Arbeidskoste is te duur vir dubbelhantering an spoorervoer en oorlaai na padvervoer om die aflewering te doen. As iemand met ‘n beter oplossing vir hierdie land kan kom, is jy welkom om dit aan die owerhede voor te hou. Jy sal ryklik beloon word. Die antwoord lê in behoorlike polisiëring an padvaardigheid an voertuie. Haal voertuie an die pad af as dit nie voldoen aan voorskrifte nie. Hou op om agter bosse weg te kruip en mense te vang vir spoed en sodoende inkomste genereer of geleentheid skep vir omkoopgeld ontvang nie.

dries ·

Dit is nie kos nie, dit is sement wat vervoer is, daar is ander roetes wat hierdie monsters kan ry.

CHRISTA ·

Niemand sê hierdie vragmotors moet van die pad afgehaal word nie – hulle moet net in die oggende en aande voor en na spitsverkeer op die paaie toegelaat word!!

Cathy ·

Die grootste probleem is dat hulle noem van onklaar remme, BOG!!!!!! hy het weer gejaag soos n renjaer, dus nie sy remme kon kry toe die dinges die waaier slaan nie. Eks jammer die ding wat hulle rapporteer oor beheer oor voertuig verloor en remme onklaar, is die grootste klomp snert denkbaar.

Johan ·

Julle wat die trokke van die pad wil afhaal, weet nie waar kom die kos vandaan wat jy vanaand gaan eet nie. ALLES word met trokke aangery, en daar is nie genoeg ure in die dag m trokke te stop nie.

Deloris ·

dis altyd die “remme het onklaar geraak” verskoning, hou die die mense nie hulle swaar voertuie in stand nie, of weet die trok drywers nie hoe om die swaar voertuie te bestuur nie…. en dan rig hulle sulke onnodige skade aan. Praat nie eers van lewens wat verloor word nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.