[Foto’s] Ses op pad na ‘rooftog’ vasgetrek

Foto: SAPD

Foto: SAPD

Ses vermeende rowers is in hegtenis geneem toe polisiebeamptes in Limpopo hulle voorgelê het toe hulle glo op pad was om ʼn sakeonderneming in Tzaneen te beroof.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê polisiebeamptes van Tzaneen het Maandag saam met lede van die provinsiale opsporingspan, die provinsiale algemene speurspan, die taktiese reaksie-eenheid en die polisie se lugvleuel inligting opgevolg en die verdagtes se Mercedes Benz-motor op ʼn pad buite Tzaneen gewaar.

Toe die beamptes probeer om die voertuig voor te keer, het die verdagtes weggejaag en in die ry op die polisiebeamptes losgebrand. “ʼn Hoëspoedjaagtog het gevolg en die verdagtes het beheer oor hul motor verloor en van die pad gery en teen ʼn heining gebots,” het Ngoepe gesê.

Die polisie het onmiddellik die ses insittendes, tussen die ouderdomme van 28 en 38 jaar oud, in hegtenis geneem. Daar is ook op twee 9 mm-vuurwapens, twee magasyne, ʼn selfoonseinblokkeerder, ʼn tweerigting-radio en die Mercedes Benz beslag gelê. ʼn Voorlopige ondersoek het getoon dat daar met die voertuig se onderstelnommer gepeuter is.

Die polisie het ook later op ʼn Audi-voertuig, in besit van dieselfde groep verdagtes, beslag gelê. Die Audi is vroeër in Ivory Park in Gauteng gesteel.

“Die verdagtes is afkomstig van gebiede rondom Tzaneen, Tembisa in Gauteng en Swaziland. Hulle sal aangekla word van poging tot moord, sameswering tot gewapende roof, die besit van ʼn selfoonseinblokkeerder, die besit van gesteelde voertuie en die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie,” het Ngoepe gesê.

Die verdagtes sal binnekort in die Tzaneen-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Kersie ·

Kersete is nou op die belastingbetaler se rekening in die tjoekie

Klaas ·

Op sulke manne kan mens net trots wees. Hoop nie die regstelsel faal julle alweer nie.

Topster ·

Jammer hulle kon nie prrmanent uit die samelewing verwyder word nie

al ·

Lol. Dit sou n helse besparing gewees het vir die belastingbetaler wat n veilige nagrus ook verseker sou wees. Knap gedaan SAPS.

katryn ·

ek sien ‘n ‘nike’ tekkie en ‘n ‘salomon’ tekkie – sulke duur, ‘grand’ skoene wat ek maar net oor kan droom… As hulle steel om ‘n honger maag te vul, kan ek hulle nog jammer kry, maar om die geld te spandeer op skoene wat meer as R1000 ‘n paar kos, vertel vir my hulle doen dit uit gierigheid.

Maria Van Dieweeck ·

Almal van hulle daarbo is ‘ kop in een gat’.

Ben Prinsloo ·

Dankie Topster ek stem saam. Seker weer apartheid of rassisme se fout. Sal net graag wil weet waar kry hulle daardie seinblokkeerder in die hande. Daardie tipe van toerusting het ek nog net van gehoor is in die parlement gebruik.

Grassie ·

Welgedaan, SAP! Julle begin al hoe meer weer lyk na die Polisiemag van ouds.

Johan II ·

En daai “selfoonblokeerder” lyk baie verdag na n Polisie toestel, hoop hul kan dit ook naspeur.

Shaun ·

Daardie is verseker NIE Walther P38 pistole nie ! Lyk meer na Norinco pistole . Die P38 lyk baie meer na die Luger P08 .

Liza ·

Mooi S A P dit wil gedoen word, maar wat my bekommerd is dat hulle gaan seker vir borgtog aansoek doen, en dan is hulle weer op vrye voet………sal jammer wees, gooi die sleutel weg asseblief.

JC ·

Dankie SAPD!
Puik diens, julle maak my besonder trots!
Julle kan julself gerus ‘n klop op die skouer gee!!

Justice ·

Welgedaan SAP – selfs die vuurwapens is behoorlik veilig gemaak. Erens is goeie opleiding besig om vrugte af te werp

Manie ·

Hulle is nie wit en hulle het nie iemand in n kis gesit. Hulle is nog voor kersfees op straat met borg.

Johann ·

Sover dit my kennis strek is hier nog geen misdaad gepleeg nie, waarvoor word die sekeres aangekla

Willie ·

Die verskil is: hulle sit dooie/vermoorde mense in n kis… prober hulle nie afskrik en neem selfies nie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.