[Foto’s] Ses ‘uiters gevaarlike misdadigers’ ontsnap in Gauteng

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie het ʼn beroep op die publiek gedoen om inligting te versprei van ses “uiters gevaarlike misdadigers” wat Sondag uit die aanhoudingselle van ʼn Johannesburgse polisiestasie ontsnap het.

Kapt. Mpande Khoza, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media bevestig die ontsnapping het Sondagoggend by die Ennerdale-polisiestasie, suid van Johannesburg, plaasgevind.

“Die ses het ontsnap deur ʼn gat wat hulle in die dak van hul aanhoudingsel gemaak het,” het Khoza gesê. Hy het gesê die verdagtes is glo lede van ʼn bende wat die afgelope tyd die gemeenskappe en sakeondernemings in onder meer Ennerdale, Lenasia-Suid, die Vaaldriehoek, Orange Farm en Fine Town teister.

“Die mans is in hegtenis geneem in verband met ʼn reeks sakerooftogte in dié gebiede. Hulle staan tereg op aanklagte van sakeroof en die besit van ongelisensieerde vuurwapens.”

Die verdagtes is Tsepo Calias Witters Liduma (26) van Fine Town, Xolani (alias XXX) Baas (25) van Fine Town, Lehlohonolo Mkhabu (29) van Lesotho maar woonagtig in Mazibukopark, Bright Kheswa (27) van Mosambiek maar woonagtig in Fine Town, Bause Kgotso Bennedect (26) van Fine Town en Mkgomotsi Elias Matjejane (29) van Fine Town.

Die omstandighede rakende hul ontsnapping word ondersoek.

Khoza het gewaarsku dat die verdagtes as “goed gewapen” beskou moet word. Die publiek word aangeraai om nie die mans te konfronteer nie, maar dadelik kapt. Joseph by 079 525 1499 of Crime Stop by 086 010 111 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Jakes ·

Hul word as so gevaarlik beskryf?
Waarom was hul dan nie in ‘n maksimum sekuriteits fasiliteit, of ten minste beter gemonitor?

Theresa ·

Moes seker ook nie saam in ‘n sel gewees het nie!! As bende moes hul geskei word, want hul beplan net al hoe meer kwaad so saam-saam.
Dankie vir foto’s – mens moet dit eintlik oral by winkelsentrums opsit om die publiek bedag te maak op hierdie gesigte.

Irene ·

So gevaarlik hulle voete moet geboei gewees het kyk wat gaan in ons tronke aan kan maklik ontsnap

Theresa B ·

Tipies. As julle nou geweet het hulle is so gevaarlik – hoekom is die veiligheidsmaatreels om hulle aan te hou nie verskerp nie. Seker ingemeng met julle tee-tyd!!

Henk ·

hou net die nuus dop, hulle sal wel binnekort iewers in senior regeringsposte aangestel word

Gerd Lourens ·

Henk. Skerp! Ek het my dalk net verbeel maar ek is seker dat ek soortgelyke ouens al in die parlement gesien het.

Willie ·

Dalk het hulle vanoggend met hulle uniforms by die werk opegedaag?

lettie ·

Hoe het jy geraai? Lol. Met watter voorwerp het hul toegang tot die dak gekry? Iemand moet verantwoordelikheid neem vir onbevoegde gedrag.

Rapes ·

Die SAPD is direk verantwoordelik vir die ontsnapping, want alle aangehoudenes moet deeglik deursoek word. Iemand het hulle van die nodige voorsien om deur te breek en te ontsnap. So polisie soek die probleem by julle personeel wat korrup is.

CHRISTA ·

Soos ANC vir All the Nations’ Criminals staan lyk dit my SAPS staan vir Suid-Afrika se Professionele Skurke!!! Hulle handpalms ontvang net ‘n paar honderd rand dan hoor of sien hulle niks!!!

Alida ·

Dit is mos lankal nie meer nuuswaardig nie. Gebeur elke liewe dag.

Lance ·

So tipies verbaas niemand meer nie …dis nou die ”back to basics” ….is om van siek te raak. Lees SO gereeld van dit ….hoe gaan SA ooit die stryd wen teen misdaad met sulke useless polisie !

humor ·

Hul gesigte is n toonbeeld van sielloosheid Wonder hoeveel van hul nageslag volg in hul voetspore. Hoe word n gat in n dak geluidloos gemaak? Die swaar oorgewig tantes is totaal onbevoeg vir die taak waarvoor hul aangestel is. En boonop is daar n tamaai skoot onverantwoordelikheid.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.