Foto’s: Ses vas ná waaghalsige bankroof

Foto: SAPD

Foto: SAPD

Ses verdagtes is in hegtenis geneem op aanklag dat hulle deel was van ’n groep van 13 verdagtes wat ’n bank in Hammanskraal, noord van Pretoria, beroof het.

Volgens die polisie het die verdagtes toegang verkry tot die weddery-kantore van TAB wat langs ʼn Nedbank-tak geleë is. Die verdagtes het glo hierna ʼn gat in die muur tussen die twee persele gemaak.

Die verdagtes het glo ʼn slypmasjien gebruik om toegang tot die bankkluis te kry waarna hulle ʼn onbekende bedrag kontant gebuit het. Die polisie is intussen van die rooftog in kennis gestel. Met polisiebeamptes se aankoms op die toneel was die rowers steeds besig en ʼn skietgeveg het uitgebreek.

Volgens die polisie is niemand beseer nie en ses verdagtes in hegtenis geneem. Die ander verdagtes is steeds soek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Dave ·

Hierdie berig neig om 49% positief te klink. Goeie nuus dat byna die helfte van die skelms gevang is. Jammer dat nog meer as wat gevang is, weggekom het. Hulle behoort opspoorbaar te wees omdat almal in die bende tog weet wie die res is maar wat gewoonlik ook verdag of ten minste na groot toeval lyk, is dat dit gewoonlik diè met die geld is wat nie gevang is. Die gat in die muur wat die sluipers met luiddrugtige hoekslypers gemaak het, wys teen watter roekelose mate rooftogte in Azanië gepleeg word. Ja Azanië want hierdie is nie meer die pragtige Suid Afrika waar ek opgegroei het.

Peet Schabort ·

Jy bedoel seker Azumië Dave ?
Hulle sal ook uitvind dat vir sommiges is 13 ‘n ongelukkige nommer. Nou moet jy ook die buit deel deur 13.

George ·

Dit is ‘n baie waaghalsige rooftog. Dit sal interessant wees om te weet waar hulle inligting bekom het ivm die gebou se uitleg. Selfone met kameras blyk ‘n probleem te wees wat sekuriteit betref. Wees bedag wat werknemers doen met hulle selfone in jou eie huishouding.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.