[Foto’s] Ses vas oor miljoene se onwettige tabak en sigarette

Foto: Verskaf.

Ses mense is Dinsdag in die Oos-Kaap in hegtenis geneem nadat die polisie op ʼn reusevrag onwettige tabak en sigarette beslag gelê het.

Kapt. Khaya Tonjeni, woordvoerder van die polisie, het gesê daar is beslag gelê op tabak en sigarette met ’n beraamde straatwaarde van R18 miljoen. Die goedere is in Port Elizabeth en Uitenhage in die Oos-Kaap gevind.

“Ses verdagtes tussen die ouderdomme van 29 en 40 is in hegtenis geneem. Daar is beslag gelê op ongeveer R2,3 miljoen kontant en 1 750 bokse vol sigarette,” het Tonjeni gesê.

Volgens die polisie is die tabak en sigarette tydens ʼn intelligensie-gedrewe operasie genaamd “Operasie Peregrenus” gevind. Twee mense is in Port Elizabeth in hegtenis geneem en sal binnekort in die Port Elizabeth-landdroshof verskyn. Vier verdagtes is in Uitenhage vasgetrek en sal in die Uitenhage-landdroshof verskyn.

“Al die verdagtes sal tereg staan op aanklagte van bedrog, asook aanklagte wat verband hou met die oortreding van die Wet op die Beheer van Tabakprodukte, die oortreding van die Wet op Belasting op Toegevoegde Waarde en die oortreding van die Wet op Doeane en Aksyns,” het Tonjeni gesê.

Lt.genl. Liziwe Ntshinga, provinsiale polisiekommissaris in die Oos-Kaap, het die inhegtenisnemings verwelkom. “Hierdie is die grootste vrag onwettige sigarette waarop daar nóg beslag gelê is. Ons sal aanhou met hierdie operasies om die Oos-Kaap te reinig van onwettige sigarette.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Linda ·

Wonder of die sigarette ook gaan verdwyn soos die vuurwapens? Kan ons asb meer duidelikheid kry oor wie die verdagtes is? Watter nasie, Pakkiestanners, Japaneese, talliebanners? ens……. Dit sal ons meer duidelikheid kan gee oor wie die skuldige persone in ons land is. SA is mos bekend vir al die misdadigers.

Olga ·

nou hoe weet ek nou waste sigarette is onwettig? Ek meen ek rook….. so hoe gaan ek weet wat is onwettig?

EE ·

Daar is veronderstel om n “SA” stamp onder aan die pakkie te wees. So half ingedruk. Maar ek dink hul kan dit ook fake

Ja nee ·

Dankie polisie. Nou as julle net so hard kan werk om die kriminele te vang wat mense roof/martel en dood maak, sal dit ook beter gaan. Maar nee, ons hou ons besig om mense te vang wat onwettige sigarete in die land in bring, want dis daai sigarrette wat mense vermoor in hulle eie huis…..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.