Foto’s: Seun glo deur veiligheidswag aangerand

Beserings wat die seun tydens die beweerde aanranding opgedoen het. Foto: Verskaf

ʼn Tienerseun van Lephalale (Ellisras) moes Donderdagnag in die hospitaal deurbring nadat hy glo by ʼn kettingwinkel van ʼn plaaslike winkelsentrum erg deur ʼn veiligheidsbeampte aangerand is.

Die seun se pa, wie se naam nie genoem mag word nie om die 16-jarige seun se identiteit te beskerm, het Vrydag aan Maroela Media gesê die seun is daarvan beskuldig dat hy Maandag ʼn geheuestokkie by die kettingwinkel gesteel het.

“My seun het gister [Donderdag] omstreeks 10:00 in die parkeergebied van die winkelsentrum geloop toe ʼn vrou wat in die kettingwinkel werk hom gesien het. Sy het ʼn veiligheidswag wat by die sentrum werk, geroep en hulle het my seun in die winkel ingesleep, die deure gesluit en hom in ʼn kamertjie toegesluit,” het die pa gesê.

Die veiligheidswag het die seun glo herhaaldelik “pimpel en pers” met sy knuppel en die plat hand geslaan. Die pa het foto’s van die beserings geneem en aan die media verskaf.

“My seun het in ʼn stadium die knuppel uit die wag se hande gegryp en in die hoek gegooi. Die wag het hom gedwing om op die vloer te gaan lê en gedreig om hom te skiet as hy beweeg. My seun was so bang hy het nie gekyk of die man ʼn vuurwapen by hom gehad het nie.”

ʼn Werker by die winkel het intussen die polisie ontbied, waarna die polisie die seun in hegtenis geneem, geboei en agter in ʼn vangwa gesit het. Die polisie het sy ouers omstreeks 10:20 in kennis gestel dat hy in hegtenis geneem is op aanklag van diefstal. Toe hulle verneem van die beweerde aanranding het hulle daarop aangedring om hom na ʼn hospitaal te neem, waar hy opgeneem is vir waarneming.

“As alles goed gaan, sal hy hopelik vandag [Vrydag] ontslaan word. Ons wag nog net vir uitslae of sy niere reg funksioneer.”

Die ouers het ʼn klag van aanranding met die doel om ernstig te beseer teen die veiligheidswag aanhangig gemaak en het reeds ʼn saaknommer. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die ouers oorweeg ook om siviele stappe teen sekere partye te doen.

ʼn Saak van diefstal is teen die seun aanhangig gemaak. Maroela Media het navraag by die polisie gedoen en wag nog vir terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

71 Kommentare

Gys ·

Plaas asb die naam van die ketting winkel wat sulke gedrag toelaat sodat ek en my gesin nooit ons voete weer daar sal sit nie dit is afskuwelik wat met die kind gebeur het.

Zack ·

Stem gee dienaam van die winkel. Ek sal hulle saam verantwoordelik hou vir die aanranding.
Kom staan boitkot hulle. Se asb die naam en plek

snoefie ·

hulle het hom in die winkel ingesleep? voeg menseroof en ontvoering by die klagte. noem asb die winkel se naam!

Von ·

Die hemel weet ek sou dit verloor het!!!!
Wat gaan met die mensdom aan . . . hulle word soos diere !!!!!!

Hester ·

Ja noem die kettingwinkel se naam. Gaan daar n saak van aanrading teen die wag gemaak word. n Wag mag geensins sy hande lig vir enige beskluldigde minderjarige of nie. Ek sal amok maak vir daai wag , die winkel asook enige iemand anders.

Lynette ·

A nee a. Diefstal , as dit was, is verkeerd, maar dit wat hier gebeur het was onnodig. Beweerde aanranding? Dit lyk vir my na byna doodgeslaan vir n memorystick? Total buitensporige optrede. Ek hoop die veiligheidwag verloor ten minste sy week. Hy behoort aangekla te word vir poging tot Moore. Sterkte aan die gesin.

Bruno Stef ·

Wat van 14 Jaar tronkstraf met aanklagtes van “Poging tot moord” Aanranding met n gevaarlike wapen / Ontvoering en onwettige aanhouding plus hospitalisering/dokters onkoste of is dit maar net wensdenkery van my kant af.

Verbitterd ·

Jy as ouer mag nie jou kind tugtig nie, maar dis reg dat n sekuriteit hom aanrand tot in die hospitaal!!

Pierre ·

Indien dit omgekeerde was, was daar nou ‘n saak van poging tot moord. Die lid in die kis het geen merke gehad nie, kyk hoe lyk die laaitie, hy is ook minderjarig en moes sy ouers onmiddelik in kennis gestel gewees het. Mag die eienaar van die besigheid, die sekuriteitswag en sy maatskappy en die polisie lede betrokke hulle dag in die hof beleef.

Sdl ·

Ek het nog respek vir polisie wat dit verdien en vir sekuriteit WAGTE wat dit virdien. Dokters. Susters. Brandweer. Verkeers polisie ens. Self vir sommige winkel bestuurders ook. Dan ook vir sekere mense wat kommentaar ook lewer.
Maar wat die WAG gedoen het is verkeerd. Ek wil ook graag weet watter winkel dit is.

Dereck Le Roux. ·

Ek stem saam, moenie probeer skerm vir die winkel eienaar of winkelgroep nie, noem hulle dat ons as verbruikers kan weet wie en wat hulle is, hierdie is growwe aanranding met haat motiewe verseker.

Melanie Boardman Capazorio ·

Neee o neeee dis ongevraag om iemand so te slaan. Ek weet hulle werk is soms moeilik, maar die is aanranding met die doel om baie seer te maak. Hulle behoort beter opleiding te ontvang.

Piet ·

Daai wag moet ook nou aangekla word vir poging tot moord ondat hy gese het hy gaan hom skiet……..Dis mos wat die polisie in die ander sake doen

JS ·

Ek stem saam met GS, ons sal graag wil weet. Onmenslikheid op die hoogste vlak, dit is mos net n gedierte wat so iets aan iemand anders doen en dan nog n kind ook. Ek wil nou nie n blik wurms oop maak nie, maar as dit anders om was sou dromme al lankal in strate gele het tussen bande wat brand.

Klaas ·

Ek sal ook graag weet watter winkel dit is. Heeltemal geskok oor die saak.

A ·

Ek het al gesien hoe werkernemers en sekuriteit in winkelsentrums jong blanke seuns teiken. Hulle loop net rond en lag en gesels dan word hulle dopgehou en aangevat, veral in skoolvakansies by die flieks.

Ontsteld ·

Liewe genade, die kind lyk sleg. Elke merkie is sigbaar – dit moes hengse houe gewees het. Maak ‘n saak teen almal !!!!! Ek sal ook die plek boikot

Sandra ·

Hoe HARD moes daai sekuriteits wag die kind geslaan het dat sy hand merke
sig baar is op die kind se lyf. Dit is barbaars verby !!!

CB ·

Skokkend. Jammer om ras te noem, maar as dit ‘n ander ras kind was was die hel nou los!!

Kwaad ·

Genugtig!!!!! Verregaande…….kyk hoe lyk die seun. Ouers MOET stappe doen en tot in fynste. Woorde ontbreek mens soms….. baie sterkte vir hierdie seun en ouers ook.

Kasper ·

Hierdie is nie aanranding nie, dit moet verander word na poging tot moord. Arme kind, ek hoop sy ouers ry die winkel groep tot in die afgrond in. Kry vir julle ‘n goeie prokureer, en dagvaar die wit waks uit hierdie winkel uit. Asb. ons soek die winkel groep se naam Maroela Media.
Diefstal, indien dit plaasgevind het is verkeerd, maar wat hier gebeur het is onmenslik. Punt.

JO ·

Ja – ons wag vir die ketting se naam – sal nie laat gaan nie!!

Miekie ·

Liewe genugtig. Hoe kan enige iemand so iets goedkeur, Die bestuurder van die winkel het duidelik geen ruggraat nie om ander mense die vuilwerk te laat doen. Mag die seun veilig wees en geen nierskade opgedoen het nie. En die winkel moet gesluit word

Johan Fourie ·

Winkel maak een of ander tyt daai dag toe en hy moet huis toe gaan,kan hom waarborg hy sal nie by sy huis uit kom nie.

whoop whoop ·

jan iemand asb die wag en die ….. slang wie dit toegelaat het se fotos op you tube sit? en op fb? hulle sal dit ewig berou.

Asjas ·

KETTING WINKEL EN EIENAAR SE NAAM SOWEL AS PERSOON WAT SIEK OPDRAG GEGEE HET EN DIE VROU WAT HOM BESKULDIG HET. ONS HET DIE REG OM TE WEET!! INNOCENT UNTIL PROVEN GUILTY …

oogies ·

My hart bloei vir die kind en sy ouers .As hy wel diefstal gepleeg hetwat niemand nog kon bewys nie ja dit is verkeerd maar om die kind so aan te rand en dan nog te dryg ook is verregaande. Ek stem 100% saam CB as dit nou n witman was wat n kleurling kind so aangerand het was hy al lankal agter tralies ,want ons is mos gedurig rassisties. Ek sweer ek sal dit heeltemal verloor as my kind so moet lyk. Maak n saak teen almal die vrou inkluis want sy is ook deel hiervan . Noem asb die kettingwinkel se naam sodat ons almal dit nie weer ondersteun nie ………WOEDEND!!!!!!!!

Koos ·

Ek lees dit is n ketting winkel, dus boikot al daardie ketting winkels in die land dan kyk ons wat doen hulle met die veiligheids wag.

Chris ·

Ek wonder wie is die wag. Dalk behoort dit ook n rassistiese saak te wees.

Vermeende ·

Die wag het geddryg om die kind te skiet nou hoekom is dit nie poging tot moor soos die doodskis saak nie.
Solidariteit wys julle staal en help dat daar regstellings in die aanklag gemaak word.

Tammy ·

Die ouers moet asseblief n goeie prokureur kry en die betrokke sekuriteitsmaatskappy dagvaar, die betrokke winkel en dan natuurlik die sekuriteitsman ook. Roer hulle dis poging tot moord veral met die nuwe wetgewing dat kinders nie meer pakslae mag kry nie omdat dit gewelddadig voorkom…hierdie is vergrype na moord. Moenie bekommerd wees nie mense ons snuffel sommer gou uit wie die betrokke sekuriteitsmaatskappy is wat hierby betrokke is en die winkelgroep ook, Met sosiale media kan niks meer geheim gehou word nie….selfs die mure en vensters praat!!!!

Swart Piet ·

As dit nou ‘n omgeruilde saak was waar n swart seun deur n wit wag geslaan was dan was daar nou al lankal bitter groot moelikheid.

Andrea ·

Ja, asb. Ek en my familie en vriend sal ook die winkel/winkelgroep boikot. Laat weet ons asb. Sterkte aam die seun. Hoe vergelyk hierdie met die doodskissage? Kan nie onthou dat ek n merkie op die ‘slagoffer’ se lyf gesien het nie. Ten minste 20 jaar vir sekuriteitswag.

Pieta ·

Hierdie saak moet tot op die verste hoogste vlak gevoer met elke moontlike aanklagte teen die wag. Begin skarefinansiering vir hofonkostes. Hierdie saak moet net soos ander onlangse sake met dringendheid hanteer word. Ek sal ondersteun en wil weet watter winkel. Dankie!

Jd ·

Wag ken nie die lands wette. Hy is n paloeka. Dit is die wat hy die kind so aanrand. Hietdie is beweerde diefstal. Hy mag nie reg in eie hande neem en besluit die kind is skuldig en dan sommer besluit om die kind te straf. Klink vir my ons word gezim

Muffin ·

Ek sal graag die uitkoms van die hof uitspraak wil vergelyk met die doodskissaak. Bygevoeg as daar vervolging gaan wees. Maroela gee nou maar vir ons die kettingwinkel se naam.

Henk ·

In Middelburg sit twee mans n man in n kis en dreig om hom aan te rand. Hulle maak n video en sit dit op you tube. Drie maande later sien die man wat GEEN beserings opgedoen het nie, en politici dit op you tube en die mans word summier in hegtenis geneem en aangekla van poging tot moord onder andere. Hier is dit duidelik wat die omvang van hierdie 16 jarige kind is. N klagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer word geopen en GEEN optogte, vandalisme en politici se n enkele woord nie. Ek wonder hoekom……?

Blits ·

Want dis n wit persoon wat aan die kortse ent getrek het. As dit n swat persoon was en die wag was wit, het die dinges weer gespat

Antionette Malan ·

Ek stem Noem asb d winkel se naam Het ook gister nie n gawe ervaring gehad in FNB, in Lephalale Mall nie. Wou vir swart dame vd bank vra waar die bestuurder was omdat ons n probleem by een vd tellers gehad het. Het eenvoudig haar rug op my gedraai en met n man staan en klets. Het vir bestuurder gewag en net daar my rekening gesluit.

Casper Labuschagne ·

In die afwesigheid van geregtigheid vanaf die staat, sal inwoners noodgedwonge hul eie vorm van geregtigheid moet uitdeel. Sulke aanrandings is algemeen op winkeldiewe in winkelsentrums en kleinhandelaars. Hierdie keer is die slagoffer egter wit. Die aanranding is sekerlik verkeerd, maar die groot onreg word deur ons polisiediens en howe gepleeg wat diewe met ‘n tik op die vingers weer vrylaat, mits hulle hoegenaamd gevang en vervolg word.

Apie ·

Weet nie of iemand al geantwoord het nie, maar die winkel was PNA. DIS BESLIS POGING TOT MOORD!

Ada ·

Gerrie Nel en Solidariteit; gaan julle iets doen hieroor? Ek betaal elke maand vertrou met n rede….omdat ek in julle glo.

PJC ·

Ons moet doodeenvoudig ophou om hierdie tipe ding net te aanvaar en aan te neem die polisie of iemand anders gaan iets doen. Doen self iets of aanvaar jou lot.

Pop ·

Ons mag nie kinders tug nie, maar ons mag hulle aanrand met die doel om ernstig te beseer.

VraMaarNet ·

Naam v winkel en die wag/ persone wat hom aangerand het, name and shame… Sal enige tyd help met regskostes….

Poplap ·

Die kettingwinkel is PNA n winkel waar kinders veilig moet voel.

MiaRas ·

Hy was BUITE die winkel – nie eers IN die winkel nie? Ek hoop die ouers slaag in hul hofsaak en eis miljoene van die winkel.

Pierre ·

Ek stem vir daardie een. Al hierdie voorvalle word soos Gustapo taktieke uitgevoer. Ek sal weyer om Pna en al die groot ketting winkels te gebruik. Sal Sannie se pen winkel support waar ek weet die persoon sit nie hande gevou en gesels eers klaar met mede werkers voordat jy gehelp word! #snaaksaankyk, #wit

Ventertjie ·

Sies PNA. Ek dog jul is so groot Christelike ketting winkel. Lyk my dit is ook net voorgee. Weet iemand of die wag nog daar werk? Sekerlik nie. Sterkte vir die ouers en die seun in die saak ek hoop jul kry iets reg.

Anoniem ·

Die wag is nog nie gearresteer nie. En ja, die bestuurder wat die wag opdrag gegee het om die kind so te slaan, sit elke Sondag ewe vroom in die kerk!

Esme ·

Dink jul mense nou regtig hy sal aangekla word of hul sal die winkel se naam die ou wat hom geslaan het sal as die held daar uit loop en nog n beloning kry

PJC ·

Pasop vir veiligheidswagte wat dreig om te skiet. In ons omgewing het ń geval waar een ń vrou deur een aangerand is in ń parkeerarea. Toe haar man wat toevallig in die omgewing daar aankom trek die wag n onwettige vuurwapen op hom. Gelukkig vir hom was dit net 100m vanaf ń groot polisiestasie en was hulle letterlik binne sekondes op die toneel. Terloops hierdie wag was ook ń buitelander.

Muffin ·

Sien geen kommentaar van die kettingwinkel nie. Wie is hullu asb

Muffin ·

OPVOLG LEES DIE KETTINGWINKEL SE REAKSIE HIER WERK NIE. GEEN REAKSIE

Muffin ·

Ja baie dankie vir die PNA groep se positiewe terugvoer. Dit is duidelik waarneembaar dat hulle niks wil weg steek die.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.