Foto’s: Sewe gevangenes ontsnap uit aanhoudingselle

[Opvolg: Die polisie het bevestig Piet Maashaba is Woensdagaand weer in hegtenis geneem.]

Die polisie in Limpopo het ʼn grootskaalse soektog van stapel gestuur ná sewe verhoorafwagtende gevangenes uit aanhouding ontsnap het.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, het gesê die gevangenes het Woensdagoggend uit die Lebowakgomo-aanhoudingselle ontsnap. “Die gevangenes het deur die dak van een van die selblokke ontsnap.”

Vier van die gevangenes is in hegtenis geneem in verband met ʼn voorval in Junie verlede jaar waar ʼn man en sy vriendin in ʼn straat in Lebowakgomo aangeval en van hul selfone en klere beroof is. Die verdagtes het die vrou glo daarna om die beurt verkrag.

Enige iemand met inligting oor waar die verdagtes hulle moontlik kan bevind, word versoek om hul naaste polisiestasie of kol. Margarett Kgwedi by 082 451 7229 te kontak.

Die verdagtes is:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Denize ·

Regtig.. dis 2018..
Het hulle nie beter fotos van die gevangenes geneem nie?
Watse simple wit en swart onduidelikke fotos is dit??? hoe moet eenige iemand hulle uitken.. nee regtig dis swak!

Alida ·

Dit is ‘n skande om hierdie goed te hoor. Hulle is gehelp en korrektiewe dienste se werkwyse skree ten hemele. Die mense aan diens is nie opgelei vir die werk nie en dit is tyd dat die bewaarders aan diens aangespreek word. Kan hulle nie bekwame mense aanstel nie. Hierdie gebeur nou te dikwels en maak mens naar om te dink hulle is op vrye voet.

Reaper ·

JAneewat dit is aan die orde van die dag. Tien teen een het ‘n pel hulle nog gehelp wat in die tronk werk, NIKS verbaas my meer nie. Hulle sukkel hulle dood om die mense gevang te kry en dan word die sake of teruggetrek of hulle ontsnap . CRIME PAYS in South Africa.

Org ·

4 uit 6 aangekla vir verkragting saam met roof en moord, nou vra ek jou as daai mans 2uur in die more by jou huis inbreuk, kom hulle beslis nie koekies en tee vat nie. Hulle gaan jou vrou/meisie en of dogter verkrag en jou beroof en vermoor. Bring terug die doodstraf.

linda ·

Hierdie ontsnapping by Polisieselle is absoluut onaanvaarbaar !!! Dalk help polisie hul nog, wie weet !!!!!!!

Altyd Limpopo ·

Lyk my die hoof van limpopo se korrektiewe dienste is so onbevoeg en korrup soos min. Hoeveel gevangenisse gaan nog ontsnap in daardie provinsie?

Sdl ·

Toe ek die opskrif lees toe se ek vir myself. Dit is seker weereens in limpopo. Ek was reg. Hoekom so baie in limpopo? Maroela vra bietjie die minister van polisie wat gaan aan met die provinsie dat ontsnappings so hoog is.

GM ·

D.O.B. staan vir date of birth, reg? Lucas is in 1978 gebore, maar jul sê hy is 30?

Nico Strydom ·

Dagsê GM
Dankie vir jou valkoog. Die polisie het dit verkeerd deurgegee maar ons het dit nou reggestel.
Vriendelike groete
Maroela Media

Alida 2 ·

Iemand in ons dorp het vir die polisie probeer wegjaag toe hulle hom in hegtenis wou neem vir bedrog.
Hy kon nooit borg kry nie want sou dan ‘n vlugrisiko wees. Na 6 maande in die tronk, sonder borg, is hy gevonnis vir 6jaar vir R300 000.00 se bedrog.
Nou wonder ek of die ontsnaptes op borg vrygelaat gaan word?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.