Foto’s: Sewe na hospitaal ná dek meegee

Sewe mense is beseer toe die houtdek meegegee het. (Foto: Jaco Gericke/CPF Medical Phalaborwa)

SANParke sê hy is besig met ʼn ondersoek om vas te stel wat gelei het tot die gedeeltelike ineenstorting van ʼn houtdek by ʼn restaurant in die Mopani-ruskamp in die Krugerwildtuin.

Janine Raftopoulos, woordvoerder van SANParke, het gesê dis nog onduidelik waarom die stellasie ineengestort het, maar amptenare het reeds met die ondersoek daarna begin. Die gedeelte wat beskadig is, is intussen om veiligheidsredes afgesper.

Sewe mense is Donderdag gehospitaliseer nadat die dek meegegee het. Hulle is per helikopter en met ambulanse na hospitale geneem, het Jaco Gericke van CPF Medical gesê.

Raftopoulos het gesê vyf mense is reeds ontslaan, terwyl die ander twee goed aansterk.

Daar was glo altesame 14 mense op die houtstoep toe die voorval gebeur het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Allan ·

Geen onderhoud nie, soos gewoonlik – wat anders, hout hou nie vir ewig nie

jean ·

Neem die woorde so uit my mond…..dis maar hoe dit met alles gaan deesdae in ons landjie…

hercu ·

ag neeee Alan, jy het my gedagtes gelees!

en ek hou van die “korupsie-kewers” – uitstekende denke!

Gert van Wierdapark ·

Iets moes die hout beskadig het. Miskien korrupsie-kewers?

Trojaanse Donkie ·

Nou net so lekker gelag, net ek dink die grondkwessie is ‘n groter grap, maar net die ander mense lag, die wat nog nie self grond verloor het nie.

Annamarie Olivier ·

“Instandhouding” wat is dit? die gate in die pad sal mos mettertyd opvul met gemors en so is dit dieselfde storie oor en oor.
Daar moet altyd eers ‘n ongeluk of ‘n verkiesing wees voordat daar aan enige iets aandag gegee word

honourable member ·

Onderhoud is mos nie meer n noodsaaklikheid nie hierdie tipe goed gaan gebeur. Mens is nerens meer veilig nie want jy weet nooit wanneer iets inmekaar gaan val oor dit nooit onderhou word nie.

SjN ·

Dit het veseker iets met instandhouding en onderhoud te doen wat in sommiges se woordeskat nie bestaan nie.

Jeanette Visser ·

Wie is verantwoordelik vir die onderhoud van al die vliegtuie???? Wonder maar net!!!!

Alida ·

Hier om Loftus kan jy van die grond af eet vandag. Groot grap. Maandag is die party verby en die skoonmakers almal weg. Hoekom kan dit nie elke dag gebeur nie? Dis jammer.

Tienie ·

Alida.

My ma het altyd gesê…..

Bo bont en onder vol ……..

Die kommentare is gewoonlik baie meer interessant as die nuusberig.

Keep up the good work jul grapgatte…

Leon ·

Die dek was seker 25 jaar laas gediens nog voor die nuwe regering oorgeneem het. Hout in die omgewing kry baie reen en daar is baie rysmiere. Iets het lekker geëet en niemand het gekyk wat gebeur nie.
Voorsorg instandhouding werk, al glo die nuwe Suid Afrikaners di nonsens.

Foxi ·

INSTANDHOUDING? Nee, ongelukkig weet ons diensgenote nie wat dié woord beteken nie. Kyk bv, strate, geboue, parke ensv. Ag nee wat, n tragedie moet mos eers gebeur en dan moet daar eers ‘ge-investigate’ word. Tragies……..

Sê maar net ·

☹ Daar is 7 MENSE beseer, wonder net, ???? dit is seker apartheid se skuld.
INSTANDHOUDING……
???? Oooohh……

Rita ·

@Cecile. Gaan lees weer die opskrif. Dit sê sewe na hospitaal. Dus nadat hulle by die restaurant seer gekry het.

Order! Order!! ·

Julle vra: Wie se skuld is dit? Iemand het gesê: JAN VAN RIEBEECK! Hie Hie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.