[Foto’s] Sewe sterf in Limpopo-ongeluk

Foto van die ongeluk naby Ysterberg buite Polokwane in Limpopo op 4 Maart 2017 (Foto: Gordon Horn; verskaf aan Maroela Media)

Foto van die ongeluk naby Ysterberg buite Polokwane in Limpopo op 4 Maart 2017 (Foto: Gordon Horn; verskaf aan Maroela Media)

Sewe persone is Saterdagmiddag dood op die R101 naby Ysterberg, net ná die Ranch-hotel buite Polokwane.

“Die bestuurder van ʼn BMW, wat van Pretoria na Polokwane op pad was, het vermoedelik beheer verloor oor sy motor en reg van voor met ʼn taxi gebots wat van Polokwane op pad was na Pretoria,” het lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, gesê.

Die twee bestuurders van die voertuie en vier passasiers is op die toneel dood. Die sewende persoon is op pad na die hospitaal oorlede, het Ngoepe bygevoeg.

Die ander passasiers is met ernstige beserings na die hospitaal geneem. Die geslag en ouderdomme van die oorledenes, en getal beseerdes is nog nie bevestig nie. Die oorsaak van die ongeluk is nie bekend nie.

Ngoepe het Sondagoggend gesê die polisie sukkel steeds om al die oorledenes te identifiseer, omdat albei bestuurders oorlede is. “Sodra van die beseerdes aangesterk het, sal hulle ons in die verband kan bystaan,” het hy verduidelik. “Ons neem ook vingerafdrukke om seker te maak dat almal uitgeken word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

marita ·

spoed en onverantwoordelikheid dronk bestuur veroorsaak baie pad sterftes

Jaco ·

Spoed op dig self veroorsaak nie ongelukke nie. Onverantwoordelikheid soos om te vinnig vir jou voertuig en omstandighede te ry is die probleem.

Noemdit ·

Ek ry self gereeld daardie pad en daardie bestuurder van die BMW het moontlik, nes ek al vele kere in daardie omgewing gesien het, besluit het hy ry om al die ander karre in die aankomende verkeer se baan in omdat hy nie kan wag todat die kar voor hom teruggaan in die linkerkantste baan in nie. Daardie stukkie pad is baie gevaarlik, veral oor al die trokke wat daar ry.

Boerseun ·

Hulle ruik mos die aankomende verkeer op die pad en n1. Die klomp met die grand motors op na polokwane dink mos dis n autobaan en gebruik soms sommer n derde laan as hul spoed gebreek word.

PJ ·

As julle wil sien hoe “cowboys” bestuur kom ry dai pad al gesien op dai pad kan jy drink terwyl jy bestuur spoedgrens bestaan verseker nie en as maat wil verby kom en jy te stadig is na sy sin flikker die ligte en lyk soos disko jy word eintlik naar

Zapata ·

Ek het gistermiddag by die toneel verbygery van Noord Kaap na Limpopo. Dit is skrikwekkend hoe bestuurders verkeersreels verontagsaam op ons paaie. Dit gaan nie die laaste ongeluk wees nie. Die verkeersbeamptes moet hulle werk doen en nie kyk hoeveel geld hulle op ‘n dag kan maak nie.

Varkie ·

Wat presies moet hulle doen… die broer kruip verby die spoedlokval of padblokkade, en dan sodra hy om die draai is sit hy voet in die hoek, of hy nie gedrink is of nie..

pieter ·

Nie altyd spoed nie wat ek op die foto kan sien is sperstrepe wat jou verhoed om n ander voertuig verby te gaan – voertuie wat in geelstrepe ry – cell phone gebruikers terwyl jy bestuur – verkeersbeamptes sit te veel agter spoedcamaras pleks om na sulke goed te kyk –

oumie ·

Genugtig wat as ek maroela oopmaak en ek herken die BMW dit kon my kinders gewees het dit sal nie nice wees om so uit te vind van so grusame ongeluk as dit my familie was nie sê maar net

Mari Buitendag ·

Nee wat om verkeerspersoneel te blameer is onregverdig. Totale ondeursigtigheid en minagting van padreels hier van pas. Niemand neem neer hulle medepadgebruikers in ag nie. Jammer onskukdige mense nou dood deur n selfsugtige padvark.

Piet Pompies ·

Ons het gister middag gereis tussen Ermelo en Nelspruit via Badplaas, dit het omtrent heelpad swaar gereen. Die roete het 3 enkel voertuig ongelukke opgelewer waar die bestuurders vermoedelik beheer verloor het en teen die randsteen, reeling en teen die berg af gery het. Die ongeluk waar die bakkie teen die berg af gegly het was ernstig aangesien 3 Ambulanse op die toneel was.
Die erge bekommernis wat ons gesien het was ‘n bestuurder van ‘n donker bruin VW Amarok bakkie wat ons verbygesteek het ten spite van voertuie wat van voor af kom, hy het vir die volgende 3 minute wat ons hom nog kon sien nog twee voertuie op sperstrepe verby gegaan.
Die belegging in ‘n dash cam het hierdie gedrag opgeneem.

Christa ·

Plaas dit op die internet en stuur ‘n kopie aan daardie area se metropolisie!! Dan sal iemand dit dalk verder neem!!!

Annie ·

Beheer verloor is gewoonlik spoed…. ek sien gereel hoe hulle enige plek verby steek terwyl dit blunde hoogtes en sper strepe is. N lewe beteken niks vir somige mense

KarenG ·

Ek probeer hard om te verstaan hoe spoed klaarblyklik nie die oorsaak van baie keer noodlottige ongelukke is nie? Volgens ‘n paar kenners wat kommentaar lewer op hierdie en ander spoed berigte is die van ons wat dit wel dink vreeslik oningelig. Ek sal dit waardeer as iemand vir my dit op ‘n logiese manier kan verduidelik.

WL ·

Ek stem saam Karen. Hoë spoed verminder reaksie tyd, verhoog momentum (spoed maak gewig) wat die slag van impak vergroot, verminder die rybaarheid en beheer van jou voertuig, ens ens. Hoe stupid kan mense nie wees nie.

elize naude ·

en al die experts sit by maroela se webblad i.p.v hul kennis vêrder aan die polisie mee te deel…

Barrie Vermeulen ·

As iemand se spoed veroorsaak ongelukke kry ek altyd ‘n pyn waar ek dit nie wil he nie. Dit is juis oor hierdie wanbegrip dat daar soveel ongelukke is, daar word te veel gefokus op spoedlokvalle sodat die werklike oorsake nie opgemerk word nie. Roekeloosheid, minagting van padreels, onpadwaardige voertuie, swak bestuurders en dronk bestuur is die oorsake.

sharon ·

Daar is soveel borde juis op daardie pad wat in alle tale aandui dat dit ‘n “high accident zone” is. Mense verkies om pad reëls te verontagsaam en soms onoplettend ook terwyl hul bestuur. Selfone kan nie altyd blameer word nie.. Eerder onverantwoordelikheid, onvermoë en grotendeels onpadwaardigeid…. Sterkte aan al hierdie betrokkenes se families.

Marous ·

Verkeersbeamptes en Polisie is bloot te slap om hul werk te doen . Hulle ignorer die roekeloses met glimlagte op hul gesigte . Geen saak met hulle as hulle die afgronde af voeter en hul te pletter verongeluk nie. Dis waneer hulle en die blou brigade twak in met hul roekeloosheid ander onskuldige mense vernietig …. dat die wrewel oorkook.

Jan B ·

Sommige bestuurders is net plein arrogant. Gister vanaf Wellington tot in Paarl het ek my 2 x vererg. 1. Bestuurder stop in middel van die pad om ‘n foto te neem.( daar is geen geel streep nie) 2. Bestuurder ry 40 km/h in hoofstraat besig op selfoon. persoon het nie ‘n saak met motors agter hom nie.

tamboti ·

Ook gister die R101 (ou N1) gery, die Gauteng / Limpopo commuters het geen idee van verkeersreels en padveiligheid, hulle jaag met watter voertuig ookal hul ry en meeste is tot op as oorlaai, dit is ‘n wonder daar sterf nie 1000 elke naweek op die pad nie!

Belinda Smit ·

Ons het daar verby gery pietersburg toe en dit was baie erg daar het 11 ambulance verby ons gery… Opad trug potties toe was daar twee ambulance wat trug is na die ongeluk toe. Weet ni wie wat gedoen nie maar sterkte aan almal se family..

hester ·

dis te goed as daar gepraat word van “beheer verloor”…hoekom verloor mens beheer oor ‘n motor….Vinnig en roekeloos ry kan seker vir 99% van alle “ongelukke” toegeskryf word, wat veroorsaak is deur “beheer oor ‘n motor” te verloor. Ek ry baie op daardie pad tussen Pretoria en Polokwane…as ek sien hoe mense jaag en in die vinnige baan op die ou voor hulle se alie sit sodat hy kan skuif…en as jy nie vinnig genoeg pad gee nie…dan word mense aggresief. Mense met kinders in die kar en kampwaentjies gehaak….dis nie net Taxi’s en busse wat gevaarlik ry nie…let maar op.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.