[Foto’s] Siamese tweeling in Pta-hospitaal geskei

 Dr Henrika Rossouw. Foto: Verskkaf

Dr Henrika Rossouw. Foto: Verskkaf

Die het agt dokters en 11 verpleegsters Saterdag ses uur geneem om ʼn Siamese tweeling in die Netcare Unitas-hospitaal in Centurion van mekaar te skei.

Die tweelingdogtertjies van Bongekile Simelane en Mbongeni Shilongonyane van Swaziland, Uwenzile en Uyihlelile Shilongonyane, wat altesaam 4,21 kg tydens geboorte geweeg het, is op 2 Januarie met ʼn keisersnee gebore.

Hulle was aan die heup geheg en het elkeen hul eie hart en lewensbelangrike organe.

Dr. Mariza de Villiers en dr. Paul Stevens, pediatriese chirurge, het voor die operasie gesê die tweeling het ʼn goeie prognose aangesien hulle net aan hul vel geheg was.

Die Shilongonyane-tweeling is die tweede Siamese tweeling wat De Villiers en Stevens van mekaar geskei het en dit was die eerste keer dat dié prosedure by Unitas gedoen is.

Die dokters se grootste uitdaging was verdowing gewees, aangesien die tweeling na mekaar gedraai was.

“Omdat hul gesiggies so na aan mekaar was, was dit moeilik om die narkose toe te dien omdat die babas nie op hul rûe neergelê kon word nie,” het Stevens gesê.

Dit het byna vier uur geneem om die narkose toe te dien. Die amptelike operasie het om 12:00 begin en was teen 14:00 suksesvol voltooi.

Robert Jordaan, die hospitaal se algemene bestuurder, het gesê die prosedure was ʼn mylpaal in die mediese geskiedenis vir die hospitaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Zzzzz ·

Dr de Villiers is fantasties! Sy het ook op ons seun opereer.

yvonne ·

Wonderlik om vir n slag goeie nuus te lees. Welgedaan aan die hele mediese span. Hoop die twee klein mensies herstel vinnig.

MissDemeanor ·

Ok, dis dalk nou n mylpaal vir die hospitaal, maar die tweeling was net aan hul vel geheg…nie regtig die mees uitdagende operasie ooit nie. Nietemin, dit beteken die dogtertjies kan ‘n gesonde en normale lewe lei. Uitstekend!

jacques ·

ek kan vir julle gaan help ek bly in Krugersdorp
liefde
jacques vorster
xxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxx

jacques ·

dit is reg met my
liefde
jacques
xxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxx

LS ·

So bly alles het goed afgeloop !
10 uit 10 vir die span wat gehelp het en Dr de Villiers.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.