[Foto’s] Sinkgat sluk bakkie in Eversdal

Foto: Facebook

Foto: Facebook

ʼn Gebarste pyp het ʼn sinkgat veroorsaak in Eversdal in die Wes-Kaap wat ʼn dubbelkajuit-bakkie byna ingesluk het.

Ds. Marius Breytenbach, ʼn inwoner, het foto’s van die bakkie in die sinkgat op sy Facebook-profiel gedeel. Hy het Vrydag aan Maroela Media vertel dat die bakkie Woensdag omstreeks 18:00 in die sinkgat in Vergesigstraat beland het.

“Die inwoners in die straat het al ʼn geruime tyd waterprobleme en ʼn kontrakteur i in Eversdal in die Wes-Kaap is Woensdag gestuur om die probleem te ondersoek. Hy het in die straat langs die sypaadjie stilgehou toe die teer net skielik meegegee het en sy bakkie vorentoe in die gat in geval het,” het Breytenbach vertel. Die bestuurder was gelukkig nie in die bakkie toe dit gebeur het nie.

Die munisipaliteit het Donderdag begin om die pad te herstel. Foto: Verskaf

Die munisipaliteit het Donderdag begin om die pad te herstel. Foto: Verskaf

“Ek neem aan water het êrens gelek en die grond onder die teer het mettertyd weggespoel. Toe die bakkie daar stop, het die teerlaag net gebreek,” het hy gesê. “Ek het met die kontrakteur gepraat kort nadat dit gebeur het en hy het gelukkig nie té geskok gelyk nie.”

Volgens Breytenbach was werkers van die munisipaliteit reeds die volgende dag besig om die teerpad reg te maak. Die pad was afgesper sodat motoriste nie daar kon ry nie.

Die Kaapse stadsraad kon nie Vrydagoggend vir kommentaar bereik word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Tammy ·

Dis nou n skreiende skande, toon duidelik die agteruitgang in die land. Niks word in stand gehou of skoon gemaak nie. Ons munisipale gebou is so vuil jy vrees dat jy siektes sal optel net deur op die vloer te loop. Tuine en parke word ook nie onderhou nie. Hoop die eienaar van die bakkie vra vir n verduideliking by die verantwoordelike persoon en dagvaar hulle vir sy skade!

Leon ·

Tammy dis die grootste klomp nonsens wat jy nou praat. Kan n mens so swart galig wees? Julle is bitter mense regtig bitter. Kyk bietjie hoe skoon is die area op die foto. Voor elke reën seisoen word die drein deksels op gelig en skoon gemaak om seker te maak die water vloei. Sloote en kanale word oop gespit voor die reën seisoen. Hiersie area is teen n baie skuin hewel. Met groot reën kom daar groot waters af. Dit was maar net n bietjie van te veel water en n pyp wat met tyd begin lek het en onder grondse erosie wat gevorm het. Hierdie is DA Wêreld hier werk dinge nog ons maak dit werk. Nie die hele SA lyk soos die Noorde van die land.

Rebecca ·

Ag Dave, bedaar tog net! Jy is heeltemal te pedanties! Leon is beslis nie ‘n verleentheid vir enige Afrikaans-sprekende nie! Tik- en spelfoute is ‘n algemene tendens met vandag se tegnologie. Dis nie nodig om in die man se karakter in te klim nie. Buitendien, hoe weet jy vir wie hy gestem het? Dis uitlatings soos die van jou wat maak dat daar soveel onverdraagsaamheid onder ons mense is vandag… Kalmeer jouself en gaan doen ‘n goeie daad vir die dag…

Lynette ·

Ai Ai Ai ek kry net die ou Jammer vir as daar skade is . Hier by ons gebeur dit ook as dit sterk reen . Die water spoel als weg .Maar ons kla nie ons is dankbaar vir die reen .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.