[Foto’s] Skaapdiewe loop hul rieme styf

Die verdagtes wat aangekeer is. Foto: Verskaf

Die verdagtes wat aangekeer is. Foto: Verskaf

Vier mans is vandeesweek in die Oos-Kaap in hegtenis geneem in ʼn gesamentlike poging deur die polisie en plaaslike boere van die Uitenhage-omgewing.

Kapt. Gerda Swart, polisiewoordvoerder, het Vrydag gesê plaaswerkers van ʼn plaas langs die R335-pad, tussen Addo en Motherwell, het Woensdag omstreeks 20:00 die beweging van verdagte mense op die plaas opgemerk en hul werkgewer in kennis gestel.

Die lewendige skape in die kattebak. Foto: Verskaf

Die lewendige skape in die kattebak. Foto: Verskaf

“Die boer het dadelik die plaaslike veediefstaleenheid in kennis gestel en die gemeenskap is gemobiliseer om op die uitkyk vir verdagtes te wees,” het sy gesê.

Kort voor middernag het ʼn Toyota Corolla in die pad langs die plaas stilgehou. Vier verdagtes het skape na die voertuig gedra en dit daarin gesit.

“Die motor het weggetrek en in die rigting van Motherwell gery. Polisiebeamptes het die pad afgesper en die motor ingewag. Die motor is deursoek. Twee skape is in die kattebak en drie binne die motor aangetref. Hulle was almal lewend.”

Die vier verdagtes, tussen 35 en 50 jaar oud, is in hegtenis geneem op aanklag van veediefstal.

Swart het gesê die gebied gaan die afgelope twee maande gebuk onder soortgelyke voorvalle en ondersoek sal ingestel word om te bepaal of die groep met ander sake verbind kan word.

Die verdagtes moet Maandag in die Addo-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Grap ·

Skaapkoppe in die tronk kry jy nie skaapvleis om te eet nie……los ander mense se goed uit.

Plaasmeisie ·

Baie bly vir julle, noordwes veediefstal neem tog kennis vir my is al gesê 2 uur in oggend toe ek verdagte aanjaag van bees waarneem dat die mense seker bees van kamp skuif, ja toe nie wel vir eie gewin na hul bankrekening toe.Dankie tog was toe nie myne Ja ek het gaan kyk hoor en om hulp gevra maar hier kry jy jou bees self of los het al 18 sake waarvan na3 jr nog in hof draai,, sterkte en moenie opgee nie hou aan hof toe gaan al stel hulle lewenslank uit en uit.

Jef ·

Hulle moet aangekla word vir dieremishandeling ook en die betree van privaat grondgebied want die gemors het niks op die boer se grond te soek nie.
Goed gedaan boere en polisie, hou so aan.

Jan maak n plan ·

Kan ons nie maar Botswana se regstelsel op hierdie tipe sake inplementeer nie. Binne n maand sal dit deel van die geskiedenis wees.

Stormrider ·

Nee kerels, moet nou nie oorreageer nie. Hulle wou die skape maar net vir aand-ete of take-aways treat ;)

Wat-ek-lees ·

KarooKlong, jou kommentaar word saam met die skaapribbetjie gebraai . . .

KarooKlong ·

Mmmh ‘n kartonhouer blok my omdat ek bietjie humor agter Stormrider ingedruk het. Soortgelyke skoon suiwer humor.
Ek chip sommer ‘n toonnael.

Phillip ·

Dagsê Attie

Dankie vir jou valkoog! Dit is inderdaad “Loop hul rieme styf”. Ons het die opskrif daarvolgens gewysig.

Groete
Phillip, nms. Maroela Media.

vermeende ·

Alles goed en wel, die skelms is gevang maar baie ander loop vry rond. Die staat misluk in sy plig om lewe en eindom te beskerm. Dit is net die pupliek wat vir die mislukking betaal.
Dit is tyd dat die staat verantwoordelik gehou word vir verliesse in rand en sent.
Ek meen net, dit is amper R10 000 se verlies wat die boer sou ly.

Di ·

Genade ek is sprakeloos!! Kan hulle op dees aarde niks uitlos nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.