Foto’s: Skade in Orania ná donderstorm

(Foto verskaf)

ʼn Donderstorm met gepaardgaande rukwinde het Orania Vrydag kort ná die Geloftefeesverrigtinge getref. Dit het aansienlike skade aangerig.

Rukwinde het infrastruktuur, ondernemings en eiendomme beskadig. Die dak van een van die ondernemings is afgeruk en dit het teen ʼn aangrensende onderneming vasgewaai.

Die omvang van die skade het die gemeenskap genoop om ʼn stormskade-noodfonds tot stand te bring. Die doel van die fonds is om inwoners en besighede wat skade gely het, te ondersteun.

Die besonderhede van die noodfonds is hieronder beskikbaar indien enigiemand graag ʼn bydrae wil lewer:

Orania Stormskade Noodfonds
Rekeninghouer: Helpmekaar MSW
Bank: FNB
Takkode: 230230
Rekeningnommer: 62833708425
Verwysing: Stormskade

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.