Foto’s: Skare trek saam teen plaasmoorde

’n Protesoptog na die Uniegebou in Pretoria is op 25 November 2017 gehou om die prioritisering van plaasmoorde te eis. Foto: Reint Dykema

Nagenoeg 1 500 mense het Saterdag die nat weer getrotseer om aan ʼn optog teen plaasmoorde in Pretoria deel te neem.

AfriForum het saam met verskeie burgerlike organisasies en opposisiepartye dié protesoptog na die Uniegebou gehou om ’n memorandum waarin die prioritisering van plaasmoorde geëis word, aan die president te oorhandig. Organisasies wat aan die optog deelgeneem het, sluit die burgerregte-organisasie AfriForum, die vakbond Solidariteit, die landbou-unie TLU SA, asook opposisiepartye naamlik die DA, die VF Plus en Cope in.

AgriSA het vroeër vandeesmaand gesê ná ʼn konsultasieproses met sy lede-organisasies is daar besluit dat AgriSA nie aan die protesoptog sal deelneem nie. Dan Kriek, president van AgriSA, het gesê daar is besluit dat dit nie nou die regte tyd is om by verdere protesoptredes betrokke te raak nie omdat Swart Maandag die boodskap reeds baie duidelik aan die regering oorgedra het dat sy burgers nou genoeg gehad het van misdaad.

Ernst Roets, adjunk-uitvoerende hoof van AfriForum, tydens die optog (25 November 2017). Foto: Reint Dykema

“Die gevoel onder ons lede is dat die inklusiewe karakter van Swart Maandag nou verpolitiseer kan word en dat politieke ondertone ons nie nader aan ʼn oplossing sal bring nie,” het Kriek gesê. Tommie Esterhuyse, vise-president van Vrystaat Landbou, het vroeër aan Maroela Media gesê daar bestaan ook vrese dat daar konfliksituasies tydens die optog mag ontstaan.

Ten spyte van die vrese het die optog vreedsaam en sonder enige voorvalle verloop. Die memorandum is in ontvangs geneem deur Eddie Ntsoani, ’n verteenwoordiger van die minister van polisie, Fikile Mbalula.

“Plaasmoorde is ’n nasionale krisis en dit moet as sodanig hanteer word,” het Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, gesê. Roets het bygevoeg dat AfriForum nie glo dat boere en plaaswerkers se lewens belangriker as dié van ander landsburgers is nie, maar dat hierdie gemeenskap disproporsioneel geteiken word en dat die aanvalle ’n buitengewone impak op die land het. “Die uniekheid van plaasmoorde regverdig ’n gefokusde teenstrategie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

Johann ·

Wanneer ou so na die diep gebroke oë van mense met groot verliese kyk, die trane wat swem in hul oë kan geen mens anders as om vir die moordenaars te sê, onthou daar is ‘n God in die hemel wie geheimenisse openbaar maak

Pieter ·

Hierdie keer kan Afriforum met reg aanspraak maak dat hy die optog gereël het, anders as met Swart Maandag toe BAIE duisende mense spontaan betoog het sonder dat Afriforum enigsins gehelp het met enige reëlings maar toe sommer die hele sak krediet vir die sukses van die dag hulself gegryp het.

Daniël ·

Ek stem saam Pieter. Wat my aanbetref speel Afriforum dieselfde bedenklike rol as wat die Konserwatiewe Party destyds gedoen het om ons volk se weerstand te onderploeg.

Derick williams ·

1500 mense? die foto’s toon uiters 250 mense teenwoordig.

CG ·

Derick. Hoe jy daardie getal van fotos wat duidelik net n klein deel van die mense op het, kan aflei, weet net jy. Maak dit saak? Ons was daar! In ligter luim: Volgens Kallie is die wat in die reen kom stap “YSTERS – ysters wat nie roes nie!” Dankie aan al die organisasies wat betrokke was !

Robert ·

Derick, as die pad net 10m wyd is, en sê 15-mense het langs mekaar gestap , dan was net 17 rye nodig om by 250-mense op te maak. So 10m diep. Ek wil sê ons was ten minste 150 rye mense. Dus, jou 250 is totaal verkeerd. Wens jy was daar om die atmosfeer te kon beleef.

fanie ·

A.S.B.Hou net op met kritiek hoekom was jy nie daar nie raak positief en staan saam dan kan ons n verskul maak

fanie ·

Hoekom word dit nie op die memorandum vereis dat die plaasmoorde as n noottoestand verklaar word nie

Leahim ·

Ek is bitter spyt dat ek dit nie bygewoon het nie dit is nie eers 5 km van my huis af nie . Ek vra eerstens verskoning en tweedens wil ek sê die tipe optrede gee my hoop vir die land.

Willie ·

Nou waar’s Julius. Dog hy en sy dapper krygers sou die boere ontmoet as hulle weer sou durf optog hou.

jan_alleman ·

weereens bewys dit dat die afrikaners nie kan saamstaan nie , nou sal hulle maar op hulle eie een , een vergaan

HPV ·

VLU, Mnr Esterhuyse julle kan nou ontspan, Malema was toe nie daar nie.

mari ·

jip ons was meer as n 1000 mense sal glo as hulle se 1500, en die fotos is net van die wat voor geloop het.

Jannie Dippenaar ·

Ek wonder wat VLU en AgriSA nou te sê het? Nageslag van destyds se hensoppers en joiners?
Diegene wat daar was (ek inkluis) het geweet ou Julius praat net.
Diegene wat hulle aan al die bangmaak feeverhaaltjies gesteur het, is ‘n geval van “gogga maak vir baba bang”.

Jenny Thom ·

Sjoe jammer julle, baie mense was nie bewus hiervan nie. Maroela het niks hieromtrent laat weet nie! So jammer ons was nie ook daar nie!!

Ray ·

Soos vir SARS gaan Julius se hy kom van ñ minder bevoorregde agtergtond en hy het nir geweet nie. Relax hy sal iets kwytraak teen Maandag oor een of ander rassistiese kwessie. Sou eintlik goed gewees het as hy daar was en deelgeneem het. Dan kan ons land ook gesond word

FM ·

Lyk my Agri SA en VLU het vir juliaaas se dreigement geskrik.Dis tog jammer, maar ons vergewe julle.

CG ·

Maroela Media. Sal julle asseblief die volledige dokument wat oorhandig is publiseer? Alhoewel in vele opsigte skokkend, is dit belangrik dat ons almal moet weet. Daar was detail in wat ek nie geweet het nie of al vergeet het. Ek weet ek vat ‘n vet kans, maar is dit nie moontlik om al die toesprake ook te publiseer nie? Daar is baie waardevolle insette gegee, wat nie verlore moet gaan nie. Dankie aan al die sprekers – u het u uitstekend uitgedruk. Wat n belewenis was hierdie dag nie!

Reint Dykema ·

Op die AfriForum Facebook is lewendige opnames via video oor die sprekers se standpunte
Forum Films sal ook later die week ‘n video publiseer met die hoogtepunte van die optog.

Robert ·

Ek hetnou deur die memorandum gelees. Inhoud lyk goed. Verwoord wat besig om te gebeur. Die maatreëls wat in plek gestel moet word, is ook ‘n baie goeie begin.
Ons sal net ons hefbome in plek moet kry om alles af te kan dwing. Wat doen ons as hulle nie gehoor gee nie.

Wat beteken:
“2. .. dril van gate deur die slagoffers se voete,.. “, en “traak-my-nieagtige houding” moet traak-my-nie-agtige wees.
Het nie een vd vlg organisasies die dokument geproeflees nie? AfriForum, Solidariteit, TLU SA, DA, VF Plus en Cope?

Kobus ·

Agri SA en VLU.julle moet begin saam staan dis die boere wat julle maak.of anders gaan hulle julle ook op kant skuif.dankie vir die res.miskien is Agri SA en VLU te groot om saam die boere te staan

msp ·

Ek’s trots op ons mense wat daar was. Soos baie ander mense wens ek so ek kon dit ook bywoon, ongelukkig was my omstandighede van so ‘n aard dat ek nie vanaf Nelspruit daarheen kon ry nie. Baie dankie vir almal wat ons daar verteenwoordig het.

msp ·

Ek se weer, ek is trots op my mense wat daar was. Ongelukkig kon ek soos baie ander dit nie hier vanaf Nelspruit af bywoon nie. Baie dankie dat julle opgetrek het en dat julle ons ook daar verteenwoordig het. Julle is ysters!!!

Stefaans ·

Ek gee nie om hoeveel mense daar was nie – aan elkeen baie, baie dankie.

CG ·

Reint. Uitstekende fotografie in moeilike omstandighede.
Mens sien die druppeljies op Dr. Prinsloo se bril, maar jou lens is droog!
Hoe kry jy dit reg? Knap gedaan!

Reint Dykema ·

Dankie vir die kompliment My vrou was soos ‘n skaduwee die hele dag agter my met ‘n sambreel om die ergste reen weg te hou van die kameras.

Reint Dykema ·

Dankie vir die kompliment My vrou was soos ‘n skaduwee die hele dag agter my met ‘n sambreel om die ergste reen weg te hou van die kameras. Die bewolkte weer het gesorg vir ‘n sagter tipe foto

Adam Willemse ·

Skatting is konserwatief. Die media, Maroela ingeslote was maar suinig met publisiteit, die pers en radio se swye weerklink nou nog van Meintjoes kop af. Die traagheid van owerueidsweë om die dokument in besit te kom neem het nie ongesiens verbygegaan nie, rede vir die nie- afkom nie was ook glo die klein groepie. onder die optoggangers was dit die pres . se vrees vir nattigheid.

Johannes Meintjes ·

Dit is verblydend dat daar nou na 41 jaar se bloedvergieting op plase, – met aangetekende tendense van plaasaanvalle sover terug as 1976, – ‘n groter menseregte en politieke protes aangeteken word. Intussen sit boer en burger op grondvlak, wie nie duur mure en duur beveiliging kan bekostig nie (en sukkel om te oorleef in die vervalle ekonomie) met ‘n Buurtwag en Plaaswag poging in die GPF Sektore wat beperkde samewerking, leemtes en afwykings toon te midde van onvoldoende opleiding, toerusting en deelname?

CH ·

MM. Die foto’s is mooi, maar u berig laat darem glad nie reg geskied aan wat gister gebeur het nie. Wat bv. van dr Dirk Hermann se vier maniere waarop ons stap: met ons koppe af, want ons weet waar ons hulp vandaan kom, inghak met mekaaer, want ons aanvaar saam verantwoordelikheid, met ons koppe op, want ons se aan die regering genoeg is genoeg en ons stap in stilte, want ons dink aan die wat vermoor is. Self al kry mens nou al die toesprake skriftelik, sal detail verlore gaan. Soos Adv Anton Alberts wat dr. Groenewald se boodskap moes voorlees. Aanvanklik lees hy mooi, maar soos die reen harder val en hy al hoe vuriger praat, raak die papier in die hand al hoe meer vergete en word daar direk uit die hart gepraat. (en dan is daar nog mense wat kla dat ons nie leiers het nie!). Wat van dr. Prinsloo se skrikwekkende uitdaging aan Malema? Ons onderskat wat gister gebeur het. Dit is jammer dat daar nie deeglik hieroor berig word nie.

Therese van Schalkwyk ·

CH, jou beskrywende kommentaar word waardeer deur iemand wat bitter graag dáár sou wou wees. Voortdurende bewusmaking van hierdie kwessie is noodsaaklik, maar sal op groter skaal moet gebeur om buitelandse nuusdekking te verseker.
Die ondersteuning was m.i. uiters teleurstellend. Hóé erg moet die probleem dan raak voordat honderdduisende opruk en al die landbou-unies ten minste saamstem oor ‘n strategie?

Eish ·

Née wat, ek dink eerlikwaar dit is nie die pad om te loop nie. 1500 siele vir n optog? Dit beaam slegs die wanpersepsie by die regering dat hul, hul gebaande weë kan bly bewandel.
Jul sal nuut moet dink vir trefkrag.

Schalk van der Merwe ·

En as jy daar was was dit 1501. Wat van jy beraam dan ‘n beter plan.

Heila Fourie ·

Suid Afrika
hoe smag jy na Genade en vergifnis.
Hierdie Suidland van Afrika se grond is benat met bloed van trekkers tot vandag. Trane en bloed bring voedsel op die tafel.
Heila

Vermeende ·

Ek is jammer oor die swak opkoms as ons dit moet vergelyk met die swart Maandag protes wat n spontane protes was.
Kan ons die weer blameer? Nee!
As die EFF vreedsaam met 50 lede deur die strate maseer en grond eis met n petiesie in die hand, wie gaan dan luister, maar as n hele invormele nedersetting spontaan die strate invaar, strate blokeer en grond eis, wel na hulle word geluister.
Ons mense is moeg vir bloei en hulle is volgens my op die punt om groot marakas te maak, hoekom sal n groep mense sommer self so ver gaan?
Die antwoord is duidelik, partye en organusasies is daar om gesien te word en geld te maak, nie om na die publiek se belange te kyk nie en dit is hoekom die opkoms so swak was.
1.7 miljoen mens gaan bid vir vrede.
Duisende gaan blokeer strate uit protes.
Maar slegs n handvol bekragtig hierdie petiesie met hulle teenwoordigheid.
Ons mense is besig om uit hierdie NSA slaap uit te ontwaak terwyl ons leiers ons wandelind vas aan die slaap lei.

HPV ·

Ja Schalk, dit kan jy weer vra, laat VLU , Agri SA en ander dan ‘n beter plan voorlê. Dit is duidelik dat hulle planne lankal opgeraak het.

Van ·

As ons nie eers kan saam stem oor getal mense wat n byeenkoms bygewoon het nie – hoe sal ons in die toekoms kan saam stem oor enige iets – die bedoeling met die optog was puik. Hoop net iemand in Regering luister – dis opmerkend dat bra Jules nie daar was om die boer te ontmoet nie?! Of was hy daar? Dis ook hoogtyd dat ons as LAND moet saam trek teen geweld!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.