Foto’s: Skokgranate buite Hoërskool Overvaal afgevuur

Skokgranate is Woensdagoggend buite Hoërskool Overvaal in Vereeniging afgevuur nadat betogers en polisiebeamptes slaags geraak het. Foto: Verskaf.

Skokgranate is Woensdagoggend buite Hoërskool Overvaal in Vereeniging afgevuur nadat betogers en polisiebeamptes slaags geraak het.

Betogers van die ANC en die EFF het kragte saamgesnoer om voor die skool te betoog en begin om rommel voor die skoolhek te strooi.

Ian Cameron, hoof van gemeenskapsveiligheid by AfriForum, het die situasie as “wankelrig” beskryf. “Een van die ANC-betogers het pas ʼn sak rommel voor die skool se hek uitgegooi en van die betogers het begin om glasbottels te gooi,” het hy gesê.

Volgens hom is daar steeds ʼn groep van sowat 40 betogers buite die skool teenwoordig. Die leerders is volgens hom nog veilig binne die skoolgebou en daar heers ʼn sterk polisieteenwoordigheid.

Kol. Lungelo Dlamini, provinsiale woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig die polisie moes skokgranate afvuur in ʼn poging om die skare uiteen te jaag.

“Daar is beamptes ontplooi en ons monitor die situasie. Die betogers het weer groepe gevorm,” het Dlamini gesê. Niemand is tydens die betoging beseer nie.

Maroela Media het vroeër berig ʼn skermutseling het vroeër vanoggend tussen ʼn ouer van een van die leerders in die skool en ʼn betoger ontstaan. Beeldmateriaal van dié voorval is sedertdien op sosiale media begin versprei.

Die betoging voor die skool hou verband met ʼn hooggeregshofuitspraak vroeër die week toe die hof beslis het dat die Gautengse departement van onderwys nie Hoërskool Overvaal kan dwing om 55 Engelssprekende leerders by die skool in te neem nie. Maroela Media het vroeër berig die skool het aangevoer hy het nie plek vir nog leerders of die nodige hulpbronne om Engelssprekende leerders te onderrig nie.

Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, het vroeër gesê die departement sal teen die hofuitspraak appelleer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

SHOOT ·

So jy kan maar ‘n HOFUITSPRAAK verontagsaam? Jy kan maar onskuldige mense intimideer en aanrand? Jy kan maar mense dreig om hulle skool af te brand? Jy kan maar slaags raak met die polisie? Dit alles mag jy NET doen as jy ‘n EFF of ANC ondersteuner is . as jy enigiets anders is wat daar groot hofsake op jou . DIS BELAGLIK man ..

Irene ·

Waarvoor is daar howe. Gaan dit oor wit swart afrikaans of oor wie die kinders onderrig gee ek stem vir onderrig

Teleurgesteld ·

Ek wil iets gese het maar met elke dag raak ek meer sprakeloos.

Adam ·

Ek ook en daar verwar ek toe boonop amper die man op die motorfiets met Boer Johan op sy Harley Davidson.

Pieter ·

Die EFF en ANC stel nie belang in feite nie. Hul werk met ‘n ideologiese rasteorie waarvolgens alles verklaar word. En dit lyk of die gronwethof nou ook so redeneer.

AP ·

Skaam julle almal! Die voorbeeld wat julle as sogenaamde volwassenes by die skool stel is om die minste te se swak. Die pa wat vinger gewys het, hoe ver strek jou mentaliteit om jou kinders so bloot te stel, en die EFF lede net so swak, volgens media berigte was daar ander skole in die omgewing wat die engelse kinders kon akkomodeer, maar nee. Ek voel die EFF lede was in die eerste plek daar om konflik uit te lok, dit moes traumaties vir die kindertjies gewees het, en dan nog skokgrante boonop.

Vraagteken ·

#AP, ek stem 100% saam met jou… As ouer moet ‘n mens dit vermy en nie aanmoedig nie – “it takes two-to-tango”.

Daardie gesegte “Feed a dog a bone” is baie waar in hierdie geval; hulle (EFF en ANC) sal uiteindelik verveeld raak. Maar nou kom die FF+ en, alhoewel hulle goed bedoel, maak hulle die saak net erger – en sodoende gee die FF+ vir die betogers die “bone”. My voorspelling is dat hierdie nog ‘n geruime tyd gaan aanhou.

Hans ·

My Bloed kook. Seker ook maar goed ek is ver van die skool af. Ek spu regtig waar as ouer van n kind in die skool daar gewees net om seker te maak my kind is veilig en sou dit nodig kan ek darm my kind en n ander paar beskerm. Al daardie kinders is nou gemerk en gaan getruiter word buite die skool deur die onoselle groot mense wat niks eers met die saak uit te waai het nie. Het enige van hul wat daar is n kind wat dalk soontoe moes gaan of kinders wat in die nabeie toekoms soontoe moet gaan. Jong mense wanneer die kans jou voordoen vat jou goed en waai uit die land uit anders moet jy bereid wees om te baklei en ………………….

Nita ·

Die regering beter net hulle sokkies optrek en vinnig, baie meer skole bou, om aan te pas by die bevolkingsontploffing. Oorvol klaskamers en skole is die doodsteek vir uitstekende onderrig. Daar moet na regte nie een meer as 30 kinders in n klas wees nie.

Ne? ·

Nie net skole bou nie,
Ons land is seker die land met die oorvolste tronke in die wereld.
Ek dink ons is sowat 100 tronke agter. Die demokrasie het te vinnig gegroei.
dis hoekom EFF lede en ANC lede maak soos hulle wil. Hulle weet die tronke is vol. Maak Roben eiland weer oop vir gevangenis.

Jaco ·

Basies probeer hul bloed uit n klip uit tap, indien die skool wel op n wonderbaarlike manier sou toegee, sal daar namate van tyd ook heeltemal van Afrikaans ontslae raak in daardie betrokke skool as tweede stap, soos wat nou tans by ons Universiteite gebeur… net interessant dat omtrent 95% van sulke skole se befondsing vanaf die ouers se sakke kom, wat dit amper heeltemal privaat maak, wat keer hul om so iets te doen by Akademia in die toekoms en aan te dring op Engels en gratis onderig anders word hulle kampusse ook afgebrand?

Fransman ·

Panyaza Lusufi, die EFF en ANC lede

‘n Duidelike voorbeeld van mense met NET Politieke agendas en niks anders nie.

Kan en wil nie eers die regsbank se uitspraak respekteer nie.

Hoe moet mens hulle vertrou as hulle in die hof een ding aanspreek (taal ) en dan iets heel anders bedoel (Rasisme) as die regbank nie in hulle guns beslis nie

Hulle weet hoe om die belastingbetaler se geld te mors vir politieke gewin

HB ·

En so word honderde kinders se eerste skooldag ontwrig……. nou wonder ek hoe lank gaan hierdie sirkus aanhou en die skool ontwrig word.

Anton ·

Moet nie die mense gee waarvoor hulle soek nie. Ondersteun jou kind net meer met akademie en sorg dat hulle weet wie ons Leier en Redder is.
As n klip te swaar is om op n afdraande te stop tree uit sy pad en laat hy aanhou rol ondertoe. Maak privaatskole die norm en as hulle wil afbrand daar begin n nuwe een elders al is dit nou in n tennissaal. Ouers by Overvaal en ander betaal elk geval vir hul kind se opvoeding. Die krag van die skool le in die onderwysers en ouers iets wat blykbaar nie verstaan word deur die massas of die regering nie. Ons moet verstaan dat vir enige regerende party is dit hul droom om onopgevoede kiesers te he daarom gaan dit so sleg by “engelse” skole ook. Wat van as skool oor die internet gebied word soos die Unisa model? Dan gaan swot jy maar jou graad daarna in Engels met uitgebreide hulp in Afrikaans op die internet deur Afrikaanse leerkragte? Soos ek se ons krag le by die leerkragte en die ouers. Kom aan AfriForum wat van die tipe beplanning?

lizl ·

Wat is fout met die polisie…. hoekom kan hulle nie die mense arresteer nie ?

Johan ·

Was jy al by so n skare beheer geval? Ek glo nie so nie. Dit is nie net van arresteer nie.

Daan ·

Want ons het nie meer polisie nie net n klomp mense in blou uniform wat dink hulle is polisie ,Hulle moet die sapd kenteken verander na bmpd belasting mors polisie departement.

Ben ·

Dit is net die ore van die seekoei. Dit gaan oor wit en afrikaans. Hulle gaan nie rus voordat ons heeltemal gemarginaliseer in nie.

Piet ·

Ek wil dit nie se nie want ek is nie rassisties nie,maar die waarheid is vir almal om te sien: Wit Afrikaanse kinders en studente se dae is getel. Daar kan maar betoog word en vandalisme kan hoogty vier , amper niks word daaraan gedoen nie,màar laat blanke afrikaanse studente dieselfde doen sal hulle hardhandig verwyder word en in die tronk gestop word

Oplossing ·

miskien maar die skool afbrand. Dan kan almal op die sypaadjie sit en vir mekaar kyk. Dis tog wat die EFF wil he.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.