Foto’s: Skoolkinders beseer ná bakkie deur heining bars

Paramedici op die toneel. Foto: Netcare 911.

Paramedici op die toneel. Foto: Netcare 911.

Altesaam 14 skoolkinders is Woensdagoggend beseer toe die bakkie waarop hulle vervoer is deur die heining van ʼn private eiendom in Benoni aan die Oos-Rand gebars en teen ʼn stilstaande motor gebots het.

Volgens Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare 911, het die ongeluk in Rynsoord plaasgevind.

“Daar was 23 mense in die voertuig gewees. Twee van die kinders is ernstig beseer en 12 het geringe tot matige beserings opgedoen,” het Steinmann gesê.

Die bakkie wat die kinders vervoer het.

Die bakkie wat die kinders vervoer het.

Die kinders is op die toneel behandel en na verskeie hospitale geneem vir waarneming.

“Benewens die stilstaande voertuig op die eiendom was daar nie ander voertuie in die voorval betrokke nie. Die mense wat op die eiendom woon is nie tydens die voorval beseer nie,” het Steinmann bygevoeg.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die kinders is tussen 8 en 12 jaar oud.

“Daar word verneem dat die bestuurder van die bakkie beheer oor die voertuig verloor het. Die voertuig het die pad verlaat en deur die heining gebars,” het hy gesê.

Die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Knersus D ·

23 mense in ‘n bakkie?? Hoekom is ek nie verbaas nie. Net dankbaar dit was nie van my soort mense nie.

zahn ·

Weereens kinders wat seerkry, 23 in die bakkie. Ons leer maar swaar!

Piet Pompies ·

23 x 55kg= 1269kg
Die bakkie op die foto is ‘n een tonner (1000kg), duidelik oorlaai, dit is hoekom jy beheer verloor want spoed het sekerlik ook ‘n rol gespeel. Volgens wet, as jy gereeld passasiers vervoer moet jy oor ‘n openbare lisensie beskik. Hierdie geval is maar net een baie vrugte waar die wette nie nagekom word. Sterkte vir die kinders!

NEL ·

Ai ai ai, Mense ons kan tel en somme maak maar ons kan nie laai nie. As die bakkie nie oorvol is nie , is hy onproduktief en nie winsgewind nie, Lewens in gevaar is nie deel van die laai proses gewees nie.

Spokie ·

Ek sien hopeloos te gereeld sulke oorlaaide motors. Maar hoe stop jy dit, die persoon het seker net nog en nog en nog kinders aangevat! Die metro polisie behoort hulle toe te spits op die geldwolwe wat so misbruik maak van ander se nood. Hulle behoort in die oggende voor skool en die middag as skool uitkom daar te gaan staan met hulle motors en die mense vastrek. En die ouers moet maar eerder gereeld seker maak die motor waarin hulle kinders is, is nie oorlaai nie. Dit is regtig hartseer om te sien hoe enige enige kind wat afhanklik is van volwassenes moet seerkry.

Dave ·

Berigskrywer, verwysend na jou 2de laaste paragraaf (al is dit in aanhalingstekens) – ‘daar word verneem dat die bestuurder van die bakkie beheer verloor het’. Ek sou dink dat dit die enigste logiese afleiding is. Die alternatief sou opset wees, weet jy.

magriet ·

Maroela Media waar is my kommentaar????? ek het gese as dit ‘n boer was wat werkers vervoer het dan was dit weer ou Jan wat vandag in die dinges was. Hoekom plaas julle dit nie??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.