Foto’s: Skoolkinders beseer toe bakkie teen berg afrol

Die pasiënte word teen die berg opgehys (Verulam-ongeluk, 4 Mei 2015) Foto: Netcare 911

Die pasiënte word teen die berg opgehys (Verulam-ongeluk, 4 Mei 2015) Foto: Netcare 911

Twee volwassenes en ses skoolkinders is beseer nadat ʼn motor en ʼn bakkie mekaar Maandagmiddag in Verulam, KwaZulu-Natal, getref het.

“Die bakkie het vermoedelik die skoliere huis toe vervoer,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, in ʼn verklaring gesê. “Die bakkie het in Ou Inandaweg ʼn motor getref, die pad verlaat en ongeveer 30 meter ver teen ʼn berg afgerol.” Die bakkie het uiteindelik teen bome tot stilstand gekom wat verhoed het dat die bakkie verder teen die berg sou afrol.

“Die kinders is uit die voertuig geslinger en hulle het oor ʼn groot deel van die ongelukstoneel gelê,” het Botha bygevoeg.

Paramedici van Netcare 911, die brandweer en ander noodreddingsdienste moes met toerusting teen die berg afklim om die beseerde pasiënte te stabiliseer. “Vyf kinders het ernstige beserings opgedoen en ʼn 13-jarige meisie is kritiek beseer. Sy was tussen die rotse en die wrak van die bakkie vasgekeer.”

Nog twee persone het matige beserings opgedoen.

ʼn Reddingsbeampte van Netcare 911 het ʼn gespesialiseerde bergreddingstelsel opgestel om die beseerdes op te hys na die padoppervlak. Nadat paramedici al die beseerdes op die toneel gestabiliseer het, is hulle na verskeie hospitale geneem vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

CHRISTA ·

Ek het gedink dis deesdae onwettig om mense agterop ‘n oop bakkie te vervoer. Wie kan my asb hieromtrent inlig?

magriet ·

Christa, dit is wettig vir almal behalwe boere wat hul werkers so vervoer……… Jy noem dit dubbele standaarde. Wonder of Maroela hierdie een gaan plaas….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.